Jesaja 36:1-22

36  En in die veertiende jaar van koning Hiskiʹa het Sanʹherib,+ die koning van Assiʹrië,+ teen al die versterkte stede van Juda opgetrek en hulle verower.+  En die koning van Assiʹrië het uiteindelik Rabʹsake+ met ’n swaar krygsmag uit Lagis+ na Jerusalem+ gestuur, na koning Hiskiʹa toe, en hy het gaan staan by die leikanaal+ van die boonste dam+ langs die grootpad van die wassersveld.+  Daarop het Elʹjakim,+ die seun van Hilkiʹa, wat oor die huishouding was, en Sebna,+ die sekretaris, en Joag,+ die seun van Asaf,+ die kroniekskrywer,+ na hom toe uitgekom.  Toe het Rabʹsake vir hulle gesê: “Sê asseblief vir Hiskiʹa: ‘Só het die groot koning,+ die koning van Assiʹrië,+ gesê: “Wat is hierdie vertroue wat jy gekoester het?+  Jy het gesê (maar dit is die woord van die lippe): ‘Daar is raad en mag vir die oorlog.’+ In wie het jy nou vertroue gestel, dat jy teen my in opstand gekom het?+  Kyk! Jy het vertrou op die steun van hierdie geknakte riet,+ op Egipte,+ wat, as ’n man daarop sou leun, beslis in sy palm sou ingaan en dit sou deurboor. So is Farao,+ die koning van Egipte, vir almal wat hulle vertroue in hom stel.+  En as jy vir my sê: ‘Op Jehovah ons God het ons vertrou’, is dit dan nie sý hoogtes+ en sý altare wat Hiskiʹa verwyder het nie,+ terwyl hy vir Juda en Jerusalem sê: ‘Voor hierdie altaar moet julle julle neerbuig’?”’+  Gaan dan nou asseblief ’n weddenskap aan+ met my heer, die koning van Assiʹrië,+ en laat ek jou tweeduisend perde gee om te sien of jy ruiters daarop kan sit.+  Hoe sou jy dan die aangesig van een goewerneur van die geringste knegte van my heer kon afkeer,+ terwyl jy op Egipte vertrou vir strydwaens en vir ruiters?+ 10  Het ek dan nou sonder magtiging van Jehovah teen hierdie land opgetrek om dit te verwoes? Jehovah het vir my gesê:+ ‘Trek op teen hierdie land, en jy moet dit verwoes.’”+ 11  Hierop het Elʹjakim+ en Sebna+ en Joag+ vir Rabʹsake+ gesê: “Praat asseblief in die Siriese taal+ met u knegte, want ons verstaan; en moenie in die Jode se taal+ met ons praat voor die ore van die volk wat op die muur is nie.”+ 12  Maar Rabʹsake het gesê: “Het my heer my na jou heer en na jou toe gestuur om hierdie woorde te spreek? Is dit nie na die manne wat op die muur sit, sodat hulle saam met julle hulle eie ontlasting sal eet en hulle eie urine sal drink nie?”+ 13  En Rabʹsake het bly staan+ en met ’n harde stem in die Jode se taal uitgeroep,+ en hy het gesê: “HOOR die woorde van die groot koning, die koning van Assiʹrië.+ 14  Só het die koning gesê: ‘Moenie dat Hiskiʹa julle bedrieg nie,+ want hy kan julle nie verlos nie.+ 15  En moenie dat Hiskiʹa julle op Jehovah laat vertrou nie+ deur te sê: “Jehovah sal ons vir seker verlos.+ Hierdie stad sal nie in die hand van die koning van Assiʹrië gegee word nie.”+ 16  Moenie na Hiskiʹa luister nie, want só het die koning van Assiʹrië gesê: “Gee julle aan my oor+ en kom na my toe uit en eet elkeen van sy eie wingerdstok en elkeen van sy eie vyeboom+ en drink elkeen die water van sy eie reënput,+ 17  totdat ek kom en julle na ’n land neem net soos julle land,+ ’n land van graan en nuwe wyn, ’n land van brood en wingerde; 18  sodat Hiskiʹa julle nie verlei+ deur te sê: ‘Jehovah sal ons verlos’ nie. Het die gode van die nasies elkeen sy eie land uit die hand van die koning van Assiʹrië verlos?+ 19  Waar is die gode van Hamat+ en Arpad?+ Waar is die gode van Sefarwaʹim?+ En het hulle Samariʹa uit my hand verlos?+ 20  Wie is daar onder al die gode van hierdie lande wat hulle land uit my hand verlos het,+ sodat Jehovah Jerusalem uit my hand sou verlos?”’”+ 21  En hulle het stilgebly en hom nie ’n woord geantwoord nie,+ want die gebod van die koning het gesê: “Julle mag hom nie antwoord nie.”+ 22  Maar Elʹjakim,+ die seun van Hilkiʹa, wat oor die huishouding was,+ en Sebna,+ die sekretaris, en Joag,+ die seun van Asaf, die kroniekskrywer, het met geskeurde klere+ by Hiskiʹa gekom en hom die woorde van Rabʹsake+ meegedeel.

Voetnote