Jesaja 17:1-14

17  Die uitspraak teen Damaskus:+ “Kyk! Damaskus is weggeneem sodat dit nie meer ’n stad is nie, en dit het ’n puinhoop, ’n verbrokkelende puinhoop, geword.+  Die stede van Aʹroër+ wat agtergelaat is, word plekke vir kuddes, waar hulle gaan lê, sonder dat iemand hulle laat bewe.+  En die versterkte stad het uit Eʹfraim verdwyn,+ en die koninkryk uit Damaskus;+ en die oorblywendes van Sirië sal net soos die heerlikheid van die kinders van Israel word”, is die woord van Jehovah van die leërs.+  “En in dié dag sal die heerlikheid van Jakob gering word,+ en selfs die vetheid van sy vlees sal maer word.+  En wanneer die snyer die ongesnyde graan insamel en sy arm die graanare oes,+ sal hy word soos een wat graanare in die Refaʹimlaagvlakte optel.+  En oesoorblyfsels sal daarin oorbly soos wanneer die olyfboom afgeslaan word: twee of drie ryp olywe aan die punt van die tak; vier of vyf aan die vrugdraende takke daarvan”, is die woord van Jehovah, die God van Israel.+  In dié dag sal die mens na sy Maker opsien, en sy oë sal stip op die Heilige van Israel gerig wees.+  En hy sal nie na die altare,+ die werk van sy hande,+ kyk nie; en na wat sy vingers gemaak het, sal hy nie stip kyk nie, nie na die heilige pale of die reukwerkstaanders nie.+  In dié dag sal sy vestingstede word soos ’n plek wat heeltemal verlate is in die bos, ja, die tak wat hulle heeltemal verlaat het weens die kinders van Israel; en dit sal ’n verlate woesteny word.+ 10  Want jy het die God van jou redding+ vergeet;+ en aan die Rots+ van jou vesting het jy nie gedink nie. Daarom plant jy lieflike plantasies, en met die loot van ’n vreemdeling beplant jy dit. 11  Al omhein jy jou plantasie sorgvuldig in die dag, en al laat jy jou saad in die oggend uitspruit, die oes sal beslis vlug in die dag van die siekte en ongeneeslike pyn.+ 12  Ha, die beroering van baie volke, wat onstuimig is met die onstuimigheid van die seë! En die gedruis van volksgroepe, wat ’n lawaai maak net soos die gedruis van magtige waters!+ 13  Die volksgroepe+ sal ’n lawaai maak net soos die gedruis van baie waters. En Hy sal dit beslis bestraf,+ en dit sal ver weg vlug en gejaag word soos die kaf van die berge voor ’n wind en soos ’n dwarrelwind van dissels voor ’n stormwind.+ 14  In die aand, kyk! daar is skielike verskrikking. Voor die oggend—dit is nie meer nie.+ Dit is die deel van dié wat ons plunder, en die lot wat behoort aan dié wat ons beroof.+

Voetnote