Jesaja 47:1-15

47  Kom af en gaan sit in die stof,+ o maagdelike dogter van Babilon.+ Gaan sit op die grond waar daar geen troon is nie,+ o dogter van die Galdeërs.+ Want jy sal nie weer deur mense delikaat en verwen genoem word nie.+  Neem ’n handmeul+ en maal meel. Lig jou sluier+ op. Trek die los kleed uit.+ Ontbloot die been.+ Trek deur die riviere.  Jy behoort jou naaktheid te ontbloot.+ Ook behoort jou smaad gesien te word.+ Ek sal wraak neem,+ en ek sal geen mens goedgunstig tegemoetgaan nie.  “Daar is Iemand wat ons terugkoop.+ Jehovah van die leërs is sy naam,+ die Heilige van Israel.”+  Gaan sit stilswyend+ en kom in die duisternis,+ o dogter van die Galdeërs;+ want jy sal nie weer deur die mense Gebiedster+ van Koninkryke genoem word nie.+  Ek het verontwaardig geraak teenoor my volk.+ Ek het my erfdeel+ ontheilig, en ek het hulle in jou hand gegee.+ Jy het aan hulle geen barmhartigheid bewys nie.+ Op die ou man het jy jou juk baie swaar gemaak.+  En jy het bly sê: “Tot onbepaalde tyd sal ek Gebiedster wees,+ vir ewig.” Jy het nie hierdie dinge ter harte geneem nie; jy het nie aan die uiteinde van die saak gedink nie.+  Hoor dan nou dit, jou genotsieke vrou wat in veiligheid sit,+ wat in haar hart sê: “Ek is, en daar is niemand anders nie.+ Ek sal nie as weduwee sit nie, en ek sal nie die verlies van kinders ken nie.”+  Maar oor jou sal hierdie twee dinge skielik, op een dag,+ kom: die verlies van kinders en weduweeskap. In volle maat sal hulle oor jou kom,+ weens die oorvloed van jou towerye, weens die volle sterkte van jou towerspreuke—in die hoogste mate.+ 10  En jy het voortdurend op jou slegtheid vertrou.+ Jy het gesê: “Niemand sien my nie.”+ Jou wysheid en jou kennis+—dit het jou verlei; en jy bly in jou hart sê: “Ek is, en daar is niemand anders nie.” 11  En oor jou sal rampspoed kom; jy sal geen beswering daarteen ken nie. En teëspoed sal jou oorval;+ jy sal dit nie kan afweer nie. En daar sal skielik+ ’n verwoesting oor jou kom wat jy nie ken nie. 12  Gaan maar aan met jou towerspreuke en met die oorvloed van jou towerye,+ waarmee jy van jou jeug af geswoeg het; sodat jy miskien daarby baat kan vind, sodat jy miskien by mense ontsag kan inboesem. 13  Jy het moeg geword weens die veelheid van jou raadgewers. Laat hulle nou opstaan en jou red, die aanbidders van die hemel, die sterrekykers,+ dié wat met nuwemaan bekend maak wat oor jou sal kom. 14  Kyk! Hulle het soos stoppels geword.+ ’n Vuur sal hulle beslis verbrand.+ Hulle sal nie hulle siel+ uit die mag van die vlam verlos nie.+ Daar sal geen houtskoolgloed wees vir mense om hulle by warm te maak nie, geen vuurgloed om voor te sit nie. 15  So sal hulle beslis vir jou word, met wie jy geswoeg het as jou besweerders+ van jou jeug af. Hulle sal dwaal, elkeen na sy eie streek. Daar sal niemand wees om jou te red nie.+

Voetnote