Jesaja 32:1-20

32  Kyk! ’n Koning+ sal vir regverdigheid+ regeer; en wat vorste betref,+ hulle sal as vorste vir geregtigheid heers.  En elkeen sal soos ’n skuilplek teen die wind en ’n skuiling teen die reënstorm wees,+ soos waterstrome in ’n waterlose land,+ soos die skaduwee van ’n groot, swaar rots in ’n uitgeputte land.+  En die oë van dié wat sien, sal nie toegeplak wees nie, en die ore van dié wat hoor, sal aandag skenk.+  En die hart van die oorhaastiges sal op kennis ag gee,+ en selfs die tong van die hakkelaars sal gou wees om duidelik te praat.+  Die verstandelose sal nie meer vrygewig genoem word nie; en wat die beginsellose man betref, van hom sal nie gesê word dat hy edel is nie;+  want die verstandelose sal pure onsinnigheid spreek,+ en sy hart sal bedryf wat skadelik is,+ om afvalligheid te bedryf+ en verkeerde dinge teen Jehovah te spreek, om die siel van die een wat honger is, leeg te laat bly,+ en hy laat selfs die een wat dors is, sonder iets te drinke bly.  Wat die beginsellose man betref, sy werktuie is sleg;+ hy het raad gegee met betrekking tot losbandige dade,+ om die geteisterdes met valse woorde te verwoes,+ selfs wanneer ’n arme spreek wat reg is.  Wat die vrygewige betref, met betrekking tot vrygewige dinge het hy raad gegee; en ten gunste van vrygewige dinge sal hy opstaan.+  “Staan op, o geruste vroue, luister na my stem!+ O sorgelose dogters, hoor my woord! 10  Binne ’n jaar en enkele dae sal julle, o sorgeloses, in beroering wees,+ want die druiweoes sal tot ’n einde gekom het, maar daar sal geen insameling van vrugte kom nie.+ 11  Bewe, o geruste vroue! Wees in beroering, o sorgeloses! Trek julle uit en ontbloot julle en omgord die lendene met saklinne.+ 12  Slaan op julle bors in weeklag+ oor die begeerlike velde,+ oor die vrugdraende wingerdstok. 13  Op die grond van my volk kom net dorings, stekelrige struike op,+ want hulle is op al die huise van vreugde, ja, op die besonder uitgelate stad.+ 14  Want die woontoring is verlate,+ die stadsgewoel het uitgesterf; Ofel+ en die wagtoring het kaal velde geword, vir onbepaalde tyd die vreugde van sebras, die weiveld van kuddes; 15  totdat die gees uit die hoogte oor ons uitgestort word,+ en die wildernis ’n boord geword het, en die boord as ’n ware woud gereken word.+ 16  “En in die wildernis sal geregtigheid beslis vertoef, en in die boord sal regverdigheid woon.+ 17  En die werk van die ware regverdigheid sal vrede word,+ en die diens van die ware regverdigheid rus en veiligheid tot onbepaalde tyd.+ 18  En my volk sal in ’n vreedsame woonplek en in wonings van volle vertroue en in ongestoorde rusplekke woon.+ 19  En dit sal beslis hael wanneer die woud te gronde gaan+ en die stad tot ’n vernederde toestand verlaag word.+ 20  “Gelukkig is julle wat langs al die waters saad saai,+ wat die pote van die bul en van die esel uitstuur.”+

Voetnote