Jeremia 9:1-26

9  Ag, was my kop maar water en my oë ’n bron van trane!+ Dan kon ek dag en nag huil oor dié van die dogter van my volk wat omgebring is.+  Ag, het ek maar in die wildernis ’n herberg vir reisigers gehad!+ Dan sou ek my volk verlaat en van hulle af weggaan, want hulle is almal egbrekers,+ ’n plegtige vergadering van verraaiers;+  en hulle span hulle tong, soos hulle boog, in leuens;+ maar hulle was nie met betrekking tot getrouheid magtig in die land nie. “Want van slegtheid tot slegtheid het hulle voortgegaan, en selfs my het hulle geïgnoreer”,+ is die woord van Jehovah.  “Pas op, elkeen vir sy metgesel,+ en stel julle vertroue in geen enkele broer nie.+ Want elke broer sal gewis ’n ander verdring,+ en elke metgesel sal net as ’n lasteraar rondgaan,+  en hulle hou elkeen sy metgesel vir die gek;+ en hulle praat glad nie die waarheid nie. Hulle het hulle tong geleer om leuens te praat.+ Hulle het hulle moeg gemaak deur net verkeerd te doen.+  “Jou sitplek is te midde van bedrog.+ Deur bedrog het hulle geweier om my te ken”,+ is die woord van Jehovah.  Daarom, só het Jehovah van die leërs gesê: “Kyk, ek smelt hulle, en ek sal hulle toets,+ want hoe sal ek anders handel weens die dogter van my volk?+  Hulle tong is ’n moordpyl.+ Bedrog het dit gespreek. Met sy mond bly ’n mens woorde van vrede met sy metgesel spreek; maar in homself stel hy sy hinderlaag op.”+  “Sou ek nie weens hierdie dinge van hulle rekenskap eis nie?” is die woord van Jehovah. “Of sou my siel hom nie wreek op ’n nasie soos hierdie nie?+ 10  Oor die berge sal ek ’n gehuil en ’n geweeklaag aanhef,+ en oor die weivelde van die wildernis ’n klaaglied; want hulle sal verbrand wees,+ sodat niemand daar deurtrek nie en mense nie die geluid van vee sal hoor nie.+ Die voëls van die hemel sowel as die diere sal gevlug het; hulle sal weg wees.+ 11  En ek sal Jerusalem kliphope maak,+ die lêplek van jakkalse;+ en die stede van Juda sal ek ’n verlate woesteny maak, sonder inwoner.+ 12  “Wie is die man wat wys is, sodat hy dit kan verstaan, ja, hy met wie die mond van Jehovah gepraat het, sodat hy dit kan vertel?+ Waarom sou die land vergaan, verbrand word soos die wildernis sonder dat iemand daar deurtrek?”+ 13  En Jehovah het gesê: “Omdat hulle my wet verlaat het wat ek gegee het om voor hulle te wees, en omdat hulle my stem nie gehoorsaam het en daarin nie gewandel het nie,+ 14  maar bly wandel het volgens die wederstrewigheid van hulle hart+ en agter die Baäl-beelde aan,+ waarvan hulle vaders hulle geleer het;+ 15  daarom, só het Jehovah van die leërs, die God van Israel, gesê: ‘Kyk, ek laat hulle, dit wil sê hierdie volk, als eet,+ en ek sal hulle gifwater laat drink;+ 16  en ek sal hulle verstrooi onder die nasies wat nie hulle of hulle vaders geken het nie,+ en ek sal die swaard agter hulle aan stuur totdat ek hulle uitgeroei het.’+ 17  “Só het Jehovah van die leërs gesê: ‘Gedra julle verstandig, en roep die vroue wat klaagliedere sing,+ sodat hulle kom; en stuur na die vaardige vroue, sodat hulle kom,+ 18  en sodat hulle gou maak en ’n geweeklaag oor ons aanhef. En laat ons oë stroom van trane en ons stralende oë drup van water.+ 19  Want die stem van geweeklaag is uit Sion gehoor:+ “Hoe is ons tog geplunder!+ Hoe het ons ons tog geskaam! Want ons het die land verlaat; want hulle het ons woonplekke weggewerp.”+ 20  Maar hoor, o vroue, die woord van Jehovah, en laat julle oor die woord van sy mond inneem. Leer julle dogters dan ’n weeklag,+ en elke vrou haar metgesellin ’n klaaglied.+ 21  Want die dood het deur ons vensters gekom; dit het in ons woontorings ingekom, om die kinders van die straat af uit te roei, die jong manne van die openbare pleine af.’+ 22  “Sê: ‘Dit is die woord van Jehovah: “Die lyke van die mense sal ook val soos mis op die oppervlak van die veld en soos ’n ry pas gesnyde graan agter die een wat oes, sonder dat iemand dit bymekaarmaak.”’”+ 23  Só het Jehovah gesê: “Laat die wyse nie met homself spog oor sy wysheid nie,+ en laat die sterke nie met homself spog oor sy sterkte nie.+ Laat die ryke nie met homself spog oor sy rykdom nie.”+ 24  “Maar laat hy wat met homself spog, hieroor met homself spog, dat hy insig+ en kennis van my het, dat ek Jehovah is,+ die Een wat liefderyke goedhartigheid, geregtigheid en regverdigheid op die aarde beoefen;+ want in hierdie dinge skep ek behae”,+ is die woord van Jehovah. 25  “Kyk! Daar kom dae”, is die woord van Jehovah, “en ek sal rekenskap eis van elkeen wat besny maar nog in onbesnedenheid is,+ 26  van Egipte+ en van Juda+ en van Edom+ en van die kinders van Ammon+ en van Moab+ en van almal waarvan die hare aan die slape weggeknip is, wat in die wildernis woon;+ want al die nasies is onbesnede, en die hele huis van Israel is onbesnede van hart.”+

Voetnote