Jesaja 39:1-8

39  In dié tyd het Meroʹdag-Baʹladan,+ die seun van Baʹladan, die koning van Babilon,+ briewe en ’n geskenk+ aan Hiskiʹa gestuur, nadat hy gehoor het dat hy siek was maar weer aangesterk het.+  Toe het Hiskiʹa oor hulle bly geword+ en vir hulle sy skathuis gewys,+ die silwer en die goud en die balsemolie+ en die goeie olie en sy hele wapenhuis+ en alles wat onder sy skatte te vinde was. Daar was niks in sy huis+ en in sy hele ryk+ wat Hiskiʹa hulle nie gewys het nie.  Daarna het die profeet Jesaja by koning Hiskiʹa gekom en vir hom gesê:+ “Wat het hierdie manne gesê en waarvandaan het hulle na u toe gekom?” Toe het Hiskiʹa gesê: “Uit ’n ver land het hulle na my toe gekom, uit Babilon.”+  En hy het gesê: “Wat het hulle in u huis gesien?”+ Hierop het Hiskiʹa gesê: “Alles wat in my huis is, het hulle gesien. Daar was niks van my skatte wat ek hulle nie gewys het nie.”  Jesaja het toe vir Hiskiʹa gesê:+ “Hoor die woord van Jehovah van die leërs:  ‘Kyk! Daar kom dae, en alles wat in jou huis is en wat jou voorvaders tot vandag toe opgegaar het, sal na Babilon weggevoer word.’+ ‘Daar sal niks oorbly nie’,+ het Jehovah gesê.  ‘En party van jou seuns wat uit jou sal voortkom, van wie jy vader sal word, sal geneem word+ en hofbeamptes+ in die paleis van die koning van Babilon word.’”+  Daarop het Hiskiʹa vir Jesaja gesê: “Die woord van Jehovah wat u gespreek het, is goed.”+ En hy het verder gesê: “Want vrede en waarheid+ sal in my dae voortduur.”+

Voetnote