Jeremia 8:1-22

8  “In dié tyd”, is die woord van Jehovah, “sal mense ook die bene van die konings van Juda en die bene van sy vorste en die bene van die priesters en die bene van die profete en die bene van die inwoners van Jerusalem uit hulle grafte haal.+  En hulle sal dit uitsprei voor die son en voor die maan en voor die hele leër van die hemel wat hulle liefgehad het en wat hulle gedien het en waaragter hulle aan geloop het+ en wat hulle gesoek het en waarvoor hulle hulle neergebuig het.+ Dit sal nie versamel of begrawe word nie. Soos mis op die oppervlak van die aarde sal dit word.”+  “En die dood sal beslis bo die lewe verkies word+ deur die hele oorblyfsel van dié wat oorbly van hierdie slegte familie in al die plekke van die oorblywendes, waarheen ek hulle verstrooi het”,+ is die woord van Jehovah van die leërs.  “En jy moet vir hulle sê: ‘Só het Jehovah gesê: “Sal hulle val en nie weer opstaan nie?+ As een terugkeer, sal die ander dan nie ook terugkeer nie?+  Waarom is hierdie volk, Jerusalem, ontrou met ’n blywende ontrouheid? Hulle het aan bedrog vasgehou;+ hulle het geweier om terug te keer.+  Ek het aandag geskenk,+ en ek het aanhou luister.+ Dit was nie reg soos hulle bly praat het nie. Niemand het berou gehad oor sy slegtheid+ en gesê: ‘Wat het ek gedoen?’ nie. Elkeen keer terug tot die gewilde weg,+ soos ’n perd wat in die geveg instorm.  Selfs die ooievaar in die hemel—hy ken sy vasgestelde tye goed;+ en die tortelduif+ en die windswael en die tiptol—hulle neem die tyd van hulle koms goed in ag. Maar wat my volk betref, hulle het die reg van Jehovah nie leer ken nie.”’+  “‘Hoe kan julle sê: “Ons is wys, en die wet van Jehovah is by ons”?+ Waarlik, kyk, die valse stif+ van die sekretarisse het blote leuens voortgebring.  Die wyses het beskaamd gestaan.+ Hulle het verskrik geword en sal gevang word. Kyk! Hulle het die woord van Jehovah verwerp, en watter wysheid het hulle?+ 10  Daarom sal ek hulle vrouens aan ander manne gee, hulle lande aan dié wat dit in besit neem;+ want van die geringste tot selfs die grootste maak almal onregverdige wins;+ van die profeet tot selfs die priester tree almal bedrieglik op.+ 11  En hulle probeer om die breuk van die dogter van my volk oppervlakkig te genees+ deur te sê: “Daar is vrede! Daar is vrede!” terwyl daar geen vrede is nie.+ 12  Het hulle hulle geskaam omdat hulle gedoen het wat verfoeilik was?+ In die eerste plek kon hulle hulle gewis nie skaam nie; in die tweede plek het hulle nie eens geweet hoe om verneder te voel nie.+ “‘Daarom sal hulle val onder dié wat val. In die tyd dat daar aandag aan hulle geskenk word,+ sal hulle struikel’, het Jehovah gesê.+ 13  “‘By die insameling sal ek hulle aan hulle einde laat kom’, is die woord van Jehovah.+ ‘Daar sal geen druiwe aan die wingerdstok wees nie+ en daar sal geen vye aan die vyeboom wees nie, en die blare sal beslis verwelk. En wat ek hulle gee, sal by hulle verbygaan.’” 14  “Waarom sit ons stil? Kom bymekaar, en laat ons in die versterkte stede ingaan+ en daar swyg. Want Jehovah ons God het ons tot swye gebring,+ en hy gee ons gifwater om te drink,+ omdat ons teen Jehovah gesondig het. 15  Daar is op vrede gehoop, maar niks goeds het gekom nie;+ op ’n tyd van genesing, maar kyk! verskrikking!+ 16  Van Dan+ af is die gesnuif van sy perde gehoor. Weens die geluid van die gerunnik van sy hingste het die hele land begin bewe.+ En hulle kom in en eet die land op en alles wat dit vul, die stad en sy inwoners.” 17  “Want kyk, ek stuur slange, giftige slange, onder julle in,+ waarteen daar geen beswering is nie,+ en hulle sal julle beslis byt”, is die woord van Jehovah. 18  ’n Ongeneeslike droefheid het in my opgekom.+ My hart is siek. 19  Kyk, daar is die geluid van die hulpgeroep van die dogter van my volk uit ’n ver land:+ “Is Jehovah nie in Sion nie?+ Of is sy koning nie daarin nie?”+ “Waarom het hulle my aanstoot gegee met hulle gesnede beelde, met hulle nietige vreemde gode?”+ 20  “Die oes is verby, die somer het tot ’n einde gekom; maar wat ons betref, ons is nie gered nie!”+ 21  Ek is verpletter+ oor die verbreking+ van die dogter van my volk. Ek het bedroef geword. Volslae verbasing het my aangegryp.+ 22  Is daar geen balsem in Giʹlead nie?+ Of is daar geen geneser daar nie?+ Waarom het die genesing+ van die dogter van my volk dan nie tot stand gekom nie?+

Voetnote