Jesaja 35:1-10

35  Die wildernis en die waterlose streek sal jubel,+ en die woestynvlakte sal bly wees en bloei soos die saffraan.+  Dit sal vir seker bloei,+ en dit sal werklik bly wees met blydskap en met vreugdegeroep.+ Die heerlikheid van die Liʹbanon sal daaraan gegee word,+ die prag van Karmel+ en van Saron.+ Daar sal dié wees wat die heerlikheid van Jehovah sal sien,+ die prag van ons God.+  VERSTERK die swak hande en maak die wankelende knieë sterk.+  Sê vir dié wat angstig van hart is:+ “Wees sterk.+ Moenie bang wees nie.+ Kyk! Julle God sal kom met wraak,+ ja, God met vergelding.+ Hy sal kom en julle red.”+  Dan sal die oë van die blindes geopen word,+ en die ore van die dowes sal ontsluit word.+  Dan sal die kreupele net soos ’n takbok klim+, en die tong van die stomme sal van vreugde uitroep.+ Want in die wildernis sal waters uitbreek, en strome in die woestynvlakte.  En die verskroeide grond sal soos ’n rietpoel word, en die dorsland soos waterfonteine.+ In die woonplek van jakkalse,+ ’n rusplek vir hulle, sal daar groen gras met riete en papirusplante+ wees.  En daar sal beslis ’n grootpad+ wees, ja, ’n weg; en dit sal die Weg van Heiligheid genoem word.+ Die onreine sal nie daarop trek nie.+ En dit sal wees vir die een wat op die weg wandel, en geen dwase sal daarop ronddwaal nie.  Daar sal geen leeu wees nie, en die wrede wilde diere sal nie daarop kom nie.+ Nie een sal daarop aangetref word nie;+ en die teruggekooptes sal daarop wandel.+ 10  En dié wat deur Jehovah losgekoop is, sal terugkeer+ en beslis met vreugdegeroep na Sion kom;+ en blydskap tot onbepaalde tyd sal op hulle hoof wees.+ Verheuging en blydskap sal hulle verkry, en droefheid en gesug sal wegvlug.+

Voetnote