Jesaja 26:1-21

26  In dié dag+ sal hierdie lied+ in die land van Juda+ gesing word: “Ons het ’n sterk stad.+ Hy gee redding as mure en skanse.+  MAAK OOP die poorte,+ sodat die regverdige nasie wat getroue gedrag handhaaf, kan ingaan.+  U sal die neiging wat goed ondersteun word, in voortdurende vrede bewaar,+ want ’n mens word beweeg om op ú te vertrou.+  VERTROU op Jehovah+ vir altyd, want in Jah Jehovah is die Rots+ van onbepaalde tye.  “Want hy het die bewoners van die hoogte,+ die verhewe stad,+ neergewerp. Hy verneder dit, hy verneder dit tot die grond toe; hy bring dit in aanraking met die stof.+  Die voet sal dit vertrap, die voete van die geteisterde, die voetstappe van die geringes.”+  Die pad van die regverdige is regskapenheid.+ Omdat u reg is, sal u die weg van ’n regverdige gelykmaak.+  Ja, ons het op u gehoop, o Jehovah, vir die weg van u oordele.+ Na u naam en na u gedagtenis+ het die begeerte van die siel uitgegaan.+  Met my siel het ek u in die nag begeer;+ ja, met my gees in my binneste bly ek u soek;+ want wanneer daar oordele van u af kom vir die aarde,+ sal die bewoners van die vrugbare land beslis regverdigheid+ leer.+ 10  Al sou daar aan die goddelose guns betoon word, sal hy eenvoudig nie regverdigheid leer nie.+ In die land van reg sal hy onreg pleeg,+ en hy sal die uitnemendheid van Jehovah nie sien nie.+ 11  O Jehovah, u hand het hoog geword,+ maar hulle sien dit nie.+ Hulle sal dit sien en beskaamd staan+ oor die ywer vir u volk. Ja, die vuur+ vir u teenstanders sal hulle verteer. 12  O Jehovah, u sal vir ons vrede beskik,+ want selfs al ons werke het u vir ons verrig.+ 13  O Jehovah ons God, ander here buiten u het as ons eienaars opgetree.+ Deur u alleen sal ons van u naam melding maak.+ 14  Hulle is dood; hulle sal nie lewe nie.+ Hulle is magteloos in die dood;+ hulle sal nie opstaan nie.+ Daarom het u u aandag op hulle gerig om hulle te verdelg en alle vermelding van hulle te laat verdwyn.+ 15  U het by die nasie bygevoeg; o Jehovah, u het by die nasie bygevoeg;+ u het uself verheerlik.+ U het al die grense van die land ver uitgebrei.+ 16  O Jehovah, in benoudheid het hulle hulle aandag op u gerig;+ hulle het ’n fluistergebed uitgestort toe hulle deur u gedissiplineer is.+ 17  Net soos ’n swanger vrou die tyd nader om geboorte te gee en geboortepyne het en in haar geboortepyne uitroep, so het ons weens u geword, o Jehovah.+ 18  Ons het swanger geword, ons het geboortepyne gehad;+ ons het as ’t ware aan wind geboorte gegee. Ons bewerk geen ware redding met betrekking tot die land nie,+ en geen bewoners vir die vrugbare land word voortgebring soos by ’n geboorte nie.+ 19  “U dooies sal lewe.+ My lyke—hulle sal opstaan.+ Word wakker en roep met vreugde uit, julle wat in die stof woon!+ Want u dou+ is soos die dou van kiesieblare,+ en die aarde sal selfs dié wat magteloos is in die dood, voortbring soos by ’n geboorte.+ 20  “Kom, my volk, gaan in jou binnekamers in en sluit jou deure agter jou toe.+ Verberg jou vir net ’n oomblik, totdat die veroordeling verbygaan.+ 21  Want kyk! Jehovah kom uit sy plek te voorskyn om van die inwoner van die land rekenskap te eis vir sy oortreding,+ en die land sal beslis sy bloedvergieting openbaar+ en sal nie langer sy doodgemaaktes bedek nie.”+

Voetnote