Jesaja 43:1-28

43  En nou, só het Jehovah gesê, jou Skepper,+ o Jakob, en jou Formeerder,+ o Israel: “Moenie bang wees nie, want ek het jou teruggekoop.+ Ek het jou by jou naam geroep.+ Jy is myne.+  As jy deur die waters trek,+ sal ek met jou wees;+ en deur die riviere, hulle sal jou nie oorstroom nie.+ As jy deur die vuur gaan, sal jy nie geskroei word nie, en ook sal die vlam jou nie brand nie.+  Want ek is Jehovah jou God, die Heilige van Israel, jou Redder.+ Ek het Egipte as losprys vir jou gegee,+ Etiopië+ en Seba in jou plek.  Omdat jy kosbaar was in my oë,+ is jy eerwaardig geag, en ek het jou liefgehad.+ En ek sal mense in jou plek gee, en volksgroepe in die plek van jou siel.+  “Moenie bang wees nie, want ek is met jou.+ Van die sonsopgang af sal ek jou saad bring, en van die sonsondergang af sal ek jou bymekaarmaak.+  Ek sal vir die noorde+ sê: ‘Gee!’ en vir die suide: ‘Moenie terughou nie. Bring my seuns van ver af, en my dogters van die einde van die aarde af,+  almal wat na my naam genoem word+ en wat ek tot my heerlikheid geskep het,+ wat ek geformeer het, ja, wat ek gemaak het.’+  “Bring ’n volk uit wat blind is hoewel daar tog oë is, en dié wat doof is hoewel hulle ore het.+  Laat al die nasies op een plek bymekaargebring word, en laat volksgroepe versamel word.+ Wie onder hulle kan dit vertel?+ Of kan hulle ons selfs die eerste dinge laat hoor?+ Laat hulle hulle getuies bring,+ sodat hulle regverdig verklaar kan word, of laat hulle hoor en sê: ‘Dit is die waarheid!’”+ 10  “Julle is my getuies”,+ sê Jehovah, “ja, my kneg wat ek uitverkies het,+ sodat julle my kan ken+ en geloof in my kan hê,+ en sodat julle kan verstaan dat ek dieselfde is.+ Voor my is geen God geformeer nie,+ en ná my was daar steeds nie een nie.+ 11  Ek—ek is Jehovah,+ en buiten my is daar geen redder nie.”+ 12  “Ek het verkondig en gered en dit laat hoor,+ toe daar geen vreemde god onder julle was nie.+ En julle is my getuies”,+ sê Jehovah, “en ek is God.+ 13  Ook is ek altyd dieselfde;+ en daar is niemand wat verlossing uit my hand bewerkstellig nie.+ Ek sal bedrywig raak,+ en wie kan dit afwend?”+ 14  Só het Jehovah gesê, julle Terugkoper,+ die Heilige van Israel:+ “Ter wille van julle sal ek na Babilon stuur en die grendels van die gevangenisse laat afkom,+ asook die Galdeërs in die skepe met luide gekerm.+ 15  Ek is Jehovah, julle Heilige,+ die Skepper van Israel,+ julle Koning.”+ 16  Só het Jehovah gesê, die Een wat ’n weg deur die see en ’n pad deur sterk waters maak,+ 17  die Een wat die strydwa en die perd, die krygsmag en die sterkes tegelyk laat uittrek:+ “Hulle sal gaan lê.+ Hulle sal nie opstaan nie.+ Hulle sal beslis uitgeblus word.+ Soos ’n vlaspit sal hulle uitgedoof word.”+ 18  “Moenie aan die eerste dinge dink nie, en moenie julle aandag op die vorige dinge rig nie. 19  Kyk! Ek doen iets nuuts.+ Nou sal dit uitspruit. En sal julle dit nie weet nie?+ Waarlik, deur die wildernis sal ek ’n pad maak,+ deur die woestyn riviere.+ 20  Die wilde diere van die veld sal my verheerlik,+ die jakkalse en die volstruise;+ want ek sal water selfs in die wildernis gee, riviere in die woestyn,+ om my volk, my uitverkorene,+ te laat drink, 21  die volk wat ek vir my geformeer het, sodat hulle my lof sal verkondig.+ 22  “Maar jy het my nie aangeroep nie, o Jakob,+ want jy het moeg geword vir my, o Israel.+ 23  Jy het nie vir my die skape van jou heelbrandoffers gebring nie, en met jou offerandes het jy my nie verheerlik nie.+ Ek het jou nie gedwing om my met ’n gawe te dien nie, en ook het ek jou nie met wierook vermoei nie.+ 24  Vir my het jy geen soet riet+ met geld gekoop nie; en met die vet van jou offerandes het jy my nie versadig nie.+ In werklikheid het jy my gedwing om te dien weens jou sondes; jy het my met jou oortredings vermoei.+ 25  “Ek—ek is die Een wat jou oortredings+ om my ontwil+ uitwis,+ en aan jou sondes sal ek nie dink nie.+ 26  Herinner my; laat ons saam in die gerig tree;+ gee jou eie verslag daarvan, sodat jy gelyk kan hê.+ 27  Jou vader, die eerste een, het gesondig,+ en jou woordvoerders het teen my oortree.+ 28  Daarom sal ek die vorste van die heiligdom ontheilig, en ek sal Jakob oorlewer as ’n man wat aan vernietiging oorgegee is en Israel aan smadende woorde.+

Voetnote