Jesaja 27:1-13

27  In dié dag sal Jehovah+ met sy harde en groot en sterk swaard+ sy aandag op die Leviaʹtan+ rig, die seilende slang,+ ja, op die Leviaʹtan, die kronkelende slang, en hy sal beslis die seemonster+ doodmaak wat in die see is.  SING in dié dag vir die vrou:+ “’n Wingerd+ van skuimende wyn!  Ek, Jehovah, bewaar dit.+ Ek sal dit elke oomblik natmaak.+ Ek sal dit nag en dag bewaar, sodat niemand sy aandag daarteen rig nie.+  Geen woede het ek nie.+ Wie sal vir my doringbosse+ en onkruid in die geveg gee? Ek sal daarop trap. Ek sal dit saam aan die brand steek.+  Laat hy andersins my vesting aangryp, laat hy met my vrede maak; laat hy met my vrede maak.”+  In die komende dae sal Jakob wortelskiet, Israel+ sal bloeisels voortbring en uitspruit; en hulle sal die oppervlak van die vrugbare land heeltemal met opbrengs vul.+  Moet hy geslaan word met die slag van iemand wat hom slaan? Of moet hy doodgemaak word met die slagting van sy doodgemaaktes?+  Met ’n skrikwekkende kreet sal u daarmee twis wanneer u dit wegstuur. Hy sal dit uitdryf met sy sterk wind op die dag van die oostewind.+  Hierdeur sal die oortreding van Jakob dus versoen word,+ en dit is die volle vrug wanneer hy sy sonde wegneem,+ wanneer hy al die altaarklippe soos vergruisde krytklippe maak, sodat die heilige pale+ en die reukwerkstaanders nie sal verrys nie.+ 10  Want die versterkte stad sal eensaam wees, die weiveld sal aan homself oorgelaat en verlate soos ’n wildernis wees.+ Daar sal die kalf wei, en daar sal dit gaan lê; en hy sal sy takke verteer.+ 11  Wanneer sy takkies verdroog het, sal vroue wat daar kom, hulle afbreek en aan die brand steek.+ Want dit is nie ’n volk wat vlug van begrip is nie.+ Daarom sal sy Maker aan hom geen barmhartigheid bewys nie, en sy Formeerder sal aan hom geen guns betoon nie.+ 12  En in dié dag sal Jehovah die vrugte afslaan,+ van die vloeiende stroom van die Rivier+ af tot by die stroomvallei van Egipte,+ en so sal julle die een na die ander ingesamel word,+ o kinders van Israel. 13  En in dié dag sal daar op ’n groot horing geblaas word,+ en dié wat in die land Assiʹrië+ vergaan en dié wat in Egipteland+ verstrooi is, sal beslis kom en hulle neerbuig+ voor Jehovah op die heilige berg in Jerusalem.+

Voetnote