Jesaja 31:1-9

31  Wee dié wat na Egipte aftrek om hulp,+ dié wat hulle op blote perde verlaat,+ en wat hulle vertroue in strydwaens stel,+ omdat hulle talryk is, en in ryperde, omdat hulle baie sterk is, maar wat nie hulle oë op die Heilige van Israel gerig het nie en Jehovah nie gesoek het nie.+  En hy is ook wys+ en sal rampspoed laat kom,+ en hy het nie sy woorde teruggetrek nie;+ en hy sal beslis opstaan teen die huis van die kwaaddoeners+ en teen die hulp van dié wat skadelike dinge beoefen.+  Die Egiptenaars is egter mense+ en nie God nie; en hulle perde is vlees+ en nie gees nie. En Jehovah sal sy hand uitsteek, en hy wat hulp aanbied, sal moet struikel, en hy wat gehelp word, sal moet val,+ en hulle almal sal tegelykertyd aan hulle einde kom.  Want só het Jehovah vir my gesê: “Net soos die leeu grom, ja, die jong maanhaarleeu,+ oor sy prooi, wanneer ’n volle aantal herders teen hom saamgeroep word, en hy ondanks hulle stem nie verskrik sal wees nie en ondanks hulle geraas nie sal ineenkrimp nie; so sal Jehovah van die leërs neerdaal om oorlog te voer oor die berg Sion en oor sy heuwel.+  Soos vlieënde voëls, so sal Jehovah van die leërs Jerusalem verdedig.+ Deur dit te verdedig, sal hy dit ook beslis bevry.+ Deur dit te spaar, sal hy dit ook laat ontkom.”  “KEER TERUG+ tot die Een teen wie die kinders van Israel in diepe opstand gekom het.+  Want in dié dag sal elkeen van hulle sy waardelose gode van silwer en sy waardelose gode van goud verwerp,+ wat julle hande vir julle tot sonde gemaak het.+  En die Assiriër sal deur die swaard val, nie dié van ’n man nie; en ’n swaard, nie dié van ’n mens nie, sal hom verslind.+ En hy sal vir die swaard vlug, en sy jong manne sal dwangarbeiders word.  En sy groot rots sal van pure skrik vergaan, en weens die baken+ sal sy vorste verskrik wees”, is die woord van Jehovah, wie se lig in Sion en wie se oond+ in Jerusalem is.

Voetnote