Jesaja 49:1-26

49  Luister na my, o eilande,+ en skenk aandag, o volksgroepe wat ver is.+ Jehovah het my selfs van die moederskoot+ af geroep.+ Toe ek in die liggaam van my moeder was, het hy my naam vermeld.+  En hy het my mond soos ’n skerp swaard gemaak.+ In die skaduwee+ van sy hand het hy my weggesteek.+ En hy het my geleidelik ’n skerp pyl gemaak. Hy het my in sy pylkoker verberg.  En hy het vir my gesê: “Jy is my kneg, o Israel,+ jy, in wie ek my luisterrykheid sal vertoon.”+  Maar wat my betref, ek het gesê: “Ek het verniet geswoeg.+ Vir onwerklikheid en nietigheid het ek my krag opgebruik.+ Waarlik, my reg is by Jehovah,+ en my loon by my God.”+  En nou het Jehovah, die Een wat my van die moederskoot af gevorm het as ’n kneg wat aan hom behoort,+ gesê dat ek Jakob na hom toe moet terugbring,+ sodat Israel by hom versamel kan word.+ En ek sal verheerlik word in die oë van Jehovah, en my God sal my sterkte wees.  En hy het gesê: “Dit was nie net ’n geringe saak vir jou om my kneg te word om die stamme van Jakob op te rig en om selfs dié van Israel wat bewaar is, terug te bring nie;+ ek het jou ook as ’n lig van die nasies gegee,+ sodat my redding tot aan die einde van die aarde sou reik.”+  Só het Jehovah, die Terugkoper van Israel,+ sy Heilige, gesê vir hom wat in die siel verag word,+ vir hom wat deur die nasie verfoei word,+ vir die kneg van heersers:+ “Konings sal dit sien en beslis opstaan,+ en vorste, en hulle sal hulle neerbuig weens Jehovah, wat getrou is,+ die Heilige van Israel, wat jou uitverkies.”+  Só het Jehovah gesê: “In ’n tyd van welwillendheid het ek jou geantwoord,+ en in ’n dag van redding het ek jou gehelp;+ en ek het jou deurentyd bewaar, sodat ek jou as ’n verbond vir die volk sou kon gee,+ om die land te herstel,+ om die verwoeste erfbesittings weer in besit te laat neem,+  om vir die gevangenes+ te sê: ‘Kom uit!’+ vir dié wat in die duisternis is:+ ‘Kom te voorskyn!’+ Langs die paaie sal hulle wei, en op al die gebaande weë sal hulle weiding wees.+ 10  Hulle sal nie honger+ of dors+ kry nie, en ook sal die verskroeiende hitte of die son hulle nie steek nie.+ Want die Een wat hom oor hulle ontferm, sal hulle lei,+ en hy sal hulle by die waterfonteine langs bring.+ 11  En ek sal al my berge ’n pad maak, en my grootpaaie sal op ’n hoogte wees.+ 12  Kyk! Hulle sal van ver af kom,+ en kyk! húlle uit die noorde+ en uit die weste+, en húlle uit die land Sinim.” 13  Roep met vreugde uit, o hemele,+ en wees bly, o aarde.+ Laat die berge vrolik word met vreugdegeroep.+ Want Jehovah het sy volk vertroos,+ en hy ontferm hom oor sy geteisterdes.+ 14  Maar Sion het bly sê: “Jehovah het my verlaat,+ en Jehovah het my vergeet.”+ 15  Kan ’n vrou haar suigeling vergeet sodat sy haar nie oor die seun van haar moederskoot ontferm nie?+ Selfs hierdie vroue kan vergeet,+ maar ek sal jou nie vergeet nie.+ 16  Kyk! In my palms het ek jou gegraveer.+ Jou mure is voortdurend voor my.+ 17  Jou seuns het hulle gehaas. Dié wat jou afbreek en jou verwoes, sal uit jou wegtrek. 18  Slaan jou oë rondom op en kyk. Hulle is almal bymekaargebring.+ Hulle het na jou toe gekom. “So waar as ek lewe”, is die woord van Jehovah,+ “met hulle almal sal jy jou beklee soos met sierade, en jy sal hulle ombind soos ’n bruid.+ 19  Hoewel jou verwoeste plekke en jou verlate plekke en die land van jou puinhope daar is,+ hoewel jy nou vir inwoners te klein is, en dié wat jou insluk, ver weg was,+ 20  sal die kinders van jou beroofde toestand+ tog voor jou ore sê: ‘Die plek het vir my te klein geword.+ Maak tog vir my plek, sodat ek kan woon.’+ 21  En jy sal vir seker in jou hart sê: ‘Wie het vir my die vader van hierdie kinders geword, aangesien ek ’n vrou is wat van kinders beroof en onvrugbaar is, wat verban en gevange geneem is?+ Wat hulle betref, wie het hulle grootgemaak?+ Kyk! Ek is alleen agtergelaat.+ Hulle—waar was hulle?’”+ 22  Só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: “Kyk! Ek sal my hand na die nasies ophef,+ en vir die volke sal ek my baken oprig.+ En hulle sal jou seuns in die boesem bring, en op die skouer sal hulle jou dogters dra.+ 23  En konings sal vir jou oppassers word,+ en hulle vorstinne versorgsters vir jou. Met die gesig na die aarde sal hulle hulle voor jou neerbuig,+ en die stof van jou voete sal hulle oplek;+ en jy sal moet weet dat ek Jehovah is, oor wie dié wat op my hoop, nie beskaamd sal staan nie.”+ 24  Kan dié wat reeds geneem is, van ’n sterk man afgeneem word,+ of kan die groep gevangenes van die tiran ontvlug?+ 25  Maar só het Jehovah gesê: “Selfs die groep gevangenes van die sterk man sal weggeneem word,+ en dié wat reeds deur die tiran geneem is, sal ontvlug.+ En met enigiemand wat met jou twis, sal ek twis,+ en jou kinders sal ek red.+ 26  En ek sal dié wat jou sleg behandel, hulle eie vlees laat eet; en van hulle eie bloed sal hulle dronk word soos van soet wyn. En alle vlees sal moet weet dat ek, Jehovah,+ jou Redder+ en jou Terugkoper+ is, die Magtige van Jakob.”+

Voetnote