Jesaja 37:1-38
37 En toe koning Hiskiʹa dit hoor, het hy onmiddellik sy klere geskeur en hom met saklinne bedek+ en in die huis van Jehovah+ ingegaan.
2 Verder het hy Elʹjakim,+ wat oor die huishouding was, en Sebna, die sekretaris,+ en die ouer manne van die priesters,+ bedek met saklinne, na die profeet+ Jesaja+, die seun van Amos, gestuur.
3 En hulle het vir hom gesê: “Só het Hiskiʹa gesê: ‘Vandag is ’n dag van benoudheid+ en van bestrawwing en van minagtende vermetelheid,+ want die kinders het tot by die baarmoedermond gekom, en daar is geen krag om geboorte te gee nie.+
4 Miskien sal Jehovah u God die woorde hoor van Rabʹsake,+ wat deur die koning van Assiʹrië, sy heer, gestuur is om die lewende God uit te tart,+ en sal hy van hom rekenskap eis vir die woorde wat Jehovah u God gehoor het.+ En u moet ’n gebed opstuur+ vir die oorblyfsel wat nog gevind kan word.’”+
5 En die knegte van koning Hiskiʹa het by Jesaja gekom.+
6 Toe het Jesaja vir hulle gesê: “Só moet julle vir julle heer sê: ‘Só het Jehovah gesê:+ “Moenie bang wees+ weens die woorde wat jy gehoor het, waarmee die dienaars+ van die koning van Assiʹrië my gesmaad het nie.
7 Kyk, ek plaas ’n gees+ in hom, en hy sal ’n berig hoor+ en na sy eie land terugkeer; en ek sal hom beslis in sy eie land deur die swaard laat val.”’”+
8 Daarna het Rabʹsake+ teruggekeer en die koning van Assiʹrië gevind waar hy teen Libna+ veg, want hy het gehoor dat hy van Lagis+ af weggetrek het.
9 En hy het gehoor dat daar van Tirhaʹka,+ die koning van Etiopië, gesê word: “Hy het uitgetrek om teen u te veg.” Toe hy dit hoor, het hy dadelik boodskappers+ na Hiskiʹa toe gestuur en gesê:
10 “Só moet julle vir Hiskiʹa, die koning van Juda, sê: ‘Moenie dat jou God op wie jy vertrou, jou bedrieg nie+ deur te sê: “Jerusalem sal nie in die hand van die koning van Assiʹrië gegee word nie.”+
11 Kyk! Jy het gehoor wat die konings van Assiʹrië met al die lande gedoen het deur hulle aan vernietiging oor te gee,+ en sal jy verlos word?+
12 Het die gode+ van die nasies wat deur my voorvaders verdelg is, hulle verlos,+ ja, Gosan+ en Haran+ en Resef en die kinders van Eden+ wat in Tel-Assar was?
13 Waar is die koning van Hamat+ en die koning van Arpad+ en die koning van die stad Sefarwaʹim+—van Hena en van Iwwa?’”+
14 Toe het Hiskiʹa die briewe uit die hand van die boodskappers geneem en dit gelees,+ waarna Hiskiʹa na die huis van Jehovah opgegaan en dit voor Jehovah uitgesprei het.+
15 En Hiskiʹa het tot Jehovah begin bid+ en gesê:
16 “O Jehovah van die leërs, die God van Israel,+ wat op die gerubs sit, u alleen is die ware God van al die koninkryke van die aarde.+ U het die hemel en die aarde gemaak.+
17 Neig u oor, o Jehovah, en hoor.+ Open u oë,+ o Jehovah, en sien, en hoor al die woorde van Sanʹherib+ wat hy gestuur het om die lewende God uit te tart.+
18 Dit is waar, o Jehovah, dat die konings van Assiʹrië al die lande, en hulle eie land, verwoes het.+
19 En hulle gode is aan die vuur oorgegee,+ omdat hulle geen gode was nie,+ maar die werk van mensehande,+ hout en klip, sodat hulle hulle vernietig het.+
20 En nou, o Jehovah ons God,+ red ons uit sy hand,+ sodat al die koninkryke van die aarde kan weet dat u, o Jehovah, alleen God is.”+
