Jesaja 28:1-29

28  Wee die uitnemende kroon van die dronkaards van Eʹfraim,+ en die verwelkende bloeisel van sy pragtige sieraad wat op die hoof is van die vrugbare vallei van dié wat deur wyn oorweldig is!  Kyk! Jehovah het iemand wat sterk en kragtig is.+ Soos ’n donderende haelstorm,+ ’n vernietigende storm, soos ’n donderende storm van magtige, oorstromende waters,+ sal hy hulle beslis met krag teen die grond werp.  Met die voete sal die uitnemende krone van die dronkaards van Eʹfraim vertrap+ word.  En die verwelkende blom+ van sy pragtige sieraad wat op die hoof is van die vrugbare vallei, sal word soos die vroeë vy+ voor die somer, wat iemand, wanneer hy dit sien, insluk terwyl dit nog in sy palm is.  In dié dag sal Jehovah van die leërs ’n sierlike kroon+ en ’n pragtige krans+ vir die oorblywendes+ van sy volk word,  en ’n gees van geregtigheid vir die een wat regspreek,+ en sterkte vir dié wat die geveg van die poort afwend.+  En ook hulle—weens wyn het hulle afgedwaal en weens sterk drank het hulle rondgedwaal. Priester en profeet+—hulle het afgedwaal weens sterk drank, hulle het verward geraak as gevolg van die wyn, hulle het rondgedwaal+ as gevolg van die sterk drank; hulle het afgedwaal in wat hulle sien, hulle het gewaggel wat die beslissing betref.  Want al die tafels het vol vieslike uitbraaksel geword+—daar is geen plek daarsonder nie.  Vir wie sal ’n mens in kennis onderrig,+ en vir wie sal ’n mens laat verstaan wat gehoor is?+ Dié wat van die melk gespeen is, wat van die borste weggeneem is?+ 10  Want dit is “gebod op gebod, gebod op gebod, meetsnoer op meetsnoer, meetsnoer op meetsnoer, hier ’n bietjie, daar ’n bietjie”.+ 11  Want deur dié wat met hulle lippe hakkel+ en deur ’n ander taal+ sal hy met hierdie volk praat,+ 12  met hulle vir wie hy gesê het: “Dit is die rusplek. GEE rus aan die vermoeide. En dit is die plek van verkwikking”, maar wat nie wou hoor nie.+ 13  En vir hulle sal die woord van Jehovah beslis word “gebod op gebod, gebod op gebod, meetsnoer op meetsnoer, meetsnoer op meetsnoer,+ hier ’n bietjie, daar ’n bietjie”, sodat hulle sal gaan en beslis agteruit struikel en verbreek en verstrik en gevang word.+ 14  Daarom, hoor die woord van Jehovah, julle grootpraters, heersers+ van hierdie volk wat in Jerusalem is: 15  Omdat julle gesê het: “Ons het ’n verbond met die Dood gesluit,+ en met Sjeool het ons ’n visioen tot stand gebring;+ as die oorstromende stortvloed deurtrek, sal dit ons nie bereik nie, want ons het ’n leuen ons toevlug gemaak,+ en in bedrog het ons ons verberg”;+ 16  daarom, só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: “Kyk, ek lê as fondament in Sion+ ’n steen,+ ’n beproefde steen,+ die kosbare hoek+ van ’n vaste fondament.+ Niemand wat geloof beoefen, sal paniekerig raak nie.+ 17  En ek sal geregtigheid die meetsnoer maak+ en regverdigheid+ die waterpas; en die hael+ sal die leuentoevlug wegvee,+ en die waters sal die skuilplek wegspoel.+ 18  En julle verbond met die Dood sal beslis tot niet gemaak word,+ en daardie visioen van julle met Sjeool sal nie bly staan nie.+ Wanneer die oorstromende stortvloed deurtrek+—dan sal julle ’n plek van vertrapping daarvoor word.+ 19  Elke keer as dit deurtrek, sal dit julle wegneem,+ want dit sal oggend na oggend deurtrek, bedags en snags; en dit sal niks anders word nie as ’n rede tot bewing+ om ander te laat verstaan wat gehoor is.” 20  Want die slaapbank was te kort vir iemand om hom daarop uit te strek, en die geweefde laken is te smal wanneer iemand hom daarin toedraai. 21  Want Jehovah sal opstaan net soos by die berg Peʹrasim,+ hy sal in beroering wees net soos in die laagvlakte naby Giʹbeon,+ om sy daad te verrig—sy daad is vreemd—en om sy werk te doen—sy werk is ongewoon.+ 22  En moet dan nou nie spotters wees nie,+ sodat julle bande nie sterk word nie, want ek het by die Soewereine+ Heer, Jehovah van die leërs, gehoor van ’n uitroeiing, ja, iets waarop besluit is, vir die hele land.+ 23  HOOR en luister na my stem; skenk aandag en luister na my woord. 24  Is dit die hele dag+ dat die ploeër ploeg om saad te saai, dat hy sy grond losmaak en eg?+ 25  Is dit nie so dat hy, wanneer hy die oppervlak daarvan gelykgemaak het, dan swart komyn saai en die komyn+ strooi nie, en moet hy nie koring, giers+ en gars op die bestemde plek+ insit en spelt+ as sy grens+ nie? 26  En hy word tereggewys+ ooreenkomstig wat reg is. Sy God onderrig hom.+ 27  Want swart komyn word nie met ’n dorswerktuig+ gedors nie; en oor komyn word geen wawiel gerol nie. Want swart komyn word gewoonlik met ’n stok+ uitgeslaan, en komyn met ’n staf. 28  Word broodkoring gewoonlik fyngestamp? Want ’n mens trap+ dit nooit sonder ophou+ uit nie. En hy moet die roller van sy wa in beweging bring, en sy perde, maar hy sal dit nie fynstamp nie.+ 29  Ook dit het uitgegaan van Jehovah van die leërs,+ wat wonderbaar van raad was, wat groot sukses gehad het met doeltreffende werke.+

Voetnote