Jesaja 44:1-28

44  “En luister nou, o my kneg Jakob,+ en jy, o Israel, wat ek uitverkies het.+  Só het Jehovah gesê, jou Maker+ en jou Formeerder,+ wat jou voortdurend van die moederskoot af gehelp het:+ ‘Moenie bang wees nie,+ o my kneg Jakob, en jy, Jesuʹrun,+ wat ek uitverkies het.  Want ek sal water op die dorstige uitgiet,+ en stroompies op die droë plek.+ Ek sal my gees op jou saad uitstort,+ en my seën op jou nakomelinge.  En hulle sal beslis uitspruit soos tussen die groen gras,+ soos populiere+ by die watervore.  Die een sal sê: “Ek behoort aan Jehovah.”+ En die ander sal homself by die naam van Jakob noem,+ en ’n ander sal op sy hand skryf: “Jehovah s’n.” En by die naam van Israel sal nog ’n ander hom noem.’+  “Só het Jehovah gesê, die Koning van Israel+ en sy Terugkoper,+ Jehovah van die leërs: ‘Ek is die eerste en ek is die laaste,+ en buiten my is daar geen God nie.+  En wie is daar soos ek?+ Laat hom dit uitroep, sodat hy dit kan vertel en aan my kan voorlê.+ Laat hulle van die tyd af dat ek die volk van lank gelede gegrond het,+ die toekomstige dinge vertel sowel as die dinge wat binnekort sal gebeur.  MOENIE in angs verkeer nie, en moenie verbysterd raak nie.+ Het ek jou dit nie van daardie tyd af persoonlik laat hoor en dit aangekondig nie?+ En julle is my getuies.+ Bestaan daar ’n God buiten my?+ Nee, daar is geen Rots nie.+ Ek het geeneen geken nie.’”  Die vormers van die gesnede beeld is almal ’n onwerklikheid,+ en hulle lieflinge sal geen voordeel bring nie;+ en as hulle getuies sien hulle niks en weet hulle niks,+ sodat hulle beskaamd staan.+ 10  Wie het ’n god gevorm of ’n gegote beeld gemaak?+ Dit het hoegenaamd geen voordeel gebring nie.+ 11  Kyk! Al sy metgeselle sal beskaamd staan,+ en die vakmanne is uit die mense. Hulle sal almal bymekaarkom.+ Hulle sal stilstaan. Hulle sal in angs verkeer. Hulle sal terselfdertyd beskaamd staan.+ 12  Wat die ystersmid met die snywerktuig betref, hy was daarmee besig by die kole; en met die hamers vorm hy dit, en hy bly daarmee besig met sy kragtige arm.+ Ook het hy honger geword, en dus sonder krag. Hy het nie water gedrink nie; dus word hy moeg. 13  Wat die houtsnyer betref, hy het die meetsnoer gespan; hy trek dit af met rooi kryt; hy bewerk dit met ’n houtskraper; en met ’n passer trek hy dit af, en geleidelik maak hy dit soos die afbeelding van ’n man,+ na die skoonheid van ’n mens, om in ’n huis te woon.+ 14  Daar is een wie se werk dit is om seders af te kap; en hy neem ’n sekere soort boom, ja, ’n groot boom, en hy laat dit vir hom sterk word onder die bome van die woud.+ Hy het die lourierboom geplant, en die stortreën laat dit groot word. 15  En dit het vir die mens iets geword om ’n vuur mee aan die brand te hou. Hy neem dus ’n deel daarvan om hom warm te maak. Ja, hy maak ’n vuur en bak brood. Ook werk hy aan ’n god waarvoor hy hom kan neerbuig.+ Hy het ’n gesnede beeld daarvan gemaak,+ en hy werp hom daarvoor neer. 16  Die helfte daarvan verbrand hy in ’n vuur. Op die helfte daarvan braai hy die vleis wat hy eet goed gaar, en hy word versadig. Ook maak hy hom warm en sê: “Ha! Ek het my warm gemaak. Ek het die vuurgloed gesien.” 17  Maar van die res maak hy ’n god, sy gesnede beeld. Hy werp hom daarvoor neer en buig en bid tot die beeld en sê: “Verlos my, want u is my god.”+ 18  Hulle weet niks,+ en ook verstaan hulle nie,+ want hulle oë is toegesmeer, sodat hulle nie sien nie,+ hulle hart, sodat hulle geen insig het nie.+ 19  En niemand laat sy hart daaraan dink+ of het kennis of verstand+ om te sê nie: “Die helfte daarvan het ek in ’n vuur verbrand, en op die kole daarvan het ek ook brood gebak; ek braai vleis en eet. Maar sal ek van die res iets verfoeiliks maak?+ Sal ek my voor die uitgedroogde hout van ’n boom neerwerp?” 20  Hy eet as.+ Sy misleide hart het hom op ’n dwaalspoor gebring.+ En hy verlos nie sy siel nie, en ook sê hy nie: “Is daar nie ’n leuen in my regterhand nie?”+ 21  “Dink aan hierdie dinge, o Jakob,+ en jy, o Israel, want jy is my kneg.+ Ek het jou geformeer.+ Jy is ’n kneg wat aan my behoort. O Israel, ek sal jou nie vergeet nie.+ 22  Ek sal jou oortredings uitwis soos met ’n wolk,+ en jou sondes soos met ’n wolkmassa. Keer tog terug tot my,+ want ek sal jou terugkoop.+ 23  “Roep met vreugde uit, o hemele,+ want Jehovah het opgetree!+ Roep triomfantlik uit,+ o diepste dele van die aarde!+ Word vrolik, o berge,+ met vreugdegeroep, o woud en al die bome daarin! Want Jehovah het Jakob teruggekoop, en in Israel vertoon hy sy luisterrykheid.”+ 24  Só het Jehovah gesê, jou Terugkoper+ en jou Formeerder van die moederskoot af: “Ek, Jehovah, doen alles, ek alleen span die hemel uit,+ sprei die aarde uit.+ Wie was by my? 25  Ek verydel die tekens van leë praatjiesmakers, en dit is Ek wat waarsêers waansinnig laat optree;+ wat wyses agteruit laat wyk en wat selfs hulle kennis in dwaasheid verander;+ 26  wat die woord van sy kneg laat bewaarheid word, en wat die raad van sy boodskappers ten volle uitvoer;+ wat van Jerusalem sê: ‘Dit sal bewoon word’,+ en van die stede van Juda: ‘Hulle sal herbou word,+ en sy verwoeste plekke sal ek oprig’;+ 27  wat vir die waterdiepte sê: ‘Verdamp; en al jou riviere sal ek laat opdroog’;+ 28  wat van Kores+ sê: ‘Hy is my herder, en alles wat my behaag, sal hy ten volle uitvoer’;+ selfs wat ek van Jerusalem sê: ‘Dit sal herbou word’, en van die tempel: ‘Jou fondament sal gelê word.’”+

Voetnote