Jesaja 22:1-25

22  Die uitspraak oor die vallei van die visioen:+ Wat is dit dan met jou dat jy, almal in jou, op die dakke geklim het?+  Jy was vol rumoer, ’n onstuimige stad, ’n uitgelate stad.+ Dié in jou wat omgebring is, is nie dié wat met die swaard omgebring is nie, ook nie dié wat in die oorlog gesterf het nie.+  Al jou diktators+ het tegelyk gevlug.+ Sonder dat ’n boog nodig was, is hulle gevange geneem. Almal in jou wat gevind is, is saam gevange geneem.+ Hulle het ver weggevlug.  Daarom het ek gesê: “Wend julle blik van my af. Ek sal bitterlik huil.+ Julle moenie daarop aandring om my te vertroos oor die plundering van die dogter van my volk nie.+  Want dit is die dag van verwarring+ en van vertrapping+ en van verbystering+ wat die Soewereine Heer, Jehovah van die leërs, in die vallei van die visioen het. Daar is die verwoester van die muur,+ en die geskreeu na die berg.+  En Elam+ het die pylkoker opgeneem, in die strydwa van die mens, met perde; en Kir+ het die skild ontbloot.  En die beste van jou laagvlaktes sal vol strydwaens word, en die perde sal hulleself vir seker by die poort opstel,  en die skerm van Juda sal weggeneem word. En jy sal in dié dag na die wapenkamer+ van die huis van die woud+ kyk,  en julle sal beslis die gate in die muur van die Stad van Dawid sien, want hulle sal baie wees.+ En julle sal die waters van die onderste dam opvang.+ 10  En julle sal die huise van Jerusalem tel. Julle sal ook die huise afbreek om die muur+ ontoeganklik te maak. 11  En julle sal ’n opvangdam tussen die twee mure vir die waters van die ou dam+ maak. En julle sal beslis nie na die Grootse Maker daarvan kyk nie, en die een wat dit lank gelede tot stand gebring het, sal julle beslis nie sien nie. 12  “En die Soewereine+ Heer, Jehovah van die leërs, sal in dié dag gehuil en getreur+ en kaalhoofdigheid en omgording met saklinne+ vereis. 13  Maar kyk! daar is verheuging en blydskap, beeste word doodgemaak en skape word geslag, vleis word geëet en wyn word gedrink:+ ‘Laat daar geëet en gedrink word, want môre sal ons sterf.’”+ 14  En Jehovah van die leërs het hom in my ore geopenbaar:+ “‘Hierdie oortreding sal nie vir julle versoen word+ totdat julle sterf+ nie’, het die Soewereine Heer, Jehovah van die leërs, gesê.” 15  Só het die Soewereine Heer, Jehovah van die leërs, gesê: “Kom, gaan in by hierdie bestuurder, by Sebna,+ wat oor die huis is:+ 16  ‘Wat is hier van belang vir jou, en wie is hier van belang vir jou, dat jy hier vir jou ’n graf uitgekap het?’+ Op ’n hoogte kap hy sy graf uit; in ’n krans hol hy vir hom ’n woonplek uit. 17  ‘Kyk! Jehovah slinger jou neer met ’n geweldige slingering, o man, en gryp jou met geweld. 18  Hy sal jou vir seker styf toerol, soos ’n bal vir ’n wye land. Daar sal jy sterf, en daar sal die strydwaens van jou heerlikheid die skandvlek van die huis van jou heer wees. 19  En ek sal jou uit jou posisie wegstoot; en uit jou amptelike pos sal jy weggeruk word.+ 20  “‘En in dié dag sal ek my kneg+ roep, naamlik Elʹjakim,+ die seun van Hilkiʹa.+ 21  En ek sal vir hom jou kleed aantrek, en jou lyfband sal ek hom stewig ombind,+ en jou heerskappy sal ek in sy hand gee; en hy sal vir die inwoner van Jerusalem en vir die huis van Juda ’n vader word.+ 22  En ek sal die sleutel+ van die huis van Dawid op sy skouer lê, en hy sal oopmaak sonder dat iemand sluit, en hy sal sluit sonder dat iemand oopmaak.+ 23  En ek sal hom inslaan soos ’n pen+ in ’n vaste plek, en hy sal ’n troon van heerlikheid vir die huis van sy vader word.+ 24  En hulle sal al die heerlikheid van die huis van sy vader aan hom hang, die nakomelinge en die lote, al die klein houers, die bakvormige houers sowel as die groot kruikhouers. 25  “‘In dié dag’, is die woord van Jehovah van die leërs, ‘sal die pen+ wat in ’n vaste plek ingeslaan is, verwyder word,+ en dit sal afgekap word en val, en die vrag wat daaraan hang, sal afgesny word, want Jehovah het dit gespreek.’”+

Voetnote