Jesaja 2:1-22

2  Dít is wat Jesaja, die seun van Amos, aangaande Juda en Jerusalem in ’n visioen gesien het:+  En aan die einde van die dae+ sal die berg van die huis+ van Jehovah stewig gevestig word bo die top van die berge,+ en dit sal beslis bo die heuwels verhef word;+ en al die nasies sal daarheen stroom.+  En baie volke sal beslis heengaan en sê: “KOM,+ en laat ons opgaan na die berg van Jehovah, na die huis van die God van Jakob; en hy sal ons omtrent sy weë onderrig, en ons sal in sy paaie wandel.”+ Want uit Sion sal die wet uitgaan en die woord van Jehovah uit Jerusalem.+  En hy sal beslis oordeel tussen die nasies+ en sake regstel+ met betrekking tot baie volke.+ En hulle sal van hulle swaarde ploegskare moet smee en van hulle spiese snoeimesse.+ Nasie sal nie teen nasie die swaard ophef nie, en ook sal hulle nie meer leer om oorlog te voer nie.+  O huis van Jakob, kom en laat ons in die lig van Jehovah wandel.+  Want u het u volk verstoot, die huis van Jakob.+ Want hulle het vol geword van wat uit die Ooste kom,+ en hulle is beoefenaars van die toorkuns+ soos die Filistyne, en dit wemel by hulle van die kinders van uitlanders.+  En hulle land is vol silwer en goud, en daar is geen einde aan hulle skatte nie.+ En hulle land is vol perde, en daar is geen einde aan hulle strydwaens nie.+  En hulle land is vol waardelose gode.+ Voor die werk van hulle hande buig hulle hulle neer, voor wat hulle vingers gemaak het.+  En die mens buig hom neer en die man word verlaag, en u kan hulle onmoontlik vergewe.+ 10  Gaan in die rots in en kruip in die grond weg weens die verskrikking van Jehovah en vir sy luisterryke verhewenheid.+ 11  Die hoogmoedige oë van die mens sal verlaag word, en die verwaandheid van die manne sal neergebuig word;+ en Jehovah alleen sal in dié dag hoog verhef word.+ 12  Want dit is die dag wat aan Jehovah van die leërs behoort.+ Dit is oor elkeen wat homself verhef en verwaand is en oor elkeen wat verhewe of laag is;+ 13  en oor al die seders van die Liʹbanon+ wat hoog en verhewe is en oor al die groot bome van Basan;+ 14  en oor al die hoë berge en oor al die verhewe heuwels;+ 15  en oor elke hoë toring en oor elke versterkte muur;+ 16  en oor al die skepe van Tarsis+ en oor al die begeerlike bote. 17  En die hoogmoed van die mens sal neergebuig word, en die verwaandheid van die manne sal verlaag word;+ en Jehovah alleen sal in dié dag hoog verhef word.+ 18  En die waardelose gode sal heeltemal verdwyn.+ 19  En mense sal in die grotte van die rotse en in die gate van die grond ingaan weens die verskrikking van Jehovah en weg van sy luisterryke verhewenheid af,+ wanneer hy opstaan om die aarde te laat bewe.+ 20  In dié dag sal die mens sy waardelose gode van silwer en sy waardelose gode van goud wat hulle vir hom gemaak het om hom voor neer te buig, vir die skeerbekmuise en vir die vlermuise gooi,+ 21  om in die holtes in die rotse en in die klowe van die kranse in te gaan, weens die verskrikking van Jehovah en weg van sy luisterryke verhewenheid af,+ wanneer hy opstaan om die aarde te laat bewe. 22  Bly om julle eie ontwil weg van die mens wie se asem in sy neusgate is,+ want op grond waarvan moet hy in aanmerking geneem word?+

Voetnote