Jesaja 46:1-13

46  Bel+ het vooroor gebuig,+ Nebo staan krom; hulle afgode+ is vragte vir die wilde diere en vir die mak diere, bagasie, ’n vrag vir die moeë diere.  Hulle sal krom staan; hulle sal almal vooroor buig; hulle kan eenvoudig nie aan die vrag ontkoming verskaf nie,+ maar hulle siel sal in gevangenskap gaan.+  “Luister na my, o huis van Jakob, en alle oorblywendes van die huis van Israel,+ julle wat van die moederskoot af deur my opgeneem is, wat van die moederskoot af gedra is.+  Selfs tot die ouderdom toe is ek dieselfde;+ en tot die grysheid toe sal ek julle ondersteun.+ Ek sal gewis optree,+ sodat ek julle kan dra en sodat ek julle kan ondersteun en ontkoming kan verskaf.+  “Met wie sal julle my vergelyk+ of my gelykstel of teen wie sal julle my opweeg dat ons ’n ooreenkoms met mekaar sou toon?+  Daar is dié wat die goud kwistig uit die beurs uitgooi, en met die balansarm weeg hulle die silwer af. Hulle huur ’n metaalwerker, en hy maak ’n god daarvan.+ Hulle werp hulle neer, ja, hulle buig hulle neer.+  Hulle dra hom op die skouer,+ hulle ondersteun hom en sit hom op sy plek neer, sodat hy daar kan staan. Hy wyk nie van sy staanplek nie.+ Iemand roep hom, maar hy antwoord nie; uit sy benoudheid red hy hom nie.+  “Dink hieraan, sodat julle moed kan bymekaarskraap. Neem dit ter harte,+ julle oortreders.+  Dink aan die eerste dinge van lank gelede,+ dat ek God+ is en dat daar geen ander God is nie,+ en ook niemand soos ek nie;+ 10  wat van die begin af die uiteinde verkondig,+ en van ouds af die dinge wat nog nie gedoen is nie;+ wat sê: ‘My besluit sal bly staan,+ en alles wat my behaag, sal ek doen’;+ 11  wat van die sonsopgang af ’n roofvoël roep,+ uit ’n ver land die man om my besluit uit te voer.+ Ek het dit gespreek; ek sal dit ook laat kom.+ Ek het daaraan vorm gegee, ek sal dit ook doen.+ 12  “Luister na my, julle wat kragtig van hart is,+ julle wat ver van regverdigheid af is.+ 13  Ek het my regverdigheid naby gebring.+ Dit is nie ver weg nie,+ en my redding sal nie laat wees nie.+ En ek sal in Sion redding gee, aan Israel my prag.”+

Voetnote