Jesaja 48:1-22

48  Hoor dit, o huis van Jakob, julle wat julleself by die naam van Israel+ noem en wat uit die waters van Juda+ voortgekom het, julle wat by die naam van Jehovah sweer+ en wat van die God van Israel melding maak,+ nie in waarheid nie en nie in regverdigheid nie.+  Want hulle het hulleself dié genoem wat uit die heilige stad+ kom, en op die God van Israel het hulle gesteun,+ Jehovah van die leërs is sy naam.+  “Die eerste dinge het ek van daardie tyd af vertel, en uit my mond het hulle uitgegaan, en ek het dit voortdurend laat hoor.+ Skielik het ek opgetree, en die dinge het gekom.+  Omdat ek weet dat jy hard is+ en dat jou nek ’n ystersening+ en jou voorkop koper is,+  het ek jou dit ook van daardie tyd af bly vertel. Voordat dit kon kom, het ek jou dit laat hoor,+ sodat jy nie kon sê: ‘My afgod het dit gedoen, en my gesnede beeld en my gegote beeld het dit beveel’ nie.+  Jy het gehoor.+ Aanskou dit alles.+ Sal julle dit nie vertel nie?+ Ek laat jou van nou af nuwe dinge hoor, ja, dinge wat teruggehou is, wat jy nie geweet het nie.+  Nou sal hulle geskep word, en nie van daardie tyd af nie, ja, dinge wat jy voor vandag nie gehoor het nie, sodat jy nie kan sê: ‘Kyk! Ek het dit reeds geweet’ nie.+  “Wat meer is, jy het nie gehoor nie,+ ook het jy nie geweet nie, en ook is jou oor van daardie tyd af nie geopen nie. Want ek weet goed dat jy vir seker verraderlik bly handel het,+ en ’n ‘oortreder van die moederskoot af’ is jy genoem.+  Ter wille van my naam sal ek my toorn inhou,+ en ter wille van my lof sal ek my teenoor jou bedwing, sodat jy nie uitgeroei word nie.+ 10  Kyk! Ek het jou gelouter, maar nie soos silwer nie.+ Ek het jou gekies in die smeltoond van ellende.+ 11  Om my ontwil, om my ontwil sal ek optree,+ want hoe kan ek my laat ontheilig?+ En aan niemand anders sal ek my heerlikheid gee nie.+ 12  “Luister na my, o Jakob, en Israel, my geroepene. Ek is dieselfde.+ Ek is die eerste.+ Ook is ek die laaste.+ 13  Ook het my hand die fondament van die aarde gelê+ en my regterhand die hemel uitgesprei.+ Ek roep hulle, sodat hulle saam sal bestaan.+ 14  “Kom bymekaar, julle almal, en hoor.+ Wie onder hulle het hierdie dinge vertel? Jehovah het hom liefgehad.+ Hy sal doen wat hom behaag ten opsigte van Babilon,+ en sy arm sal teen die Galdeërs wees.+ 15  Ek—ek het gespreek. Ook het ek hom geroep.+ Ek het hom laat kom, en sy weg sal suksesvol gemaak word.+ 16  “KOM nader na my toe. Hoor dit. Van die begin af het ek geensins in ’n verborge plek gespreek nie.+ Van die tyd af dat dit gebeur het, was ek daar.” En nou het die Soewereine Heer Jehovah my gestuur, ja, sy gees.+ 17  Só het Jehovah gesê, jou Terugkoper,+ die Heilige van Israel:+ “Ek, Jehovah, is jou God, die Een wat jou leer om jouself te bevoordeel,+ die Een wat jou laat loop op die weg wat jy moet bewandel.+ 18  Ag, as jy maar aan my gebooie aandag sal skenk!+ Dan sal jou vrede net soos ’n rivier word,+ en jou regverdigheid soos die golwe van die see.+ 19  En jou nageslag sal net soos die sand word, en die nakomelinge uit jou liggaam soos die korrels daarvan.+ Sy naam sal nie uitgeroei of verdelg word voor my nie.”+ 20  GAAN UIT Babilon uit!+ Vlug weg van die Galdeërs+ af. Verkondig dit met die geluid van vreugdegeroep, laat dit hoor.+ Laat dit tot aan die einde van die aarde uitgaan.+ Sê: “Jehovah het sy kneg Jakob teruggekoop.+ 21  En hulle het nie dors geword+ toe hy hulle selfs deur verwoeste plekke laat gaan het nie.+ Hy het vir hulle water uit die rots laat uitvloei, en hy het ’n rots gekloof sodat die water uitgestroom het.”+ 22  “Daar is geen vrede”, het Jehovah gesê, “vir die goddeloses nie.”+

Voetnote