Jesaja 42:1-25

42  Kyk! My kneg,+ wat ek ondersteun!+ My uitverkorene,+ wat my siel goedgekeur het!+ Ek het my gees in hom geplaas.+ Hy sal geregtigheid vir die nasies voortbring.+  Hy sal nie uitroep of sy stem verhef nie, en op die straat sal hy nie sy stem laat hoor nie.+  ’n Geknakte riet sal hy nie breek nie;+ en ’n dowwe vlaspit sal hy nie uitdoof nie. In waaragtigheid sal hy geregtigheid voortbring.+  Hy sal nie dof raak of geknak word totdat hy geregtigheid op die aarde gevestig het nie;+ en op sy wet sal die eilande bly wag.+  Só het die ware God, Jehovah, gesê, die Skepper van die hemele+ en die Grootse Uitspanner daarvan;+ die Een wat die aarde+ en die opbrengs+ daarvan uitsprei, die Een wat asem+ aan die mense daarop gee,+ en gees aan dié wat daarop wandel:+  “Ek, Jehovah, het jou in regverdigheid geroep,+ en ek het jou hand gevat.+ En ek sal jou bewaar en jou gee as ’n verbond van die volk,+ as ’n lig van die nasies,+  om die blinde oë te open,+ om die gevangene uit die kerker te lei,+ uit die huis van bewaring dié wat in die duisternis sit.+  “Ek is Jehovah. Dit is my naam;+ en aan niemand anders sal ek my heerlikheid gee nie,+ en ook nie my lof+ aan gesnede beelde nie.+  “Die eerste dinge—kyk, dit het gekom,+ maar nuwe dinge kondig ek aan. Voordat dit uitspruit, laat ek julle dit hoor.”+ 10  Sing tot Jehovah ’n nuwe lied,+ sy lof van die einde van die aarde af,+ julle wat afgaan na die see+ en na alles wat dit vul, o eilande en dié wat daarop woon.+ 11  Laat die wildernis+ en sy stede hulle stem verhef, die nedersettings waar Kedar woon.+ Laat die bewoners van die krans+ van vreugde uitroep. Laat mense van die top van die berge af hard uitroep. 12  Laat hulle heerlikheid aan Jehovah toeskryf,+ en laat hulle op die eilande sy lof verkondig.+ 13  Soos ’n sterk man sal Jehovah uittrek.+ Soos ’n krygsman sal hy ywer opwek.+ Hy sal hard uitroep, ja, hy sal ’n oorlogskreet aanhef;+ hy sal toon dat hy magtiger is as sy vyande.+ 14  “Ek het lank stilgebly.+ Ek het geswyg.+ Ek het selfbeheersing bly beoefen.+ Soos ’n vrou wat geboorte gee, gaan ek tegelykertyd kreun, hyg en na asem snak.+ 15  Ek sal berge en heuwels verwoes,+ en al hulle plante sal ek laat verdroog. En ek sal riviere in eilande verander, en rietpoele sal ek laat opdroog.+ 16  En ek sal die blindes laat wandel op ’n weg wat hulle nie geken het nie;+ op ’n pad wat hulle nie geken het nie, sal ek hulle laat loop.+ Ek sal ’n donker plek voor hulle in lig verander,+ en ’n ongelyke terrein in ’n gelykte.+ Dit is die dinge wat ek vir hulle sal doen, en ek sal hulle nie verlaat nie.”+ 17  Dié wat vertroue in die gesnede beeld stel, dié wat vir ’n gegote beeld sê: “Julle is ons gode”,+ hulle sal agteruitwyk, hulle sal diep beskaamd staan.+ 18  Hoor, julle dowes; en kyk om te sien, julle blindes.+ 19  Wie is blind buiten my kneg, en wie is doof soos my boodskapper wat ek stuur? Wie is blind soos die een wat beloon word, of blind soos die kneg van Jehovah?+ 20  Daar was baie dinge om te sien, maar jy het nie daarop bly ag gee nie.+ Daar was rede om die ore te open, maar jy het nie bly luister nie.+ 21  Jehovah het ter wille van sy regverdigheid+ behae daarin geskep om die wet+ groot en luisterryk te maak. 22  Maar dit is ’n beroofde en geplunderde volk,+ wat almal in die gate gevange is, en in die huise van bewaring is hulle verborge gehou.+ Hulle het roofgoed geword sonder ’n verlosser,+ buit sonder iemand wat sê: “Bring terug!” 23  Wie onder julle sal hierna luister? Wie sal aandag skenk en luister vir latere tye?+ 24  Wie het Jakob oorgegee as buit, en Israel aan die rowers? Is dit nie Jehovah nie, die Een teen wie ons gesondig het en in wie se weë hulle nie wou wandel en na wie se wet hulle nie geluister het nie?+ 25  Daarom het Hy woede, sy toorn en die sterkte van oorlog oor hom bly uitstort.+ En dit het hom rondom bly verteer,+ maar hy het geen ag geslaan nie;+ en dit het teen hom bly oplaai, maar hy het niks ter harte geneem nie.+

Voetnote