Jesaja 24:1-23

24  Kyk! Jehovah maak die land leeg en verwoes dit,+ en hy het die oppervlak daarvan omgekeer+ en sy inwoners verstrooi.+  En dit sal dieselfde vir die volk wees as vir die priester; dieselfde vir die kneg as vir sy heer; dieselfde vir die diensmeisie as vir haar meesteres; dieselfde vir die koper as vir die verkoper; dieselfde vir die uitlener as vir die lener; dieselfde vir die een wat die rente vra as vir die een wat die rente betaal.+  Die land sal vir seker leeggemaak word, en dit sal vir seker geplunder word,+ want Jehovah het hierdie woord gespreek.+  Die land het begin treur,+ het weggekwyn. Die vrugbare land het verwelk, het weggekwyn. Die hooggeplaastes van die volk van die land het verwelk.+  En die land is onder sy inwoners besoedel,+ want hulle het die wette verontagsaam,+ die voorskrif verander,+ die verbond wat tot onbepaalde tyd duur, verbreek.+  Daarom het die vloek die land verteer,+ en sy inwoners word skuldig geag. Daarom het die inwoners van die land in getal afgeneem, en baie min sterflike mense het oorgebly.+  Die nuwe wyn het begin treur, die wingerdstok het verwelk,+ almal wat bly van hart was, het begin sug.+  Die vreugde van die tamboeryne is weg, die geraas van dié wat besonder uitgelate is, het opgehou, die vreugde van die harp is weg.+  Sonder ’n lied drink hulle wyn; die sterk drank word bitter vir dié wat dit drink. 10  Die verlate stad is verbreek;+ elke huis is toegesluit, sodat niemand daar kan ingaan nie. 11  Daar is ’n geskreeu in die strate weens ’n gebrek aan wyn. Alle blydskap het verdwyn; die vreugde van die land het gewyk.+ 12  In die stad is ’n ontsettende toestand agtergelaat; die poort is tot ’n blote puinhoop verbrysel.+ 13  Want só sal dit word in die land, onder die volke, soos wanneer die olyfboom afgeslaan word,+ soos wanneer die oesoorblyfsels ingesamel word as die druiweoes tot ’n einde gekom het.+ 14  Hulle sal hulle stem verhef, hulle sal met vreugde uitroep. In die verhewenheid van Jehovah sal hulle beslis van die see af juig.+ 15  Daarom sal hulle Jehovah in die streek van die lig+ verheerlik,+ op die eilande van die see die naam van Jehovah,+ die God van Israel. 16  Van die einde van die land af het ons melodieë gehoor:+ “Sieraad vir die Regverdige!”+ Maar ek sê: “Vir my is daar maerheid,+ vir my is daar maerheid! Wee my! Die verraaiers het verraderlik gehandel.+ Ja, met verraad het die verraaiers verraderlik gehandel.”+ 17  Angs en die kuil en die valstrik is oor jou, o inwoner van die land.+ 18  En elkeen wat vlug vir die geluid van die verskrikking, sal in die kuil val, en elkeen wat uit die binnekant van die kuil opklim, sal in die valstrik gevang word.+ Want die sluise daarbo sal geopen word,+ en die fondamente van die land sal bewe.+ 19  Die land het geheel en al uitmekaargebars, die land is geheel en al geskud, die land is geheel en al tot wankeling gebring.+ 20  Die land waggel geheel en al soos ’n dronk man, en dit het heen en weer geswaai soos ’n uitkykhut.+ En sy oortreding het swaar geword op hom,+ en hy sal val, sodat hy nie weer sal opstaan nie.+ 21  En in dié dag sal Jehovah sy aandag rig op die leër van die hoogte in die hoogte, en op die konings van die aarde op die aarde.+ 22  En hulle sal beslis versamel word soos wanneer gevangenes in die kuil versamel word+ en sal in die kerker opgesluit word;+ en ná ’n oorvloed van dae sal daar aan hulle aandag geskenk word.+ 23  En die volmaan het verleë geword, en die gloeiende son het beskaamd geword,+ want Jehovah van die leërs het koning geword+ op die berg Sion+ en in Jerusalem en voor sy bejaarde manne met heerlikheid.+

Voetnote