Jesaja 3:1-26

3  Want kyk! die ware Heer,+ Jehovah van die leërs, neem uit Jerusalem+ en uit Juda steun en stut weg, die hele steun van brood en die hele steun van water,+  die sterk man en die krygsman, die regter en die profeet,+ en die waarsêer en die bejaarde,+  die hoof oor vyftig+ en die hooggeagte en die raadgewer en die een wat bedrewe is in toorkunste en die ervare besweerder.+  En ek sal beslis seuns hulle vorste maak, en pure eiemagtigheid sal oor hulle heers.+  En die mense sal mekaar tiranniseer, ja, elkeen sy naaste.+ Hulle sal teen mekaar uitvaar, die seun teen die ou man,+ en die geringgeagte teen die een wat geëer moet word.+  Want elkeen sal sy broer in die huis van sy vader gryp en sê: “Jy het ’n mantel. ’n Diktator+ behoort jy vir ons te word, en hierdie omvergewerpte hoop moet onder jou hand wees.”  Hy sal in dié dag sy stem verhef en sê: “Ek sal nie ’n wondverbinder word nie; en in my huis is daar geen brood of mantel nie. Julle moet my nie as diktator oor die volk aanstel nie.”  Want Jerusalem het gestruikel en Juda het geval,+ omdat hulle tong en hulle handelinge teen Jehovah is,+ deurdat hulle hulle opstandig gedra in die oë van sy heerlikheid.+  Die uitdrukking van hulle gesig getuig teen hulle,+ en van hulle sonde soos dié van Sodom vertel hulle.+ Hulle het dit nie weggesteek nie. Wee hulle siel! Want hulle het rampspoed oor hulleself gebring.+ 10  SÊ dat dit goed sal gaan met die regverdige,+ want hulle sal die vrug van hulle handelinge eet.+ 11  Wee die goddelose!—Rampspoed; want die behandeling wat deur sy hande gegee is, sal aan hom gegee word!+ 12  Wat my volk betref, hulle taakgewers tree streng op, en vroue heers oor hulle.+ O my volk, dié wat jou lei, laat jou dwaal,+ en die weg van jou paaie het hulle verwar.+ 13  Jehovah stel hom op om ’n regstryd te voer en staan op om vonnis oor volke te vel.+ 14  Jehovah sal in die gerig tree met die bejaardes van sy volk en hulle vorste.+ “En julle het die wingerd afgebrand. Wat van die geteisterde geroof is, is in julle huise.+ 15  Wat bedoel julle daarmee dat julle my volk verbrysel en dat julle die geteisterdes verdruk?”+ is die woord van die Soewereine Heer, Jehovah van die leërs. 16  En Jehovah sê: “Omdat die dogters van Sion hoogmoedig geword het en hulle met uitgerekte nek loop en met hulle oë lok, met trippelgang rondloop en met hulle voete ’n klinkende geluid maak,+ 17  sal Jehovah die kroon van die kop van die dogters van Sion ook skurf maak,+ en Jehovah sal hulle voorkop ontbloot.+ 18  In dié dag sal Jehovah die prag van die voetringe wegneem en die hoofbande en die maanvormige sierade,+ 19  die oorbelle en die armbande en die sluiers,+ 20  die hooftooisels en die voetkettinkies en die borsbande+ en die ‘huise van die siel’ en die ornamentele suisskulpe,+ 21  die vingerringe en die neusringe,+ 22  die feesklere en die oorklere en die mantels en die beurse, 23  en die handspieëls+ en die onderkledingstukke en die tulbande+ en die groot sluiers.+ 24  “En in plaas van balsemolie+ sal daar net ’n mufreuk wees; en in plaas van ’n gordel ’n tou; en in plaas van ’n kunstige haarkapsel kaalhoofdigheid;+ en in plaas van ’n ryk kleed ’n omgording met saklinne;+ ’n brandmerk+ in plaas van skoonheid. 25  Jou manne sal deur die swaard val, en jou sterkte deur oorlog.+ 26  En sy ingange sal moet treur+ en aan smart uiting moet gee, en hy sal beslis uitgeskud word. Hy sal op die grond gaan sit.”+

Voetnote