Jesaja 10:1-34

10  Wee dié wat skadelike voorskrifte verorden+ en dié wat, deur voortdurend te skryf, pure moeite neergeskryf het,  om die geringes van ’n regsaak weg te stoot en om die geteisterdes van my volk van geregtigheid te beroof,+ sodat die weduwees hulle buit kan word en sodat hulle selfs die vaderlose seuns kan plunder!+  En wat sal julle doen op die dag dat daar aandag aan julle geskenk word+ en by die verwoesting, wanneer dit van ver af kom?+ Na wie toe sal julle vlug om hulp,+ en waar sal julle julle heerlikheid laat,+  aangesien ’n mens hom onder die gevangenes moet neerbuig en mense bly val onder dié wat gedood is?+ Met die oog op dit alles het sy toorn nie gewyk nie, maar bly sy hand uitgesteek.+  “Ha, die Assiriër,+ die roede vir my toorn+ en die stok wat in hulle hand is vir my veroordeling!  Teen ’n afvallige+ nasie sal ek hom stuur, en teen die volk van my grimmigheid sal ek hom ’n bevel gee,+ om baie buit te neem en om baie roofgoed te neem en om dit ’n plek van vertrapping te maak soos die klei van die strate.+  Hoewel hy miskien nie so is nie, sal hy daartoe geneig voel; hoewel sy hart miskien nie so is nie, sal hy planne beraam, want om te verdelg, is in sy hart,+ en om baie nasies uit te roei.+  Want hy sal sê: ‘Is my vorste nie terselfdertyd konings nie?+  Is Kalno+ nie soos Karʹkemis+ nie? Is Hamat+ nie soos Arpad+ nie? Is Samariʹa+ nie soos Damaskus+ nie? 10  Elke keer wanneer my hand die koninkryke bereik het van die waardelose god wie se gesnede beelde meer is as dié in Jerusalem en in Samariʹa+ 11  sal ek dan nie, soos ek aan Samariʹa en aan sy waardelose gode gedoen het,+ net so aan Jerusalem en aan sy afgode doen nie?’+ 12  “En wanneer Jehovah al sy werk op die berg Sion en in Jerusalem beëindig, sal ek rekenskap eis vir die vrug van die vermetelheid van die hart van die koning van Assiʹrië en vir die eiewaan van sy verwaande oë.+ 13  Want hy het gesê: ‘Met die krag van my hand sal ek gewis optree,+ en met my wysheid, want ek het verstand; en ek sal die grense van volke verwyder,+ en hulle opgegaarde goedere sal ek gewis plunder,+ en soos ’n magtige sal ek die inwoners neerwerp.+ 14  En my hand+ sal die rykdom+ van die volke bykom asof dit ’n nes is; en net soos wanneer ’n mens eiers bymekaarmaak wat verlaat is, sal ek die hele aarde bymekaarmaak, en daar sal beslis niemand wees wat sy vlerke klap of sy bek oopmaak of piep nie.’” 15  Sal die byl hom verhef bo die een wat daarmee kap, of die saag hom groot maak bo die een wat dit heen en weer beweeg, asof die staf dié wat dit oplig, geswaai het, asof die stok die een wat nie hout is nie, opgelig het?+ 16  Daarom sal die ware Heer, Jehovah van die leërs, ’n uitterende siekte oor sy vettes bly stuur,+ en onder sy heerlikheid sal ’n brand bly brand soos die brand van ’n vuur.+ 17  En Israel se Lig+ sal ’n vuur word,+ en sy Heilige ’n vlam;+ en dit sal opvlam en op een dag sy onkruid+ en sy doringbosse verteer. 18  En die heerlikheid van sy woud en van sy boord sal Hy tot ’n einde bring,+ ja, van die siel af tot die vlees toe, en dit sal word soos wanneer ’n sieke wegteer.+ 19  En die res van die bome van sy woud—hulle sal so min word dat ’n blote seuntjie hulle sal kan opskryf.+ 20  En in dié dag sal die oorblywendes van Israel+ en dié wat ontkom het van die huis van Jakob, nooit weer steun op hom wat hulle slaan nie,+ en hulle sal beslis steun op Jehovah, die Heilige van Israel,+ in waaragtigheid.+ 21  Net ’n oorblyfsel sal terugkeer, die oorblyfsel van Jakob, tot die Magtige God.+ 22  Want al sou jou volk, o Israel, soos die sandkorrels van die see wees,+ sal net ’n oorblyfsel van hulle terugkeer.+ ’n Uitroeiing+ waarop besluit is, sal soos ’n vloed deurstroom in regverdigheid,+ 23  want die Soewereine Heer, Jehovah van die leërs, sal ’n uitroeiing+ en ’n streng beslissing in die hele land voltrek.+ 24  Daarom, só het die Soewereine+ Heer, Jehovah van die leërs, gesê: “O my volk wat in Sion woon,+ moenie bang wees vir die Assiriër wat jou met die stok geslaan+ het en wat sy staf teen jou opgelig het soos Egipte gedoen het nie.+ 25  Want nog ’n baie kort rukkie—en die veroordeling+ sal tot ’n einde kom, en my toorn, wanneer hulle wegteer.+ 26  En Jehovah van die leërs sal beslis ’n sweep teen hom swaai+ soos by die nederlaag van Miʹdian by die Orebrots;+ en sy staf sal oor die see wees,+ en hy sal dit beslis oplig soos hy in die geval van Egipte gedoen het.+ 27  “En in dié dag sal sy vrag van jou skouer wyk+ en sy juk van jou nek,+ en die juk sal beslis verwoes word+ weens die olie.” 28  Hy het Ajat+ oorval; hy het deur Migron getrek; in Migmas+ laat hy sy voorwerpe agter. 29  Hulle het deur die drif getrek, Geba+ is ’n plek waar hulle die nag deurbring, Rama+ het gebewe, Giʹbea+ van Saul het gevlug. 30  Laat jou stem dit uitgil, o dogter van Gallim.+ Skenk aandag, o Laisa. O geteisterde, Aʹnatot!+ 31  Madmeʹna het gevlug. Die inwoners van Gebim het skuiling gesoek. 32  Dit is nog dag in Nob+ en daar word tot stilstand gekom. Hy swaai sy hand dreigend na die berg van die dogter van Sion, die heuwel van Jerusalem.+ 33  Kyk! Die ware Heer, Jehovah van die leërs, kap takke met ’n verskriklike slag af;+ en dié wat hoog gegroei het, word afgekap, en dié wat hoog is, word neergegooi.+ 34  En hy het die struikgewasse van die woud met ’n ysterwerktuig afgekap, en deur ’n magtige sal die Libanon val.+

Voetnote