Jesaja 25:1-12

25  O Jehovah, u is my God.+ Ek verhef u,+ ek prys u naam,+ want u het wonderlike dinge gedoen,+ besluite+ uit die vroeë tye, in getrouheid,+ in betroubaarheid.+  Want u het ’n stad ’n hoop klippe gemaak, ’n versterkte stad ’n verbrokkelende puinhoop, ’n woontoring van vreemdelinge, dat dit geen stad meer is nie, wat selfs tot onbepaalde tyd nie herbou sal word nie.+  Daarom sal ’n sterk volk u verheerlik; die stad van die tirannieke nasies, hulle sal u vrees.+  Want u het ’n vesting vir die geringe geword, ’n vesting vir die arme in sy benoudheid,+ ’n toevlug teen die reënstorm, ’n skaduwee+ teen die hitte, wanneer die geblaas van die tiranne soos ’n reënstorm teen ’n muur is.  Soos die hitte in ’n waterlose land word die geraas van vreemdelinge deur u gedemp, soos die hitte deur die skaduwee van ’n wolk.+ Die melodie van die tiranne word onderdruk.+  En Jehovah van die leërs sal op hierdie berg+ beslis vir al die volke+ ’n feesmaal van olieryke geregte berei,+ ’n feesmaal van beleë wyn, van olieryke geregte vol murg,+ van gesuiwerde,+ beleë wyn.+  En op hierdie berg sal hy beslis die omhulling verswelg wat al die volke omhul,+ en die weefsel wat oor al die nasies geweef is.  Hy sal die dood vir ewig verswelg,+ en die Soewereine Heer Jehovah sal beslis die trane van alle gesigte afvee.+ En die smaad van sy volk sal hy van die hele aarde af wegneem,+ want Jehovah het dit gespreek.  En in dié dag sal daar beslis gesê word: “Kyk! Dit is ons God.+ Ons het op hom gehoop,+ en hy sal ons red.+ Dit is Jehovah.+ Ons het op hom gehoop. Laat ons bly wees en ons verbly in die redding deur hom.”+ 10  Want die hand van Jehovah sal op hierdie berg rus,+ en Moab sal op sy plek vertrap word+ soos wanneer ’n hoop strooi op ’n mishoop+ vertrap word. 11  En Hy sal sy hande daarin uitstrek soos wanneer ’n swemmer hulle uitstrek om te swem, en Hy sal sy hoogmoed verneder+ met die behendige bewegings van sy hande. 12  En die versterkte stad, met jou hoë, veilige mure, sal hy neerwerp; hy sal dit verneder, dit in aanraking bring met die grond, tot in die stof.+

Voetnote