Jesaja 18:1-7
18 Ha, die land van die gonsende insekte met vlerke, wat in die streek van die riviere van Etiopië lê!+
2 Hy wat gesante+ oor die see en in vaartuie van papirus oor die oppervlak van die waters uitstuur en sê: “Gaan, o vinnige boodskappers, na ’n nasie hoog van gestalte en blinkgevryf, na ’n volk wat oral vrees inboesem, ’n nasie van veerkrag en van vertrapping, wie se land deur die riviere weggespoel is.”+
3 Alle bewoners van die vrugbare land+ en bewoners van die aarde, julle sal ’n gesig sien soos wanneer daar ’n baken op die berge opgerig word,+ en julle sal ’n geluid hoor soos wanneer daar op ’n horing geblaas word.+
4 Want só het Jehovah vir my gesê: “Ek sal rustig bly en my vaste plek aanskou,+ soos die verblindende hitte wat met die lig gepaardgaan,+ soos die douwolk in die hitte van die oes.+
5 Want voor die oes, wanneer die bloeisel tot volle ontwikkeling kom en die blom ’n rypwordende druif word, sal die lote met snoeimesse afgesny en die hegranke verwyder, afgekap, word.+
6 Hulle sal almal saam aan die roofvoëls van die berge en aan die diere van die aarde oorgelaat word.+ En die roofvoëls sal beslis die somer daarop deurbring, en al die diere van die aarde sal die oestyd daarop deurbring.+
7 “In dié tyd sal ’n geskenk aan Jehovah van die leërs gebring word,+ van ’n volk hoog van gestalte en blinkgevryf,+ ja, van ’n volk wat oral vrees inboesem, ’n nasie van veerkrag en van vertrapping, wie se land deur die riviere weggespoel is, na die plek van die naam van Jehovah van die leërs, die berg Sion.”+