Jeremia 7:1-34

7  Die woord wat van Jehovah tot Jeremia gekom en gesê het:  “Staan in die poort van die huis van Jehovah, en jy moet hierdie woord daar uitroep,+ en jy moet sê: ‘Hoor die woord van Jehovah, almal van Juda, wat deur hierdie poorte ingaan om julle voor Jehovah neer te buig.  Só het Jehovah van die leërs, die God van Israel, gesê: “Maak julle weë en julle handelinge goed, en ek sal julle in hierdie plek laat woon.+  Moenie julle vertroue in bedrieglike woorde stel+ en sê: ‘Die tempel van Jehovah, die tempel van Jehovah, die tempel van Jehovah is dit!’ nie.  Want as julle julle weë en julle handelinge gewis goed maak, as julle gewis geregtigheid tussen ’n man en sy metgesel bewerkstellig,+  as julle geen inwonende vreemdeling, geen vaderlose seun en geen weduwee verdruk nie+ en geen onskuldige bloed in hierdie plek vergiet nie+ en nie agter ander gode aan loop tot julle rampspoed nie,+  dan sal ek julle beslis in hierdie plek laat woon, in die land wat ek aan julle voorvaders gegee het, van onbepaalde tyd, ja, tot onbepaalde tyd.”’”+  “Kyk, julle stel julle vertroue in bedrieglike woorde—dit sal beslis geen voordeel bring nie.+  Kan julle steel,+ moord+ en egbreuk pleeg+ en vals sweer+ en vir Baäl offerrook laat opgaan+ en agter ander gode aan loop wat julle nie geken het nie,+ 10  en sal julle voor my kom staan in hierdie huis waaroor my naam uitgeroep is+ en sal julle sê: ‘Ons sal beslis verlos word’, hoewel julle al hierdie verfoeilike dinge doen? 11  Het hierdie huis waaroor my naam uitgeroep is,+ ’n blote rowerspelonk in julle oë geword?+ Kyk, ook ek het dit gesien”, is die woord van Jehovah.+ 12  “‘Maar gaan nou na my plek wat in Silo was,+ waar ek my naam eers laat woon het,+ en kyk wat ek daaraan gedoen het weens die slegtheid van my volk Israel.+ 13  En nou, omdat julle al hierdie werke bly doen het’, is die woord van Jehovah, ‘en ek met julle bly praat het, ja, vroeg opgestaan en gepraat het,+ maar julle nie geluister het nie,+ en ek julle bly roep het, maar julle nie geantwoord het nie,+ 14  sal ek ook aan die huis waaroor my naam uitgeroep is,+ waarop julle vertrou,+ en aan die plek wat ek aan julle en aan julle voorvaders gegee het, doen net soos ek aan Silo gedoen het.+ 15  En ek sal julle voor my aangesig wegwerp,+ soos ek al julle broers, die hele nageslag van Eʹfraim, weggewerp het.’+ 16  “En wat jou betref, moenie vir hierdie volk bid nie, en moet ook nie vir hulle ’n smekende geroep of ’n gebed opstuur of my smeek nie,+ want ek sal nie na jou luister nie.+ 17  Sien jy nie wat hulle in die stede van Juda en in die strate van Jerusalem doen nie?+ 18  Die kinders tel hout op en die vaders steek die vuur aan en die vrouens knie deeg om offerkoeke vir die ‘koningin van die hemel’ te maak;+ en drankoffers+ word vir ander gode uitgegiet om my aanstoot te gee.+ 19  ‘Is dit vir mý wat hulle aanstoot gee?’ is die woord van Jehovah.+ ‘Doen hulle dit nie aan hulleself, tot beskaming van hulle aangesig nie?’+ 20  Daarom, só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: ‘Kyk! My toorn en my woede word oor hierdie plek uitgestort,+ oor die mense en oor die mak diere, en oor die bome van die veld+ en oor die vrugte van die grond; en dit sal brand, en dit sal nie geblus word nie.’+ 21  “Só het Jehovah van die leërs, die God van Israel, gesê: ‘Voeg julle heelbrandoffers by julle offerandes en eet vleis.+ 22  Want die dag toe ek julle voorvaders uit Egipteland uitgelei het, het ek nie met hulle gepraat of hulle bevel gegee aangaande heelbrandoffer en offerande nie.+ 23  Maar hierdie woord het ek hulle beveel deur te sê: “Gehoorsaam my stem,+ en ek sal julle God word,+ en julle sal my volk word; en julle moet in die hele weg wandel+ wat ek julle sal beveel, sodat dit met julle goed kan gaan.”’+ 24  Maar hulle het nie geluister nie, en ook het hulle nie gehoor gegee nie,+ maar hulle het in die planne, in die wederstrewigheid van hulle slegte hart gewandel,+ sodat hulle agteruitgegaan het en nie vooruit nie,+ 25  van die dag af toe julle voorvaders uit Egipteland uitgetrek het tot vandag toe;+ en ek het al my knegte, die profete, na julle toe bly stuur, ja, elke dag vroeg opgestaan en hulle gestuur.+ 26  Maar hulle het nie na my geluister nie, en hulle het nie gehoor gegee nie,+ maar hulle het hulle nek bly verhard.+ Hulle het erger as hulle voorvaders gehandel!+ 27  “En jy moet al hierdie woorde tot hulle spreek,+ maar hulle sal nie na jou luister nie; en jy moet na hulle roep, maar hulle sal jou nie antwoord nie.+ 28  En jy moet vir hulle sê: ‘Dit is die nasie waarvan die mense die stem van Jehovah hulle God nie gehoorsaam het nie+ en dissipline nie aangeneem het nie.+ Getrouheid het vergaan, en dit is uit hulle mond uitgeroei.’+ 29  “Skeer jou ongeknipte hare af en gooi dit weg,+ en hef op die kaal heuwels ’n klaaglied aan,+ want Jehovah het die geslag waarop hy grimmig is,+ verwerp+ en sal dit verstoot. 30  ‘Want die kinders van Juda het gedoen wat sleg is in my oë’, is die woord van Jehovah. ‘Hulle het hulle walglike dinge in die huis gesit waaroor my naam uitgeroep is, om dit te verontreinig.+ 31  En hulle het die hoogtes van Tofet+ gebou, wat in die vallei van die seun van Hinnom+ is, om hulle seuns en hulle dogters in die vuur te verbrand,+ iets wat ek nie beveel het nie en wat in my hart nie opgekom het nie.’+ 32  “‘Daarom, kyk! daar kom dae’, is die woord van Jehovah, ‘wanneer dit nie meer Tofet en die vallei van die seun van Hinnom genoem sal word nie, maar die moordvallei;+ en hulle sal in Tofet moet begrawe sonder dat daar genoeg plek is.+ 33  En die lyke van hierdie volk sal voedsel word vir die voëls van die hemel en vir die diere van die aarde, sonder dat iemand hulle laat bewe.+ 34  En ek sal uit die stede van Juda en uit die strate van Jerusalem die stem van verheuging en die stem van blydskap, die stem van die bruidegom en die stem van die bruid laat ophou;+ want die land sal niks anders as ’n verwoeste plek word nie.’”+

Voetnote