Jesaja 1:1-31

1  Die visioen+ van Jesaja,+ die seun van Amos, wat hy gesien het aangaande Juda en Jerusalem in die dae van Ussiʹa,+ Jotam,+ Agas+ en Hiskiʹa,+ konings van Juda:+  Hoor,+ o hemele, en luister, o aarde, want Jehovah het gespreek: “Kinders het ek grootgemaak en opgevoed,+ maar hulle het teen my in opstand gekom.+  ’n Bul ken sy koper goed en die esel die krip van sy eienaar; Israel het nie kennis gehad nie,+ my volk het hulle nie verstandig gedra nie.”+  Wee die sondige nasie,+ die volk swaar belaai met oortreding, ’n saad van kwaaddoeners,+ verderflike kinders!+ Hulle het Jehovah verlaat,+ hulle het die Heilige van Israel met minagting bejeën,+ hulle het agtertoe gedraai.+  Waar anders wil julle nog geslaan word,+ aangesien julle voortgaan met julle opstand?+ Die hele kop is siek, en die hele hart is kragteloos.+  Van die voetsool tot die kop is daar geen gesonde plek daaraan nie.+ Wonde en kneusplekke en vars hale—hulle is nie uitgedruk of verbind of met olie versag nie.+  Julle land is ’n woesteny,+ julle stede is met vuur verbrand;+ julle grond—reg voor julle word dit deur vreemdelinge+ verteer,+ en die verwoesting is soos ’n omverwerping deur vreemdelinge.+  En die dogter van Sion+ het oorgebly soos ’n hut in ’n wingerd, soos ’n uitkykhut in ’n komkommerland, soos ’n ingeslote stad.+  As Jehovah van die leërs nie vir ons net ’n paar oorlewendes laat oorbly het nie,+ sou ons net soos Sodom geword het, sou ons soos Gomorʹra gewees het.+ 10  Hoor die woord van Jehovah,+ o diktators+ van Sodom.+ Luister na die wet van ons God, o volk van Gomorʹra. 11  “Van watter nut is die menigte van julle offerandes vir my?” sê Jehovah. “Ek het genoeg gehad van heelbrandoffers+ van ramme+ en die vet van vetgevoerde diere;+ en in die bloed+ van jong bulle en ramlammers en bokramme+ het ek geen behae geskep nie.+ 12  Wanneer julle bly kom om my aangesig te sien,+ wie het dit van julle hand geëis, om my voorhowe te vertrap?+ 13  Hou op om nog waardelose graanoffers te bring.+ Reukwerk—dit is vir my iets verfoeiliks.+ Nuwemaan+ en sabbat,+ die uitroep van ’n byeenkoms+—ek kan die gebruik van towerkrag+ tesame met die plegtige vergadering nie verdra nie. 14  Julle nuwemane en julle feestye het my siel gehaat.+ Hulle het vir my ’n las geword;+ ek het moeg geword om hulle te dra.+ 15  En wanneer julle julle palms uitstrek,+ verberg ek my oë vir julle.+ Selfs al doen julle baie gebede,+ luister ek nie;+ julle hande is vol bloedvergieting.+ 16  Was julle;+ reinig julle;+ neem die slegtheid van julle handelinge voor my oë weg;+ hou op om kwaad te doen.+ 17  Leer om goed te doen;+ soek geregtigheid;+ wys die verdrukker tereg;+ laat reg geskied aan die vaderlose seun;+ bepleit die regsaak van die weduwee.”+ 18  “KOM nou, en laat ons sake regstel tussen ons”, sê Jehovah.+ “Al sou julle sondes soos skarlaken wees, dit sal wit soos sneeu gemaak word;+ al sou dit rooi soos karmosyn stof wees, dit sal soos wol word. 19  As julle gewilligheid toon en luister, sal julle die goeie van die land eet.+ 20  Maar as julle weier+ en opstandig is, sal julle deur die swaard verteer word; want die mond van Jehovah het dit gespreek.”+ 21  Ag, hoe het die getroue stad+ ’n prostituut geword!+ Dit was vol geregtigheid;+ regverdigheid het daarin oornag,+ maar nou moordenaars.+ 22  Jou silwer het metaalskuim geword.+ Jou koringbier is met water verdun.+ 23  Jou vorste is hardkoppig en deelgenote met diewe.+ Elkeen van hulle het omkoopgeskenke lief+ en jaag belonings na.+ Aan ’n vaderlose seun laat hulle nie reg geskied nie; en selfs die regsaak van ’n weduwee vind geen toegang by hulle nie.+ 24  Daarom is die woord van die ware Heer, Jehovah van die leërs, die Magtige van Israel:+ “Ha! Ek sal my vrymaak van my teenstanders, en ek sal my wreek+ op my vyande.+ 25  En ek sal my hand op jou laat terugkeer, en ek sal jou metaalskuim soos met loog wegsmelt, en ek sal al jou afvalprodukte verwyder.+ 26  En ek sal weer regters vir jou terugbring soos vroeër, en raadgewers vir jou soos in die begin.+ Daarna sal jy genoem word: Stad van Regverdigheid, Getroue Stad.+ 27  Sion sal deur geregtigheid verlos word,+ en sy terugkerendes deur regverdigheid.+ 28  En die ineenstorting van opstandelinge en dié van sondaars sal tegelykertyd plaasvind,+ en dié wat Jehovah verlaat, sal aan hulle einde kom.+ 29  Want hulle sal beskaamd staan oor die magtige bome wat julle begeer het,+ en julle sal verleë wees weens die tuine wat julle verkies het.+ 30  Want julle sal word soos ’n groot boom waarvan die blare verwelk,+ en soos ’n tuin wat geen water het nie. 31  En die kragtige man sal beslis vlasvesel word,+ en die produk van sy werk ’n vonk; en hulle sal al twee tegelykertyd in vlamme opgaan, sonder dat iemand dit blus.”+

Voetnote