Jesaja 23:1-18

23  Die uitspraak oor Tirus:+ Weeklaag, o skepe van Tarsis!+ want dit is geplunder, sodat dit nie meer ’n hawe is nie, nie meer ’n plek is om in te gaan nie.+ Uit die land Kittim+ is dit aan hulle geopenbaar.  Bly stil, o inwoners van die kusland. Die koopmanne van Sidon,+ dié wat oor die see vaar—hulle het jou gevul.  En op baie waters was die saad van Sihor,+ die oes van die Nyl, sy inkomste; en dit het die wins van die nasies geword.+  Staan beskaamd, o Sidon;+ want die see, o vesting van die see, het gesê: “Ek het nie geboortepyne gehad nie, en ek het nie geboorte gegee nie, en ook het ek nie jong manne grootgemaak, maagde opgevoed nie.”+  Net soos by die berig oor Egipte,+ sal mense eweneens ineenkrimp van pyn by die berig oor Tirus.+  Vaar oor na Tarsis; weeklaag, o inwoners van die kusland.  Is dit julle stad wat uitgelate was sedert die dae van lank gelede, sedert sy vroeë tye? Sy voete het hom ver weggebring om as ’n vreemdeling te woon.  Wie het hierdie besluit+ teen Tirus geneem, die uitdeler van krone, wie se koopmanne vorste was, wie se handelaars die geëerdes van die aarde was?+  Jehovah van die leërs het hierdie besluit geneem,+ om die trots van alle skoonheid te ontheilig,+ om al die geëerdes van die aarde met veragting te behandel.+ 10  Stroom oor jou land soos die Nylrivier, o dogter van Tarsis.+ Daar is geen skeepswerf meer nie.+ 11  Sy hand het hy oor die see uitgesteek; hy het koninkryke in beroering gebring.+ Jehovah het teen Feniʹsië bevel gegee, dat sy vestings verwoes moet word.+ 12  En hy sê: “Jy sal nooit weer jubel nie,+ o onderdrukte, die maagdelike dogter van Sidon.+ Staan op, vaar oor na Kittim.+ Selfs daar sal dit nie vir jou rustig wees nie.” 13  Kyk! Die land van die Galdeërs.+ Dit is die volk—dit was nie Assiʹrië+ nie—hulle het dit vir die woestynbewoners+ gegrondves. Hulle het hulle beleëringstorings opgerig;+ hulle het sy woontorings blootgelê;+ dit is ’n verbrokkelende puinhoop gemaak.+ 14  Weeklaag, o skepe van Tarsis, want julle vesting is geplunder.+ 15  En in dié dag sal Tirus vergeet word, sewentig jaar lank,+ soos die dae van een koning. Aan die einde van sewentig jaar sal dit met Tirus gaan soos in die lied van ’n prostituut: 16  “Neem ’n harp, gaan rond in die stad, o vergete prostituut.+ Speel so goed as wat jy kan op die snaarinstrumente; maak jou liedere baie, sodat daar aan jou gedink kan word.” 17  En aan die einde van sewentig jaar sal Jehovah sy aandag op Tirus rig, en sy sal terugkeer na haar hoereloon+ en prostitusie pleeg met al die koninkryke van die aarde op die aardbodem.+ 18  En haar wins en haar hoereloon+ sal iets heiligs vir Jehovah word. Dit sal nie weggelê of opgespaar word nie, want haar hoereloon sal wees vir dié wat voor Jehovah woon,+ om tot versadiging toe te eet en vir elegante klere.+

Voetnote