Jesaja 29:1-24

29  “Wee Aʹriël,+ Aʹriël, die stad waar Dawid kamp opgeslaan het!+ VOEG jaar by jaar; laat die feeste+ hulle kringloop voltooi.  En ek sal Aʹriël benoud maak,+ en daar sal getreur en geweeklaag wees,+ en dit sal vir my soos die altaarherd van God word.+  En ek sal aan alle kante teen jou kamp opslaan, en ek sal jou met skanspale beleër en beleëringswerke teen jou oprig.+  En jy sal verlaag word sodat jy uit die grond sal praat, en soos uit die stof sal jou woord dof klink.+ En jou stem sal uit die grond kom soos dié van ’n geestemedium, en uit die stof sal jou woord piep.+  En die menigte van dié wat vir jou vreemd is, sal net soos fyn poeier word,+ en die menigte van die tiranne+ net soos die kaf wat wegwaai.+ En dit sal in ’n oomblik, skielik, gebeur.+  Van die kant van Jehovah van die leërs sal daar aan jou aandag geskenk word met donder en met aardbewing en met ’n groot geluid, stormwind en orkaan, en die vlam van ’n verterende vuur.”+  En dit sal wees net soos in ’n droom, in ’n nagvisioen, met betrekking tot die menigte van al die nasies wat teen Aʹriël oorlog voer,+ ja, almal wat teen hom oorlog voer, en die beleëringstorings teen hom en dié wat hom benoud maak.+  Ja, dit sal wees soos wanneer iemand wat honger is, droom, en kyk, hy eet, en hy word wakker en sy siel is leeg;+ en soos wanneer iemand wat dors is, droom, en kyk, hy drink, en hy word wakker, en kyk, hy is moeg en sy siel is uitgedroog; só sal dit wees met die menigte van al die nasies wat teen die berg Sion oorlog voer.+  TALM en wees verbaas;+ verblind julle en wees verblind.+ Hulle het dronk geword,+ maar nie van wyn nie; hulle het gewaggel, maar nie weens sterk drank nie.+ 10  Want oor julle het Jehovah ’n gees van diepe slaap uitgestort;+ en hy sluit julle oë, die profete,+ en hy het selfs julle koppe,+ die sieners,+ bedek. 11  En vir julle word die visioen van alles soos die woorde van die boek wat verseël is,+ wat hulle vir iemand gee wat die skrif ken en sê: “Lees dit asseblief voor”, en hy sal sê: “Ek kan nie, want dit is verseël”;+ 12  en die boek sal vir iemand gegee word wat geen skrif ken nie, terwyl iemand sê: “Lees dit asseblief voor”, en hy sal sê: “Ek ken hoegenaamd geen skrif nie.” 13  En Jehovah sê: “Omdat hierdie volk met hulle mond nader gekom het en hulle my net met hulle lippe verheerlik+ het en hulle hulle hart ver van my verwyder+ het en hulle vrees vir my ’n mensegebod word wat hulle geleer word,+ 14  daarom, hier is ek, die Een wat weer wonderbaarlik met hierdie volk sal handel,+ op ’n wonderbare wyse en met iets wonderbaarliks; en die wysheid van hulle wyses sal vergaan, en die verstand van hulle verstandiges sal wegskuil.”+ 15  Wee dié wat baie diep gaan om planne vir Jehovah weg te steek+ en wie se dade in ’n donker plek plaasgevind het,+ terwyl hulle sê: “Wie sien ons en wie weet van ons?”+ 16  Julle verdorwenheid tog! Moet die pottebakker net soos die klei beskou word?+ Want moet die maaksel van sy maker sê: “Hy het my nie gemaak nie”?+ En sê dit wat gevorm is van sy vormer: “Hy het geen verstand getoon nie”?+ 17  Is dit nie nog net ’n baie kort tydjie voordat die Liʹbanon in ’n boord verander+ sal word en die boord as ’n woud gereken sal word nie?+ 18  En in dié dag sal die dowes beslis die woorde van die boek hoor,+ en uit die donker en uit die duisternis sal selfs die oë van die blindes sien.+ 19  En die sagmoediges+ sal beslis hulle blydskap in Jehovah vermeerder, en selfs die armes van die mensdom sal bly wees in die Heilige van Israel,+ 20  want die tiran sal aan sy einde kom,+ en dit sal klaar wees met die grootprater,+ en almal wat daarop uit is om kwaad te doen,+ sal uitgeroei word, 21  dié wat ’n mens deur sy woord laat sondig,+ en dié wat strikke span vir hom wat in die poort teregwys,+ en dié wat die regverdige met leë argumente opsy stoot.+ 22  Daarom, só het Jehovah vir die huis van Jakob gesê, hy wat Abraham verlos het:+ “Jakob sal nou nie beskaamd staan nie, en ook sal sy gesig nou nie bleek word nie;+ 23  want wanneer hy sy kinders, die werk van my hande, in sy midde sien,+ sal hulle my naam heilig,+ en hulle sal beslis die Heilige van Jakob heilig,+ en vir die God van Israel sal hulle ontsag hê.+ 24  En dié wat in hulle gees dwaal, sal begrip verkry, en selfs dié wat kla, sal onderrigting leer.”+

Voetnote