Jesaja 30:1-33

30  “Wee die hardkoppige kinders”,+ is die woord van Jehovah, “wat geneig is om raad uit te voer, maar nie dié wat van my af kom nie;+ en om ’n drankoffer uit te giet, maar nie met my gees nie, om sonde by sonde te voeg;+  wat vertrek om na Egipte af te gaan+ en wat my mond nie geraadpleeg het nie,+ om in die vesting van Farao skuiling te soek en in die skaduwee van Egipte toevlug te soek!+  En die vesting van Farao sal vir julle ’n rede tot skaamte word,+ en die toevlug in die skaduwee van Egipte ’n oorsaak van vernedering.+  Want sy vorste is in Soan,+ en sy gesante bereik Hanes.  Almal sal beslis beskaamd staan weens ’n volk wat geen voordeel vir iemand bring nie, wat geen hulp is nie en geen voordeel bring nie, maar wat ’n rede tot skaamte en ook ’n oorsaak van smaad is.”+  Die uitspraak teen die diere van die suide:+ Deur die land van benoudheid+ en moeilike toestande, van die leeu en die grommende luiperd, van die adder en die vlieënde vurige slang,+ dra hulle hulle rykdom op die rûe van volgroeide esels en hulle voorrade op die bulte van kamele.+ Dit sal vir die volk geen voordeel bring nie.  En die Egiptenaars is blote nietigheid, en hulle hulp sal eenvoudig tevergeefs wees.+ Daarom het ek dit genoem: “Ragab+—hulle hou van stilsit.”  “Kom nou, skryf dit by hulle op ’n tafel en teken dit in ’n boek op,+ sodat dit vir ’n toekomstige dag kan dien, as ’n getuienis tot onbepaalde tyd.+  Want dit is ’n opstandige volk,+ leuenagtige kinders,+ kinders wat die wet van Jehovah nie wou hoor nie;+ 10  wat vir dié wat sien, gesê het: ‘Julle moenie sien nie’, en vir dié wat visioene het: ‘Julle moenie vir ons sien wat reg is nie.+ Spreek vir ons vleiende dinge; sien bedrieglike dinge.+ 11  Draai af van die weg; wyk af van die pad.+ Laat die Heilige van Israel net ter wille van ons verdwyn.’”+ 12  Daarom, só het die Heilige van Israel gesê: “Omdat julle hierdie woord verwerp+ en aangesien julle op kullery en slinksheid vertrou en daarop steun,+ 13  daarom sal hierdie oortreding vir julle soos ’n gebreekte stuk word wat wil val, ’n uitbulting in ’n hoë muur,+ waarvan die instorting skielik, in ’n oomblik, kan kom.+ 14  En dit sal beslis gebreek word soos ’n groot kruik van die pottebakkers gebreek word,+ wat verbrysel word sonder dat dit ontsien word, sodat daar onder sy verbryselde stukke geen erdeskerf gevind kan word waarmee die vuur uit die vuurherd gekrap of water uit ’n vleiagtige plek geskep kan word nie.”+ 15  Want só het die Soewereine Heer Jehovah, die Heilige van Israel,+ gesê: “As julle terugkom en rus, sal julle gered word. Julle sterkte sal eenvoudig daarin lê dat julle rustig bly en vertroue het.”+ Maar julle wou nie.+ 16  En julle het gesê: “Nee, maar op perde sal ons vlug!”+ Daarom sal julle vlug. “En op vinnige perde sal ons ry!”+ Daarom sal julle agtervolgers vinnig wees.+ 17  Duisend sal bewe weens die bestrawwing deur een;+ weens die bestrawwing deur vyf sal julle vlug totdat julle oorbly soos ’n mas op ’n bergtop en soos ’n baken op ’n heuwel.+ 18  En daarom sal Jehovah vol verwagting daarna uitsien om aan julle guns te betoon,+ en daarom sal hy opstaan om aan julle barmhartigheid te bewys.+ Want Jehovah is ’n God van oordeel.+ Gelukkig+ is almal wat in afwagting van hom bly.+ 19  Wanneer die volk in Sion+ in Jerusalem sal woon,+ sal jy geensins huil nie.+ Hy sal vir seker aan jou guns betoon by die geluid van jou geroep; sodra hy dit hoor, sal hy jou antwoord.+ 20  En Jehovah sal julle beslis brood in die vorm van benoudheid gee en water in die vorm van onderdrukking;+ tog sal jou Grootse Onderrigter hom nie langer verberg nie, en jou oë sal oë word wat jou Grootse Onderrigter sien.+ 21  En jou ore sal ’n woord agter jou hoor wat sê: “Dit is die weg.+ WANDEL daarop”, ingeval julle regs sou gaan of ingeval julle links sou gaan.+ 22  En julle sal die oortreksel van jou gesnede beelde van silwer+ en die nousluitende bekleding van jou gegote+ beeld van goud+ verontreinig. Jy sal hulle weggooi.+ Soos ’n menstruerende vrou sal jy daarvoor sê: “Blote vullis!”+ 23  En hy sal beslis die reën gee vir jou saad waarmee jy die grond besaai,+ en as die opbrengs van die grond, brood, wat vet en olierig sal word.+ Jou vee sal in dié dag op ’n uitgestrekte weiveld wei.+ 24  En die beeste en die volgroeide esels wat die grond bewerk, sal voer eet waarby suring gevoeg is, wat met die skop+ en met die vurk uitgewan is. 25  En op elke hoë berg en op elke verhewe heuwel sal daar strome,+ watervore, wees op die dag van die groot slagting wanneer die torings val.+ 26  En die lig van die volmaan sal soos die lig van die gloeiende son word; en die lig van die gloeiende son sal sewe keer sterker word,+ soos die lig van sewe dae, op die dag wanneer Jehovah die breuk+ van sy volk verbind en selfs die ernstige wond genees+ waar hy hulle geslaan het. 27  Kyk! Die naam van Jehovah kom van ver af, brandend met sy toorn+ en met swaar wolke. Wat sy lippe betref, hulle is vol veroordeling, en sy tong is soos ’n verterende vuur.+ 28  En sy gees is soos ’n oorlopende stroom wat tot aan die nek reik,+ om die nasies heen en weer te swaai met ’n sif+ van waardeloosheid; en ’n toom+ wat ’n mens laat ronddwaal, sal in die kakebene van die volke wees.+ 29  Julle sal ’n lied+ hê soos dié in die nag wanneer iemand hom vir ’n fees heilig,+ en blydskap van hart soos dié van iemand wat met ’n fluit loop+ om te kom op die berg van Jehovah,+ na die Rots van Israel.+ 30  En Jehovah sal beslis die waardigheid van sy stem+ laat hoor en die neerdaling van sy arm laat sien,+ in grimmige toorn+ en die vlam van ’n verterende vuur+ en in wolkbreuk en reënstorm+ en haelstene.+ 31  Want weens die stem van Jehovah sal Assiʹrië met verskrikking vervul word;+ hy sal dit met ’n staf slaan.+ 32  En elke swaai van sy tugroede wat Jehovah op Assiʹrië sal laat neerkom, sal beslis met tamboeryne en met harpe wees;+ en met gevegte gekenmerk deur swaaiende wapens sal hy teen hulle veg.+ 33  Want sy Tofet+ is onlangs gereedgemaak; dit is ook vir die koning berei.+ Hy het die stapel daarvan diep gemaak. Vuur en hout is in oorvloed. Die asem van Jehovah, soos ’n stroom swael, brand daarteen.+

Voetnote