Jesaja 34:1-17

34  Kom nader, o nasies, om te hoor;+ en volksgroepe,+ skenk aandag. Laat die aarde en alles wat dit vul, luister,+ die vrugbare land+ en sy hele opbrengs.+  Want die verontwaardiging van Jehovah is teen al die nasies,+ en sy woede teen hulle hele leër.+ Hy sal hulle aan vernietiging oorgee; hy sal hulle aan die slagting oorlewer.+  En hulle gesneuweldes sal uitgewerp word; en wat hulle lyke betref, die stank daarvan sal opstyg;+ en die berge sal smelt van hulle bloed.+  En die hele leër van die hemel sal verrot.+ En die hemel sal opgerol word,+ net soos ’n boekrol; en sy hele leër sal verskrompel, net soos die blare verskrompel en van die wingerdstok afval en soos ’n verskrompelde vy wat van die vyeboom afval.+  “Want in die hemel sal my swaard+ beslis drup. Kyk! Op Edom sal dit afkom,+ en op die volk wat in geregtigheid deur my aan vernietiging+ oorgegee is.  Jehovah het ’n swaard; dit sal vol bloed word;+ dit sal besmeer word met die vet, met die bloed van jong ramme en bokramme, met die niervet+ van ramme. Want Jehovah het ’n offerande in Bosra en ’n groot slagting in die land Edom.+  En die wilde bulle+ sal saam met hulle val, en jong bulle saam met die sterkes;+ en hulle land sal deurdrenk word met bloed, en hulle stof sal vetterig gemaak word met die vet.”+  Want Jehovah het ’n dag van wraak,+ ’n jaar van vergelding vir die regsaak oor Sion.+  En sy strome sal in pik verander word en sy stof in swael; en sy land sal soos brandende pik word.+ 10  Dit sal nie snags of bedags uitgeblus word nie; tot onbepaalde tyd sal sy rook bly opstyg.+ Van geslag tot geslag sal dit verskroei wees;+ vir ewig en altyd sal niemand daardeur trek nie.+ 11  En die pelikaan en die ystervark sal dit in besit neem, en langooruile en rawe sal daarin woon;+ en hy sal die meetsnoer+ van leegheid daaroor span en die klippe van woestheid. 12  Sy edeles—daar is niemand daar wat hulle tot die koningskap sal roep nie, en al sy vorste sal niks word.+ 13  Op sy woontorings sal dorings opkom, netels en doringrige onkruid in sy vestings;+ en dit sal ’n woonplek van jakkalse word,+ die verblyfplek van die volstruise.+ 14  En die bewoners van waterlose streke sal huilende diere teëkom, en selfs die demoon in bokgedaante+ sal na sy metgesel roep. Ja, daar sal die naguil haar beslis gemaklik maak en vir haar ’n rusplek vind.+ 15  Daar het die pylslang haar nes gemaak en lê sy eiers, en sy sal hulle uitbroei en hulle in haar skaduwee bymekaarmaak. Ja, daar sal die woue+ bymekaarkom, elkeen met haar mannetjie. 16  Soek self in die boek+ van Jehovah en lees hardop: nie een van hulle het ontbreek nie;+ nie een van hulle is sonder haar mannetjie nie, want dit is die mond van Jehovah wat die bevel gegee het,+ en dit is sy gees wat hulle bymekaargebring het.+ 17  En Hy het vir hulle die lot gewerp, en sý hand het met die meetsnoer die plek aan hulle toebedeel.+ Tot onbepaalde tyd sal hulle dit in besit neem; van geslag tot geslag sal hulle daarin woon.

Voetnote