Jesaja 14:1-32

14  Want Jehovah sal barmhartigheid aan Jakob bewys,+ en hy sal Israel beslis nog verkies;+ en hy sal hulle rus in hulle land gee,+ en die inwonende vreemdeling sal by hulle gevoeg word, en hulle sal by die huis van Jakob aansluit.+  En volke sal hulle neem en hulle na hulle eie plek bring, en die huis van Israel sal hulle vir hulle neem as ’n besitting in die land van Jehovah, as diensknegte en as diensmeisies;+ en hulle sal die gevangenemers+ word van dié wat hulle gevange hou, en hulle sal dié wat hulle gedryf het om te werk,+ in onderworpenheid hê.  En op die dag wanneer Jehovah vir jou rus gee van jou pyn en van jou ontsteltenis en van die harde slawearbeid waarin jy ’n slaaf gemaak is,+  moet jy hierdie spreekwoord teen die koning van Babilon aanhef en sê: “Hoe het die een wat ander dryf om te werk, opgehou, hoe het die onderdrukking opgehou!+  Jehovah het die stok van die goddeloses verbreek, die staf van die heersers,+  die een wat volke slaan in grimmigheid met slae sonder ophou,+ die een wat nasies onderwerp in louter toorn met vervolging sonder bedwang.+  Die hele aarde het tot rus gekom,+ het vry van rusversteuring geword. Die mense het vrolik geword met vreugdevolle uitroepe.+  Selfs die jenewerbome+ was ook bly oor jou, die seders van die Liʹbanon, en het gesê: ‘Sedert jy gaan lê het, kom geen houtkapper+ teen ons op nie.’  “Selfs Sjeool+ daaronder het oor jou in beroering geraak om jou by jou aankoms te ontmoet. Oor jou het dit dié wakker gemaak wat magteloos is in die dood,+ al die bokagtige leiers+ van die aarde. Dit het al die konings van die nasies van hulle trone af laat opstaan.+ 10  Hulle almal begin praat en sê vir jou: ‘Is ook jy swak gemaak soos ons?+ Het jy soos ons geword?+ 11  In Sjeool is jou trots neergewerp, die geluid van jou snaarinstrumente.+ Onder jou is maaiers as ’n slaapbank uitgesprei; en wurms is jou bedekking.’+ 12  “Hoe het jy uit die hemel geval,+ o glansende, o seun van die dagbreek! Hoe is jy teen die aarde neergevel,+ jy wat die nasies magteloos gemaak het!+ 13  Jy het in jou hart gesê: ‘Na die hemel sal ek opklim.+ Bo die sterre+ van God sal ek my troon verhef,+ en ek sal op die berg van samekoms gaan sit,+ in die mees afgeleë dele van die noorde.+ 14  Ek sal bo die hoogtes van die wolke opklim;+ ek sal my soos die Allerhoogste maak.’+ 15  “Maar in Sjeool sal jy neergewerp word,+ in die mees afgeleë dele van die kuil.+ 16  Dié wat jou sien, sal jou aanstaar; hulle sal jou goed bekyk en sê: ‘Is dit die man wat die aarde in beroering gebring het, wat koninkryke laat bewe het,+ 17  wat die vrugbare land soos die wildernis gemaak het en wat die stede daarvan verwoes het,+ wat vir sy gevangenes nie die weg huis toe geopen het nie?’+ 18  Al die ander konings van die nasies, ja, hulle almal, het in heerlikheid gaan lê, elkeen in sy huis.+ 19  Maar wat jou betref, jy is weggewerp sonder ’n graf vir jou,+ soos ’n verfoeide spruit, beklee met dié wat doodgemaak is, wat met die swaard deurboor is, wat na die klippe van ’n kuil afdaal,+ soos ’n vertrapte karkas.+ 20  Jy sal nie met hulle in ’n graf verenig word nie, want jy het jou eie land verwoes, jy het jou eie volk doodgemaak. Tot onbepaalde tyd sal die nageslag van die kwaaddoeners nie genoem word nie.+ 21  “MAAK ’n slagblok gereed vir sy seuns weens die oortreding van hulle voorvaders,+ sodat hulle nie opstaan en die aarde in besit neem en die oppervlak van die vrugbare land met stede vul nie.”+ 22  “En ek sal teen hulle opstaan”,+ is die woord van Jehovah van die leërs. “En ek sal van Babilon naam+ en oorblyfsel en nakomeling en nageslag+ uitroei”, is die woord van Jehovah. 23  “En ek sal dit ’n besitting van ystervarke en waterpoele vol riete maak, en ek sal dit met die besem van verdelging wegvee”,+ is die woord van Jehovah van die leërs. 24  Jehovah van die leërs het gesweer+ en gesê: “Waarlik, net soos ek gedink het, so moet dit gebeur; en net soos ek besluit het, so sal dit tot stand kom,+ 25  om die Assiriër in my land te verbreek+ en sodat ek hom op my berge kan vertrap;+ en sodat sy juk van hulle kan wyk en sodat sy vrag van hulle skouer kan wyk.”+ 26  Dit is die besluit wat teen die hele aarde geneem is, en dit is die hand wat teen al die nasies uitgesteek is. 27  Want Jehovah van die leërs het dit besluit,+ en wie kan dit verbreek?+ En sý hand is uitgesteek, en wie kan dit afwend?+ 28  In die jaar dat koning Agas gesterf het,+ het hierdie uitspraak gekom: 29  “Moenie bly wees nie,+ o Filisteʹa,+ enigiemand in jou, net omdat die staf verbreek is van die een wat jou geslaan het.+ Want uit die wortel van die slang+ sal ’n giftige slang voortkom,+ en sy vrug sal ’n vlieënde vurige slang+ wees. 30  En die eersgeborenes van die geringes sal beslis eet, en in veiligheid sal die armes gaan lê.+ En deur hongersnood sal ek jou wortel laat sterf, en wat van jou oorbly, sal doodgemaak word.+ 31  Weeklaag, o poort! Roep uit, o stad! Word mismoedig, o ganse Filisteʹa! Want uit die noorde kom rook, en daar is niemand wat hom afsonder uit sy geledere nie.”+ 32  En wat sal enigiemand die boodskappers+ van die nasie antwoord? Dat Jehovah die fondament van Sion gelê het,+ en daarin sal die geteisterdes van sy volk toevlug soek.

Voetnote