Jesaja 12:1-6

12  En in dié dag+ sal jy beslis sê: “Ek sal u dank, o Jehovah, want hoewel u vertoornd op my geword het, het u toorn geleidelik gewyk,+ en u het my vertroos.+  Kyk! God is my redding.+ Ek sal vertrou en nie in angs verkeer nie;+ want Jah Jehovah is my sterkte+ en my mag,+ en hy het my redding geword.”+  Met verheuging sal julle sekerlik water skep uit die fonteine van redding.+  En in dié dag sal julle beslis sê: “DANK Jehovah!+ Roep sy naam aan.+ Maak onder die volke sy handelinge bekend.+ Meld dat sy naam hoog verhewe is.+  Besing Jehovah met melodieë,+ want wat hy gedoen het, is weergaloos.+ Dit word op die hele aarde bekend gemaak.  “Juig en jubel, o inwoonster van Sion, want die Heilige van Israel+ is groot in jou midde.”

Voetnote