Jesaja 15:1-9

15  Die uitspraak teen Moab:+ Omdat dit in die nag geplunder is, is Ar+ van Moab tot swye gebring. Omdat dit in die nag geplunder is, is Kir+ van Moab tot swye gebring.  Hy het opgegaan na Die Huis en na Dibon,+ na die hoogtes, om te huil. Oor Nebo+ en oor Medeʹba+ weeklaag Moab. Op al die koppe daarin is kaalheid;+ elke baard is afgeknip.  Op sy strate het hulle saklinne aangegord.+ Op sy dakke+ en op sy openbare pleine weeklaag almal, terwyl hulle huilend afgaan.+  En Hesbon en Eleaʹle+ roep uit. Tot by Jahas+ is hulle stem gehoor. Daarom hou die gewapende manne van Moab aan om te skreeu. Sy siel het in hom gesidder.  My hart roep uit oor Moab.+ Sy voortvlugtiges is al by Soar+ en Egʹlat-Selisiʹa.+ Want die opdraand van Luhit+—met gehuil klim almal dit uit; want op die pad na Horonaʹim+ hef hulle die geskreeu oor die katastrofe aan.  Want die waters van Nimrim+ word woestenye. Want die groen gras het verdroog, die gras het tot ’n einde gekom; niks het groen geword nie.+  Daarom hou hulle aan om die oorblyfsels en hulle opgegaarde ware wat hulle bymekaargemaak het, weg te dra, reg oor die stroomvallei van die populiere.  Want die geskreeu het in die gebied van Moab rondgegaan.+ Die geweeklaag daarvan is tot by Eglaʹim; die geweeklaag daarvan is tot by Beër-Elim,  want die waters van Dimon het vol bloed geword. Want oor Dimon sal ek nog meer dinge bring, soos ’n leeu vir dié van Moab wat ontkom en vir die oorblywendes van die land.+

Voetnote