Jesaja 38:1-22

38  In dié dae het Hiskiʹa tot die dood toe siek geword.+ Toe het die profeet Jesaja,+ die seun van Amos, by hom gekom en vir hom gesê: “Só het Jehovah gesê: ‘Gee bevele aan jou huisgesin,+ want jy sal inderdaad sterf en nie lewe nie.’”+  Daarop het Hiskiʹa sy gesig na die muur gedraai+ en tot Jehovah begin bid+  en gesê: “Ek smeek u, o Jehovah, onthou+ asseblief hoe ek in waaragtigheid+ en met ’n volkome hart+ voor u gewandel het+ en gedoen het wat goed was in u oë.” En Hiskiʹa het bitterlik begin huil.+  En die woord+ van Jehovah het toe tot Jesaja gekom en gesê:  “Gaan, en jy moet vir Hiskiʹa sê: ‘Só het Jehovah, die God van jou voorvader Dawid,+ gesê: “Ek het jou gebed gehoor.+ Ek het jou trane gesien.+ Kyk, ek voeg vyftien jaar by jou dae;+  en uit die palm van die koning van Assiʹrië sal ek jou en hierdie stad verlos, en ek sal hierdie stad verdedig.+  En dít is vir jou die teken van Jehovah af dat Jehovah hierdie woord sal uitvoer wat hy gespreek het:+  Kyk, ek laat die skaduwee van die trappies wat weens die son+ op die trappies van die trap van Agas gedaal het, tien trappies teruggaan.”’”+ En die son het geleidelik tien trappies teruggegaan op die trappies waarlangs dit gedaal het.+  ’n Geskrif van Hiskiʹa, die koning van Juda, toe hy siek geword+ en van sy siekte herstel het.+ 10  Ek het gesê: “In die middel van my dae sal ek die poorte+ van Sjeool binnegaan.Ek sal van die res+ van my jare beroof word.” 11  Ek het gesê: “Ek sal Jah, selfs Jah, nie in die land van die lewendes+ sien nie.Ek sal die mensdom nie meer aanskou nie—ek sal wees by die inwoners van die land waar alles tot ’n einde kom. 12  My woonplek is opgebreek+ en van my weggeneem soos die tent van herders.Ek het my lewe opgerol net soos ’n wewer;Ek word van die skeringdrade afgesny.+Van ligdag tot nag bly u my oorlewer.+ 13  Ek het my tot die oggend toe tot bedaring gebring.+Soos ’n leeu, so bly hy al my bene breek;+Van ligdag tot nag bly u my oorlewer.+ 14  Soos die windswael, die tiptol, so bly ek piep;+Ek hou aan koer soos die duif.+My oë het smagtend na die hoogte gekyk:+‘O Jehovah, ek is in verdrukking. Staan vir my in.’+ 15  Wat sal ek spreek, en wat sal hy vir my sê?+Hy het ook opgetree.+Ek wandel al my jare plegtig in die bitterheid van my siel.+ 16  ‘O Jehovah, daarom bly hulle lewe; en soos met almal bestaan die lewe van my gees+ daardeur.En u sal my weer gesond maak en my beslis laat lewe.+ 17  Kyk! Tot vrede het ek gehad wat bitter was, ja, bitter;+En u het aan my siel geheg geraak en dit van die kuil van ontbinding bewaar.+Want u het al my sondes agter u rug gewerp.+ 18  Want Sjeool kan u nie prys nie;+ die dood kan u nie loof nie.+Dié wat in die kuil afdaal, kan nie hoopvol na u waaragtigheid uitsien nie.+ 19  Die lewende, die lewende, hy kan u prys,+Net soos ek vandag kan.+Die vader kan aan sy kinders kennis+ oor u waaragtigheid gee. 20  O Jehovah, neem dit op u om my te red,+ en ons sal my snaarmusiek speel+Al die dae van ons lewe in die huis van Jehovah.’”+ 21  En Jesaja het gesê: “Laat hulle ’n koek van saamgeperste droëvye neem en dit op die sweer invryf,+ sodat hy kan herstel.”+ 22  Intussen het Hiskiʹa gesê: “Wat is die teken dat ek na die huis van Jehovah sal opgaan?”+

Voetnote