Jesaja 33:1-24

33  Wee jou, jy wat plunder sonder om self geplunder te word, en jy wat verraderlik handel sonder dat ander verraderlik met jou gehandel het!+ Sodra jy klaar geplunder het, sal jy geplunder word.+ Sodra jy klaar verraderlik gehandel het, sal hulle verraderlik met jou handel.+  O Jehovah, betoon guns aan ons.+ Op u het ons gehoop.+ Word elke oggend+ ons arm,+ ja, ons redding in die tyd van benoudheid.+  By die rumoerige geluid het volke gevlug.+ Wanneer u opgestaan het, is nasies verstrooi.+  En julle buit+ sal ingesamel word soos wanneer die kakkerlakke insamel, soos die stormloop van sprinkaanswerms wat op iemand afstorm.+  Jehovah sal beslis verhoog word,+ want hy woon in die hoogte.+ Hy sal Sion met geregtigheid en regverdigheid vul.+  En die betroubaarheid van jou tye sal ’n rykdom van reddingsdade wees+—wysheid en kennis,+ die vrees van Jehovah,+ wat sy skat is.  Kyk! Hulle helde het op die straat uitgeroep; die boodskappers van vrede+ sal bitterlik huil.  Die grootpaaie is verlate;+ dié wat op die pad trek, het verdwyn.+ Hy het die verbond verbreek;+ hy het die stede verag;+ hy het die sterflike mens nie in aanmerking geneem nie.+  Die land het begin treur, het verdor.+ Die Liʹbanon het verleë geword;+ dit het vergaan. Saron+ het soos die woestynvlakte geword; en Basan en Karmel skud hulle blare af.+ 10  “Nou sal ek opstaan”,+ sê Jehovah, “nou sal ek my verhef;+ nou sal ek my verhoog.+ 11  Julle word swanger van verdorde gras;+ julle sal stoppels baar. Julle gees sal julle soos ’n vuur+ verteer.+ 12  En volke sal soos gebrande kalk word. Soos afgekapte dorings sal hulle met vuur verbrand word.+ 13  Julle wat ver is, hoor wat ek gaan doen!+ En julle wat naby is, ken my mag.+ 14  In Sion verkeer die sondaars in angs;+ bewing het die afvalliges aangegryp:+ ‘Wie van ons kan selfs net ’n ruk lank by ’n verterende vuur vertoef?+ Wie van ons kan selfs net ’n ruk lank by langdurige brande vertoef?’+ 15  “Daar is een wat in volgehoue regverdigheid wandel+ en spreek wat reg is,+ wat die onregverdige wins deur bedrog verwerp,+ wat sy hande daarvan losskud om ’n omkoopgeskenk aan te gryp,+ wat sy oor toestop om nie na bloedvergieting te luister nie en wat sy oë toemaak om nie te sien wat sleg is nie.+ 16  Dit is hy wat op die hoogtes sal woon;+ sy veilige hoogte sal rotsagtige plekke wees wat moeilik toeganklik is.+ Sy brood sal beslis aan hom gegee word;+ sy watervoorraad sal onuitputlik wees.”+ 17  Jou oë sal ’n koning in sy skoonheid aanskou;+ hulle sal ’n ver land sien.+ 18  Jou hart sal op gedempte toon+ kommentaar lewer oor iets skrikwekkends: “Waar is die sekretaris? Waar is hy wat uitbetaal?+ Waar is hy wat die torings tel?”+ 19  Geen vermetele volk sal jy sien nie, ’n volk met ’n taal te diep om na te luister, met ’n hakkeltong wat jy nie kan verstaan nie.+ 20  Aanskou Sion,+ die stad van ons feesgeleenthede!+ Jou oë sal Jerusalem sien as ’n ongestoorde woonplek, ’n tent wat niemand sal afslaan nie.+ Nooit sal sy tentpenne uitgeruk word nie, en geeneen van sy toue sal in twee gebreek word nie.+ 21  Maar daar sal die Majestueuse,+God Jehovah, vir ons ’n plek van riviere wees,+ van breë kanale. Daarop sal geen galeivloot vaar nie, en geen majestueuse skip sal daaroor gaan nie. 22  Want Jehovah is ons Regter,+ Jehovah is ons Wetgewer,+ Jehovah is ons Koning;+ hy sal ons red.+ 23  Jou toue sal slap hang; hulle sal hulle mas nie stewig regop hou nie; hulle het nie ’n seil gespan nie. Dan sal buit in oorvloed verdeel moet word; die kreupeles sal baie roofgoed vergaar.+ 24  En geen inwoner sal sê: “Ek is siek” nie.+ Die volk wat in die land woon, sal vergifnis van hulle oortreding ontvang het.+

Voetnote