Jesaja 11:1-16

11  En daar sal ’n takkie+ uit die stomp van Isai+ voortkom; en uit sy wortels sal ’n spruit+ vrugbaar+ wees.  En op hom sal die gees van Jehovah rus,+ die gees van wysheid+ en van begrip,+ die gees van raad en van mag,+ die gees van kennis+ en van die vrees van Jehovah;+  en hy sal vreugde vind in die vrees van Jehovah.+ En hy sal nie oordeel net volgens wat sy oë sien nie, en ook nie teregwys net volgens wat sy ore hoor nie.+  En met regverdigheid sal hy die geringes oordeel,+ en met billikheid sal hy teregwysing gee ten behoewe van die sagmoediges van die aarde. En hy sal die aarde met die roede van sy mond slaan;+ en met die gees van sy lippe sal hy die goddelose doodmaak.+  En regverdigheid sal die gordel van sy heupe wees,+ en getrouheid die gordel van sy lendene.+  En die wolf sal ’n ruk by die lam bly,+ en die luiperd sal by die boklam gaan lê, en die kalf en die jong maanhaarleeu+ en die vetgevoerde dier almal bymekaar;+ en ’n blote seuntjie sal hulle lei.  En die koei en die berin sal wei; hulle kleintjies sal bymekaar lê. En selfs die leeu sal strooi eet net soos die bul.+  En die suigeling sal beslis by die gat van die kobra speel;+ en op die liggat van ’n giftige slang sal ’n gespeende kind sy hand sit.  Hulle sal geen kwaad doen+ of enige verderf aanrig op my hele heilige berg nie;+ want die aarde sal beslis vol wees van die kennis van Jehovah soos die waters die see bedek.+ 10  En in dié dag+ sal daar die wortel van Isai wees,+ wat sal opstaan as ’n baken vir die volke.+ Selfs die nasies sal hulle tot hom wend en hom raadpleeg,+ en sy rusplek sal glorieryk word.+ 11  En in dié dag sal Jehovah weer sy hand uitsteek, ’n tweede keer,+ om die oorblyfsel van sy volk te verkry wat sal oorbly uit Assiʹrië+ en uit Egipte+ en uit Patros+ en uit Kus+ en uit Elam+ en uit Siʹnear+ en uit Hamat en uit die eilande van die see.+ 12  En hy sal beslis ’n baken vir die nasies oprig en die verstrooides van Israel versamel;+ en die verstrooides van Juda sal hy uit die vier uithoeke van die aarde bymekaarmaak.+ 13  En die jaloesie van Eʹfraim sal wyk,+ en selfs dié wat vyandskap teenoor Juda toon, sal uitgeroei word. Eʹfraim sal nie jaloers wees op Juda nie, en ook sal Juda nie vyandskap teenoor Eʹfraim toon nie.+ 14  En hulle sal op die skouer van die Filistyne in die weste afvlieg;+ saam sal hulle die kinders van die Ooste plunder.+ Na Edom en Moab sal hulle hulle hand uitsteek,+ en die kinders van Ammon sal hulle onderdane wees.+ 15  En Jehovah sal beslis die tong van die Egiptiese see+ afsny en in die gloed van sy gees sy hand oor die Rivier+ swaai. En hy sal dit in sy sewe strome tref, en hy sal mense met hulle sandale aan laat loop.+ 16  En daar sal ’n grootpad+ uit Assiʹrië wees vir die oorblyfsel+ van sy volk wat sal oorbly,+ net soos daar een was vir Israel die dag toe hulle uit Egipteland opgetrek het.

Voetnote