Jesaja 13:1-22

13  Die uitspraak teen Babilon+ wat Jesaja, die seun van Amos,+ in ’n visioen gesien het:  “RIG ’n baken+ op ’n berg van kaal rotse op. Verhef die stem tot hulle, wink met die hand,+ sodat hulle die ingange van die edeles kan binnetrek.+  Ek self het die bevel aan my geheiligdes gegee.+ Ook het ek my sterkes geroep om aan my toorn uiting te gee,+ my besonder uitgelate manne.  Luister! ’n Menigte op die berge, iets soos ’n talryke volk!+ Luister! Die rumoer van koninkryke, van versamelde nasies!+ Jehovah van die leërs roep die oorlogsleër op.+  Hulle kom uit ’n ver land,+ van die einde van die hemel af, Jehovah en die wapens van sy veroordeling, om die hele aarde te verwoes.+  “WEEKLAAG, want die dag van Jehovah is naby!+ As ’n plundering van die Almagtige af sal dit kom.+  Daarom sal al die hande slap word, en die hele hart van die sterflike mens sal smelt.+  En die mense het ontsteld geraak.+ Krampe en geboortepyne gryp hulle aan; hulle het geboortepyne soos ’n vrou wat geboorte gee.+ Hulle kyk mekaar verbaas aan. Hulle gesigte is vlammende gesigte.+  “Kyk! Die dag van Jehovah kom, wreed, met grimmigheid sowel as met brandende toorn, om die land ’n voorwerp van verbasing te maak+ en om die land se sondaars daaruit te verdelg.+ 10  Want die sterre van die hemel en sy Kesil-sterrebeelde+ sal hulle lig nie uitstraal nie; die son sal donker word wanneer dit te voorskyn kom, en die maan sal sy lig nie laat skyn nie. 11  En ek sal die vrugbare land+ beslis straf vir sy slegtheid, en die goddeloses vir hulle oortreding. En ek sal die trots van die vermeteles laat ophou, en die hoogmoed van die tiranne sal ek verneder.+ 12  Ek sal die sterflike mens seldsamer maak as gelouterde goud,+ en die mens skaarser as die goud van Ofir.+ 13  Daarom sal ek die hemel in beroering bring,+ en die aarde sal bewe en uit sy plek wyk weens die grimmigheid van Jehovah van die leërs+ en weens die dag van sy brandende toorn.+ 14  En soos ’n gasel wat verjaag word en soos ’n kudde sonder iemand om hulle bymekaar te bring,+ sal hulle elkeen na sy eie volk draai; en hulle sal elkeen na sy eie land vlug.+ 15  Elkeen wat gevind word, sal deurboor word, en elkeen wat in die opruiming gevang word, sal deur die swaard val;+ 16  en hulle kinders sal voor hulle oë verpletter word.+ Hulle huise sal geplunder word, en hulle vrouens sal verkrag word.+ 17  “Kyk, ek wek die Mede teen hulle op,+ wat silwer as niks ag nie en wat in goud geen behae skep nie. 18  En hulle boë sal selfs jong manne verpletter.+ En oor die vrug van die moederskoot sal hulle hulle nie ontferm nie;+ vir kinders sal hulle oog nie jammer voel nie. 19  En Babilon, die sieraad van die koninkryke,+ die prag van die trots van die Galdeërs,+ sal word soos toe God Sodom en Gomorʹra verwoes het.+ 20  Dit sal nooit bewoon word nie,+ ook sal dit nie van geslag tot geslag bly bestaan nie.+ En die Arabier sal daar nie sy tent opslaan nie, en geen herders sal hulle kuddes daar laat lê nie. 21  En die bewoners van waterlose streke sal beslis daar gaan lê, en hulle huise sal vol ooruile+ wees. En die volstruise sal daar bly, en demone in bokgedaantes sal daar rondhuppel.+ 22  En jakkalse sal in sy woontorings huil,+ en die groot slang sal in die paleise van verlustiging wees. En sy tyd is naby om te kom, en sy dae sal nie uitgestel word nie.”+

Voetnote