Jesaja 4:1-6

4  En sewe vroue sal in dié dag een man gryp+ en sê: “Ons sal ons eie brood eet en ons eie mantels dra; laat jou naam net oor ons genoem word, om ons smaad weg te neem.”+  In dié dag sal wat Jehovah laat uitspruit,+ tot sieraad en tot heerlikheid wees,+ en die vrug van die land sal iets wees om op trots te wees+ en iets pragtigs vir dié van Israel wat ontkom het.+  En van dié wat in Sion oorgebly het en van dié wat in Jerusalem oorgelaat is, sal daar gesê word dat hulle heilig is vir hom,+ elkeen wat vir die lewe in Jerusalem opgeskryf is.+  Wanneer Jehovah die ontlasting van die dogters van Sion+ afgewas het en hy selfs die bloedvergieting+ van Jerusalem daaruit sal wegspoel+ deur die gees van strafgerig en deur die gees van verbranding,+  dan sal Jehovah beslis oor elke vaste plek van die berg Sion+ en oor die bymekaarkomplek daarvan bedags ’n wolk en rook skep, en snags+ die glans van ’n vlammende vuur;+ want oor al die heerlikheid sal daar ’n beskutting wees.+  En daar sal ’n hut wees vir skaduwee bedags teen die droë hitte+ en as ’n toevlug en as ’n skuilplek teen die reënstorm en teen die neerslag.+

Voetnote