Jesaja 21:1-17

21  Die uitspraak teen die wildernis van die see:+ Soos stormwinde+ in die suide voortbeweeg, kom dit uit die wildernis, uit ’n vreesinboesemende land.+  ’n Harde visioen+ is my meegedeel: Die verraaier handel verraderlik, en die plunderaar plunder.+ Trek op, o Elam! Beleër, o Medië!+ Alle gesug as gevolg van hom het ek laat ophou.+  Daarom het my heupe vol hewige pyne geword.+ Krampe het my aangegryp, soos die krampe van ’n vrou wat geboorte gee.+ Ek het ontsteld geraak, sodat ek nie hoor nie; ek het verontrus geraak, sodat ek nie sien nie.  My hart het rondgedwaal; ’n siddering het my verskrik. Die skemering waarvoor ek lief was, het iets geword wat my laat bewe.+  Laat die tafel gedek word, die sitplekke in posisie geplaas word, laat daar geëet, gedrink word!+ Staan op, o vorste,+ salf die skild.+  Want só het Jehovah vir my gesê: “Gaan, sit ’n wag uit, sodat hy kan sê presies wat hy sien.”+  En hy het ’n strydwa met ’n span perde gesien, ’n strydwa met esels, ’n strydwa met kamele. En hy het noulettend aandag geskenk, met groot opmerksaamheid.  En hy het soos ’n leeu uitgeroep:+ “Op die wagtoring, o Jehovah, staan ek voortdurend in die dag, en op my wagpos staan ek al die nagte.+  En kyk nou, daar kom ’n strydwa met manne, met ’n span perde!”+ En hy het begin spreek en gesê: “Dit het geval! Babilon het geval,+ en al die gesnede beelde van sy gode het Hy teen die grond verbrysel!”+ 10  O my gedorstes en die seun van my dorsvloer,+ wat ek by Jehovah van die leërs, die God van Israel, gehoor het, het ek vir julle vertel. 11  Die uitspraak teen Duma: Iemand roep na my van Seïr+ af: “Wag, wat van die nag? Wag, wat van die nag?”+ 12  Die wag het gesê: “Die oggend sal kom, en ook die nag. As julle wil vra, vra. Kom weer!” 13  Die uitspraak teen die woestynvlakte: In die woud in die woestynvlakte sal julle oornag, o karavane van die Dedaniete.+ 14  BRING water om die dorstige te ontmoet. O inwoners van die land Tema,+ gaan die vlugteling met brood vir hom tegemoet. 15  Want vir die swaarde het hulle weggevlug, vir die ontblote swaard, en vir die gespande boog en vir die hewigheid van die oorlog. 16  Want só het Jehovah vir my gesê: “Binne ’n jaar, volgens die jare van ’n loonarbeider,+ sal al die heerlikheid van Kedar+ tot ’n einde kom. 17  En dié wat oorbly van die aantal boogskutters, die sterk manne van die kinders van Kedar, sal min word,+ want Jehovah, die God van Israel, het dit gespreek.”+

Voetnote