Jesaja 20:1-6

20  In die jaar toe Tartan+ na Asdod+ gekom het, toe Sargon, die koning van Assiʹrië, hom gestuur het+ en hy teen Asdod oorlog gevoer en dit ingeneem het;+  in dié tyd het Jehovah deur die hand van Jesaja, die seun van Amos,+ gespreek en gesê: “Gaan,+ en jy moet die saklinne van jou heupe losmaak;+ en jou sandale moet jy van jou voete aftrek.”+ En hy het so gedoen en naak en kaalvoet rondgeloop.+  En Jehovah het verder gesê: “Net soos my kneg Jesaja drie jaar lank naak en kaalvoet rondgeloop het as ’n teken+ en ’n voorteken teen Egipte+ en teen Etiopië,+  so sal die koning van Assiʹrië die groep gevangenes van Egipte+ en die ballinge van Etiopië wegvoer, seuns en ou manne, naak en kaalvoet en met ontblote sitvlak, die naaktheid van Egipte.+  En hulle sal beslis verskrik en beskaamd wees weens Etiopië, hulle verwagte hoop,+ en weens Egipte, hulle prag.+  En die inwoner van hierdie kusland sal beslis in dié dag sê: ‘Kyk, so gaan dit met ons verwagte hoop, waarheen ons gevlug het om hulp, om verlos te word weens die koning van Assiʹrië!+ En hoe sal ons dan ontkom?’”

Voetnote