Jesaja 16:1-14

16  STUUR ’n ram na die heerser van die land,+ uit Sela in die rigting van die wildernis, na die berg van die dogter van Sion.+  En soos ’n vlugtende voël wat uit sy nes verjaag is,+ sal die dogters van Moab by die driwwe van die Arnon word.+  “GEE raad, voltrek die beslissing.+ “Maak jou skaduwee net soos die nag op die volle middag.+ Verberg die verstrooides;+ moet niemand verraai wat vlug nie.+  Laat my verstrooides as vreemdelinge in jou woon, o Moab.+ Word ’n skuilplek vir hulle weens die plunderaar.+ Want die onderdrukker het aan sy einde gekom; die plundering het geëindig; dié wat ander vertrap, is van die aarde af uitgewis.+  “En in liefderyke goedhartigheid sal ’n troon beslis stewig gevestig word;+ en iemand sal in waaragtigheid daarop sit in die tent van Dawid,+ terwyl hy regspreek en geregtigheid soek en gou is in regverdigheid.”+  Ons het van die trots van Moab gehoor, dat hy baie trots is;+ sy hoogmoed en sy trots en sy grimmigheid+—sy leë praatjies sal nie so wees nie.+  Daarom sal Moab oor Moab weeklaag; ja, almal sal weeklaag.+ Oor die rosynekoeke van Kir-Hareʹset+ sal dié wat verslae is, inderdaad kerm,  want die terrasse van Hesbon+ het verwelk. Die wingerdstok van Sibma+—die eienaars van die nasies het sy helderrooi takke neergewerp. Tot by Jaser+ het hulle gestrek; hulle het in die wildernis rondgedwaal. Dit is aan sy lote oorgelaat om welig te groei; hulle het tot by die see gegaan.  Daarom sal ek met die gehuil van Jaser oor die wingerdstok van Sibma huil.+ Met my trane sal ek jou deurweek, o Hesbon+ en Eleaʹle,+ want die gejuig het selfs oor jou somer en oor jou oes gekom.+ 10  En blydskap en vreugde is uit die boord weggeneem; en in die wingerde is daar geen vreugdegeroep nie, word daar nie gejuig nie.+ Die trapper trap geen wyn in die parskuip uit nie.+ Die gejuig het ek laat ophou.+ 11  Daarom is my ingewande onstuimig soos ’n harp, ja, oor Moab,+ en my binneste oor Kir-Hareʹset.+ 12  En daar is gesien dat Moab op die hoogte vermoei is;+ en hy het na sy heiligdom gekom om te bid,+ en hy kon niks uitrig nie.+ 13  Dit is die woord wat Jehovah tevore oor Moab gespreek het. 14  En nou het Jehovah gespreek en gesê: “Binne drie jaar, volgens die jare van ’n loonarbeider,+ sal die heerlikheid+ van Moab ook veragtelik gemaak word met groot beroering van elke soort, en die oorblywendes sal onbeduidend min wees, nie magtig nie.”+

Voetnote