Jesaja 19:1-25

19  Die uitspraak teen Egipte:+ Kyk! Jehovah ry op ’n vinnige wolk+ en kom na Egipte. En die waardelose gode van Egipte sal beslis vir hom sidder,+ en die hart van Egipte sal in sy binneste smelt.+  “En ek sal Egiptenaars teen Egiptenaars aanhits, en hulle sal beslis elkeen teen sy broer veg, en elkeen teen sy metgesel, stad teen stad, koninkryk teen koninkryk.+  En die gees van Egipte sal verbysterd raak in sy binneste,+ en ek sal sy planne verwar.+ En hulle sal hulle sekerlik wend tot die waardelose gode+ en tot die besweerders en tot die geestemediums en tot die beroepsvoorspellers van gebeure.+  En ek sal Egipte in die hand van ’n harde heer oorlewer, en sterk sal die koning wees wat oor hulle sal heers”,+ is die woord van die ware Heer, Jehovah van die leërs.  En die water sal beslis uit die see wegdroog, en die rivier sal opdroog en droogloop.+  En die riviere sal stink; die Nylkanale van Egipte sal vlak word en opdroog.+ Die riet+ en die biesie sal vergaan.  Die kaal plekke by die Nylrivier, by die mond van die Nylrivier, en elke saailand van die Nylrivier sal verdroog.+ Dit sal beslis verwaai word, en dit sal nie meer wees nie.  En die vissers sal moet treur, en almal wat vishoeke in die Nylrivier uitgooi, sal aan smart uiting gee, en selfs dié wat visnette oor die oppervlak van die waters uitsprei, sal wegkwyn.+  En die bewerkers van uitgekamde vlas+ sal beskaamd staan; ook die wewers van wit stowwe. 10  En sy wewers+ sal verbrysel word, al die loonarbeiders, bedroef van siel. 11  Die vorste van Soan+ is inderdaad dwaas. Wat die wyses van Farao se raadgewers betref, hulle raad is iets onredeliks.+ Hoe sal julle vir Farao sê: “Ek is die seun van wyse manne, die seun van konings uit die ou tyd”? 12  Waar is hulle dan—jou wyse manne+—sodat hulle jou nou kan vertel en sodat hulle kan weet wat Jehovah van die leërs oor Egipte besluit het?+ 13  Die vorste van Soan het dwaas opgetree,+ die vorste van Nof+ is bedrieg, die vernaamstes+ van sy stamme het Egipte op ’n dwaalweg gebring. 14  Jehovah het daarin die gees van verwarring gemeng;+ en hulle het Egipte op ’n dwaalweg gebring in al sy werk, net soos ’n dronk mens daartoe gebring word om in sy uitbraaksel rond te dwaal.+ 15  En Egipte sal geen werk hê wat die kop of die stert, die loot of die biesie, kan doen nie.+ 16  In dié dag sal Egipte soos vroue word, en dit sal beslis bewe+ en in angs verkeer weens die geswaai van die hand van Jehovah van die leërs wat hy daarteen swaai.+ 17  En die land van Juda sal vir Egipte ’n rede tot waggeling word.+ Elkeen aan wie dit gemeld word, verkeer in angs weens die besluit van Jehovah van die leërs wat hy teen hom neem.+ 18  In dié dag sal daar vyf stede in Egipteland wees+ wat die taal van Kanaän+ praat en wat by Jehovah van die leërs sweer.+ Een daarvan sal genoem word: Die Stad van Afbreking. 19  In dié dag sal daar ’n altaar vir Jehovah in Egipteland wees,+ en ’n pilaar vir Jehovah by sy grens. 20  En dit sal ’n teken en ’n getuie vir Jehovah van die leërs wees in Egipteland;+ want hulle sal tot Jehovah roep weens die onderdrukkers,+ en hy sal vir hulle ’n redder stuur, ja, ’n grootse redder, wat hulle sal verlos.+ 21  En Jehovah sal beslis bekend word aan die Egiptenaars;+ en die Egiptenaars sal Jehovah in dié dag ken, en hulle sal offerande en gawe+ bring en sal aan Jehovah ’n gelofte doen en dit betaal.+ 22  En Jehovah sal Egipte beslis ’n slag toedien.+ Daar sal ’n slag toegedien word en ’n genesing wees;+ en hulle sal tot Jehovah terugkeer,+ en hy sal hulle dringende versoek aanhoor en hulle genees.+ 23  In dié dag sal daar ’n grootpad+ wees van Egipte na Assiʹrië, en Assiʹrië sal in Egipte kom en Egipte in Assiʹrië; en hulle sal beslis diens verrig, Egipte saam met Assiʹrië. 24  In dié dag sal Israel die derde wees saam met Egipte en Assiʹrië,+ naamlik ’n seën op die aarde,+ 25  want Jehovah van die leërs sal dit seën+ deur te sê: “Mag my volk, Egipte, en die werk van my hande, Assiʹrië,+ en my erfdeel, Israel,+ geseënd wees.”

Voetnote