Jesaja 41:1-29

41  “Hoor my stilswyend aan, o eilande;+ en laat volksgroepe+ nuwe krag kry. Laat hulle nader kom.+ Laat hulle in dié tyd praat. Laat ons saam nader kom na die gereg.+  “Wie het iemand van die sonsopgang af verwek?+ Wie het hom in regverdigheid na Sy voete geroep, om die nasies voor hom te gee en om hom selfs konings te laat onderwerp?+ Wie het hulle soos stof aan sy swaard bly gee, sodat hulle met sy boog soos blote stoppels rondgedryf is?+  Wie het hulle agtervolg, vreedsaam te voet voortgetrek met die pad waarlangs hy nie gekom het nie?  Wie was bedrywig+ en het dit gedoen, die geslagte van die begin af geroep?+ “Ek, Jehovah, die Eerste;+ en by die laastes is ek dieselfde.”+  Die eilande+ het gesien en begin vrees. Die eindes van die aarde het begin bewe.+ Hulle het nader gekom en toegestroom.  Hulle het elkeen sy metgesel gehelp en vir sy broer gesê: “Wees sterk.”+  So het die vakman die metaalwerker versterk,+ die een wat met die smeehamer gelykmaak, hom wat op die aambeeld slaan, terwyl hy van die soldeersel sê: “Dit is goed.” Uiteindelik het iemand dit met spykers vasgeslaan sodat dit nie sou wankel nie.+  “Maar jy, o Israel, is my kneg,+ jy, o Jakob, wat ek uitverkies het,+ die saad van my vriend+ Abraham;+  jy, wat ek van die eindes van die aarde af gegryp het,+ en jy, wat ek selfs van die afgeleë dele daarvan geroep het.+ En daarom het ek vir jou gesê: ‘Jy is my kneg;+ ek het jou uitverkies,+ en ek het jou nie verwerp nie.+ 10  Moenie bang wees nie, want ek is met jou.+ Moenie rondkyk nie, want ek is jou God.+ Ek sal jou versterk.+ Ek sal jou werklik help.+ Ek sal jou werklik stewig vashou met my regterhand+ van regverdigheid.’+ 11  “Kyk! Almal wat teen jou driftig raak, sal beskaamd staan en verneder word.+ Die manne wat met jou rusie maak, sal soos niks word en sal vergaan.+ 12  Jy sal hulle soek, maar jy sal hulle nie vind nie, dié manne wat in ’n stryd met jou gewikkel is.+ Hulle sal word soos iets wat nie bestaan nie en soos niks,+ dié manne wat teen jou oorlog voer. 13  Want ek, Jehovah jou God, gryp jou regterhand vas,+ ek wat vir jou sê: ‘Moenie bang wees nie.+ Ek sal jou help.’+ 14  “Moenie bang wees nie, o wurm+ Jakob, manne van Israel.+ Ek sal jou help”, is die woord van Jehovah, ja, jou Terugkoper,+ die Heilige van Israel. 15  “Kyk! Ek het jou ’n dorsslee gemaak,+ ’n nuwe dorswerktuig met tweesnydende tande. Jy sal die berge vertrap en hulle verbrysel; en die heuwels sal jy net soos die kaf maak.+ 16  Jy sal hulle uitwan,+ en ’n wind sal hulle wegvoer,+ en ’n windstorm sal hulle in verskillende rigtings dryf.+ En jy sal bly wees in Jehovah.+ In die Heilige van Israel sal jy oor jouself roem.”+ 17  “Die geteisterdes en die armes soek water,+ maar daar is nie. Van dors+ het hulle tong verdroog.+ Ek, Jehovah, sal hulle antwoord.+ Ek, die God van Israel, sal hulle nie verlaat nie.+ 18  Op kaal heuwels sal ek riviere oopmaak, en in die valleivlaktes fonteine.+ Ek sal die wildernis ’n waterpoel met riete maak, en die waterlose land waterbronne.+ 19  In die wildernis sal ek die sederboom, die akasia en die mirt en die wildeolyfboom sit.+ In die woestynvlakte sal ek terselfdertyd die jenewerboom, die es en die sipres plaas;+ 20  sodat mense kan sien en weet en ag gee en terselfdertyd insig kan hê dat die hand van Jehovah dit gedoen het en die Heilige van Israel dit geskep het.”+ 21  “Bring julle geskil+ voor”, sê Jehovah. “Voer julle argumente aan”,+ sê die Koning van Jakob.+ 22  Voer aan en vertel vir ons wat gaan gebeur. Die eerste dinge—wat dit was—vertel tog, sodat ons ons hart daarop kan rig en die toekoms daarvan kan weet. Of laat ons selfs die toekomstige dinge hoor.+ 23  Vertel die dinge wat later sal kom, sodat ons kan weet dat julle gode is.+ Ja, julle behoort goed of kwaad te doen, sodat ons kan rondkyk en dit terselfdertyd kan sien.+ 24  Kyk! Julle is iets wat nie bestaan nie, en julle werk is niks.+ Verfoeilik is elkeen wat julle uitkies.+ 25  “Ek het iemand uit die noorde verwek, en hy sal kom.+ Van die sonsopgang+ af sal hy my naam aanroep. En hy sal oor onderheersers kom asof hulle klei is+ en soos ’n pottebakker wat die vogtige materiaal trap. 26  “Wie het enigiets van die begin af vertel, sodat ons dit kan weet, of van vergange tye af, sodat ons kan sê: ‘Hy is reg’?+ Waarlik, daar is niemand wat iets vertel nie. Waarlik, daar is niemand wat iets laat hoor nie. Waarlik, daar is niemand wat julle woorde hoor nie.”+ 27  Daar is een wat eerste is, wat vir Sion sê: “Kyk! Hier is hulle!”+ en aan Jerusalem sal ek ’n bringer van goeie nuus gee.+ 28  Ek het bly kyk, en daar was niemand nie; en onder hulle was daar ook niemand wat raad gee nie.+ En ek het hulle bly vra, sodat hulle kon antwoord. 29  Kyk! Hulle is almal iets wat nie bestaan nie. Hulle werke is niks. Hulle gegote beelde is wind en onwerklikheid.+

Voetnote