Jesaja 45:1-25

45  Só het Jehovah vir sy gesalfde,+ vir Kores, gesê, wie se regterhand ek gevat het+ om nasies voor hom te onderwerp,+ sodat ek selfs die heupe van konings kan ontgord; om voor hom die tweevleueldeure oop te maak, sodat die poorte nie gesluit sal wees nie:  “Ek sal voor jou uit gaan,+ en die bulte sal ek gelykmaak.+ Die koperdeure sal ek verbreek en die ystergrendels stukkend slaan.+  En ek sal jou die skatte+ in die duisternis gee en die verborge skatte in die skuilplekke, sodat jy kan weet dat ek Jehovah is, die Een wat jou by jou naam roep,+ die God van Israel.  Ter wille van my kneg Jakob en van Israel, my uitverkorene,+ het ek jou by jou naam geroep; ek het jou ’n erenaam gegee, hoewel jy my nie geken het nie.+  Ek is Jehovah, en daar is geen ander nie.+ Buiten my is daar geen God nie.+ Ek sal jou styf omgord, hoewel jy my nie geken het nie,  sodat mense van die opgang van die son en van sy ondergang af kan weet dat daar buiten my geeneen is nie.+ Ek is Jehovah, en daar is geen ander nie.+  Die Een wat die lig formeer+ en die duisternis skep,+ wat vrede maak+ en rampspoed skep:+ Ek, Jehovah, doen al hierdie dinge.+  “O hemele, laat dit drup van bo af;+ en laat die bewolkte lug drup van regverdigheid.+ Laat die aarde oopgaan, en laat dit vrugbaar wees met redding en terselfdertyd regverdigheid laat uitspruit.+ Ek, Jehovah, het dit geskep.”+  Wee hom wat met sy Formeerder getwis het,+ soos ’n erdeskerf met die ander erdeskerwe van die grond! Moet die klei+ vir sy vormer sê: “Wat maak jy?” En jou werk: “Hy het geen hande nie”? 10  Wee hom wat vir ’n vader sê: “Waarvan word u ’n vader?” en vir die vrou: “Waarvan het u geboortepyne?”+ 11  Só het Jehovah gesê, die Heilige van Israel+ en sy Formeerder:+ “Vra my selfs oor die toekomstige dinge+ aangaande my kinders;+ en aangaande die werk+ van my hande moet julle my bevel gee. 12  Ek het die aarde gemaak+ en selfs die mens daarop geskep.+ Ek—my hande het die hemel uitgespan,+ en aan die hele leër daarvan het ek bevel gegee.”+ 13  “Ek het iemand in regverdigheid verwek,+ en al sy weë sal ek gelykmaak.+ Dit is hy wat my stad sal bou,+ en dié wat aan my behoort en in ballingskap is, sal hy laat gaan,+ nie vir ’n prys+ of vir ’n omkoopgeskenk nie”, het Jehovah van die leërs gesê. 14  Só het Jehovah gesê: “Die onbetaalde arbeiders van Egipte+ en die koopmanne van Etiopië en die Sabeërs,+ lang manne,+ sal na jou toe oorkom, en hulle sal joune word.+ Agter jou sal hulle loop; in boeie+ sal hulle oorkom, en voor jou sal hulle hulle neerbuig.+ Tot jou sal hulle bid en sê: ‘God is inderdaad in eenheid met jou,+ en daar is geen ander nie; daar is geen ander God nie.’”+ 15  Waarlik, u is ’n God wat u verborge hou,+ die God van Israel, ’n Redder.+ 16  Hulle almal sal beslis beskaamd staan en ook verneder word. Die vervaardigers van afgodsgestaltes sal saam in vernedering+ moet wandel. 17  Wat Israel betref, hy sal beslis in eenheid met Jehovah gered word+ met ’n redding vir onbepaalde tye.+ Julle sal nie beskaamd staan+ of verneder word+ vir die onbepaalde tye van die ewigheid nie. 18  Want só het Jehovah gesê, die Skepper van die hemele,+ Hy, die ware God,+ die Formeerder van die aarde en die Maker daarvan,+ Hy, wat dit stewig gevestig het,+ wat dit nie verniet geskep het nie, wat dit gevorm het om bewoon te word:+ “Ek is Jehovah, en daar is geen ander nie.+ 19  Ek het nie in ’n verborge plek, in ’n donker plek van die aarde, gespreek nie;+ ook het ek nie vir die saad van Jakob gesê: ‘SOEK my verniet’ nie.+ Ek is Jehovah, wat spreek wat regverdig is, wat vertel wat reg is.+ 20  “Versamel julle en kom.+ Kom almal nader, julle wat uit die nasies ontkom het.+ Dié wat die hout van hulle gesnede beeld dra, het geen kennis bekom nie, ook nie dié wat bid tot ’n god wat nie kan red nie.+ 21  Lê julle verslag en julle aanbieding voor.+ Ja, laat hulle in eenheid beraadslaag. Wie het dit van ouds af laat hoor?+ Wie het dit van daardie tyd af vertel?+ Is dit nie ek, Jehovah, buiten wie daar geen ander God is nie;+ ’n regverdige God en ’n Redder,+ terwyl daar geeneen buiten my is nie?+ 22  “Wend julle tot my en word gered,+ almal aan die eindes van die aarde; want ek is God, en daar is geen ander nie.+ 23  By myself het ek gesweer+—uit my mond het die woord in regverdigheid uitgegaan,+ sodat dit nie sal terugkeer nie+—voor my sal elke knie buig,+ by my sal elke tong sweer+ 24  en sê: ‘Waarlik, in Jehovah is daar volle regverdigheid en sterkte.+ Almal wat teen hom driftig raak, sal reguit na hom toe kom en beskaamd staan.+ 25  In Jehovah sal die hele saad+ van Israel reg wees+ en oor hulleself roem.’”+

Voetnote