Jesaja 40:1-31

40  “Vertroos, vertroos my volk”, sê julle God.+  “SPREEK tot die hart van Jerusalem+ en roep hom toe dat sy krygsdiens vervul is,+ dat sy oortreding afbetaal is.+ Want uit die hand van Jehovah het hy ’n volle maat vir al sy sondes ontvang.”+  Luister! Iemand roep in die wildernis uit:+ “BAAN die weg van Jehovah!+ MAAK die grootpad vir ons God deur die woestynvlakte reguit.+  Laat elke vallei verhoog word+ en elke berg en heuwel plat gemaak word.+ En die bulterige grond sal ’n gelykte word, en die ongelyke grond ’n valleivlakte.+  En die heerlikheid van Jehovah sal beslis geopenbaar word,+ en alle vlees sal dit saam sien,+ want die mond van Jehovah het dit gespreek.”+  Luister! Iemand sê: “Roep uit!”+ En een het gesê: “Wat moet ek uitroep?” “Alle vlees is groen gras, en al hulle liefderyke goedhartigheid is soos die bloeisel van die veld.+  Die groen gras het verdroog, die bloeisel het verwelk,+ want die gees van Jehovah het daarop geblaas.+ Waarlik, die volk is groen gras.+  Die groen gras het verdroog, die bloeisel het verwelk;+ maar wat die woord van ons God betref, dit sal tot onbepaalde tyd bly bestaan.”+  Klim op ’n hoë berg,+ o vrou wat goeie nuus bring vir Sion.+ Verhef jou stem met krag, o vrou wat goeie nuus bring vir Jerusalem.+ Verhef dit. Moenie bang wees nie.+ Sê vir die stede van Juda: “Hier is julle God.”+ 10  Kyk! Die Soewereine Heer Jehovah sal kom as ’n sterke, en sy arm sal vir hom heers.+ Kyk! Sy beloning is by hom,+ en die loon wat hy betaal, is voor hom.+ 11  Soos ’n herder sal hy sy kudde laat wei.+ Met sy arm sal hy die lammers bymekaarbring;+ en in sy boesem sal hy hulle dra.+ Dié wat soog, sal hy met sorg lei.+ 12  Wie het die waters in die holte van sy hand gemeet,+ en die afmetings van die hemel met ’n span geneem,+ en die stof van die aarde in ’n maat ingesluit,+ of die berge met ’n weegtoestel en die heuwels op die weegskaal geweeg? 13  Wie het die afmetings van die gees van Jehovah geneem, en wie kan aan hom as sy raadsman enigiets bekend maak?+ 14  Met wie het hy beraadslaag sodat ’n mens hom sou laat verstaan, of wie leer hom die pad van geregtigheid of leer hom kennis+ of maak aan hom die weg van ware begrip bekend?+ 15  Kyk! Die nasies is soos ’n druppel uit ’n emmer; en soos die stoflagie op die weegskaal is hulle gereken.+ Kyk! Hy lig die eilande+ op soos fyn stof. 16  Selfs die Liʹbanon is nie genoeg om ’n vuur aan die brand te hou nie, en sy wilde diere+ is nie genoeg vir ’n brandoffer nie.+ 17  Al die nasies is voor hom soos iets wat nie bestaan nie;+ as niks en as ’n onwerklikheid is hulle by hom gereken.+ 18  En met wie kan julle God vergelyk,+ en watter gelykenis kan julle naas hom stel?+ 19  Die vakman het ’n gegote beeld gemaak,+ en die metaalwerker trek dit met goud oor,+ en hy smee silwerkettings.+ 20  Hy kies ’n sekere boom as bydrae, ’n boom wat nie verrot is nie.+ Hy soek vir hom ’n vaardige vakman, om ’n gesnede beeld te maak+ wat nie sal wankel nie.+ 21  Weet julle nie? Hoor julle nie? Is dit nie vir julle van die begin af vertel nie? Het julle nie verstaan vandat die fondamente van die aarde gelê is nie?+ 22  Daar is Een wat bo die kring van die aarde woon+—waarvan die bewoners soos sprinkane is—die Een wat die hemel uitspan soos ’n fyn gaas, wat dit uitsprei soos ’n tent om in te woon,+ 23  die Een wat hoë amptenare tot niks maak, wat die regters van die aarde tot ’n blote onwerklikheid gemaak het.+ 24  Nog nooit is hulle geplant nie; nog nooit is hulle gesaai nie; nog nooit het hulle stomp in die grond wortelgeskiet nie.+ En daar hoef maar net op hulle geblaas te word en hulle verdroog;+ en soos stoppels sal die windstorm hulle wegvoer.+ 25  “Maar met wie kan julle my vergelyk sodat ek sy gelyke gemaak sou word?” sê die Heilige.+ 26  “Slaan julle oë op in die hoogte en kyk. Wie het hierdie dinge geskep?+ Die Een wat hulle leër volgens getal uitlei, hulle almal selfs by die naam noem.+ Weens die oorvloed van dinamiese energie,+ en omdat hy sterk in krag is, ontbreek nie een van hulle nie. 27  “Waarom sê jy, o Jakob, en spreek jy, o Israel: ‘My weg is vir Jehovah verborge,+ en geregtigheid teenoor my gaan by my God verby’?+ 28  Het jy dit nie te wete gekom of het jy dit nie gehoor nie?+ Jehovah, die Skepper van die eindes van die aarde, is ’n God tot onbepaalde tyd.+ Hy raak nie moeg of afgemat nie.+ Daar is geen deurgronding van sy verstand nie.+ 29  Hy gee die vermoeide krag;+ en aan die een sonder dinamiese energie+ skenk hy volle sterkte in oorvloed. 30  Seuns sal moeg sowel as afgemat raak, en jong manne sal vir seker struikel, 31  maar dié wat op Jehovah hoop,+ sal nuwe krag kry.+ Hulle sal opvaar met vlerke soos arende.+ Hulle sal hardloop en nie afgemat raak nie; hulle sal loop en nie moeg raak nie.”+

Voetnote