21 En Jesaja, die seun van Amos, het na Hiskiʹa gestuur en gesê: “Só het Jehovah, die God van Israel, gesê: ‘Omdat jy oor Sanʹherib, die koning van Assiʹrië, tot my gebid het,+
22 is dít die woord wat Jehovah teen hom gespreek het:
“Die maagdelike dogter van Sion het jou verag, sy het jou bespot.+Agter jou het die dogter van Jerusalem haar kop geskud.+
23 Wie het jy uitgetart+ en gesmaad?+En teen wie het jy jou stem verhef+En slaan jy jou oë omhoog?+Teen die Heilige van Israel!+
24 Deur middel van jou knegte het jy Jehovah uitgetart, en jy sê:+‘Met die menigte van my strydwaens sal ek+—Sal ek beslis die hoogte van bergstreke bestyg,+Die mees afgeleë dele van die Liʹbanon;+En ek sal sy hoë seders afkap, sy beste jenewerbome.+En ek sal sy laaste hoogte binnedring, die woud van sy boord.+
25 Ek sal beslis grawe en waters drink,En ek sal met my voetsole al die Nylkanale+ van Egipte laat opdroog.’+
26 Het jy nie gehoor nie?+ Sedert vervloë tye is dit wat ek sal doen.+Sedert dae van weleer het ek selfs daaraan vorm gegee.+ Nou sal ek dit laat kom.+En jy sal versterkte stede tot puinhope verwoes.+
27 En hulle inwoners se hande sal slap wees;+Hulle sal eenvoudig verskrik wees en beskaamd staan.+Hulle sal word soos plante van die veld en groen, jong gras,+Soos gras op die dakke+ en op die terras voor die oostewind.+
28 En jou stilsit en jou uitgaan+ en jou ingaan ken ek goed,+En dat jy jou vir my vererg,+
29 Want die feit dat jy jou vir my vererg+ asook jou gebrul het in my ore opgekom.+En ek sal beslis my haak in jou neus sit en my toom tussen jou lippe,+En ek sal jou inderdaad teruglei op die pad waarmee jy gekom het.”+
30 “‘En dít sal vir jou die teken wees: Vanjaar sal geëet word wat opslaan van korrels wat geval het,+ en in die tweede jaar graan wat vanself opkom; maar in die derde jaar moet julle saad saai en oes en wingerde plant en die vrugte daarvan eet.+
31 En dié van die huis van Juda wat ontkom, dié wat oorbly,+ sal beslis wortelskiet ondertoe en vrugte voortbring boontoe.+
32 Want uit Jerusalem sal ’n oorblyfsel uitgaan,+ en van die berg Sion af dié wat ontkom.+ Die ywer van Jehovah van die leërs sal dit doen.+
33 “‘Daarom, só het Jehovah oor die koning van Assiʹrië gesê:+ “Hy sal nie in hierdie stad inkom nie,+ en ook sal hy nie ’n pyl daarin skiet of met ’n skild daarteen kom of ’n beleëringskans daarteen opwerp nie.”’+
34 “‘Met die pad waarmee hy gekom het, sal hy terugkeer, en in hierdie stad sal hy nie inkom nie’, is die woord van Jehovah.+
35 ‘En ek sal hierdie stad beslis verdedig+ om dit ter wille van my+ en ter wille van my kneg Dawid+ te red.’”
36 En die engel+ van Jehovah het uitgetrek en honderd-vyf-en-tagtigduisend in die kamp van die Assiriërs doodgemaak.+ Toe mense die oggend vroeg opstaan, kyk, toe was hulle almal lyke.+
37 Gevolglik het Sanʹherib,+ die koning van Assiʹrië, weggetrek en gegaan en teruggekeer+ en in Niʹneve+ gaan woon.
38 En toe hy hom in die huis van sy god+ Nisrog+ neerbuig, het Adrammeʹleg en Sareʹser, sy eie seuns, hom met die swaard doodgemaak,+ en hulle het na die land Aʹrarat+ gevlug. En sy seun Esar-Haddon+ het in sy plek begin regeer.