Jesaja 5:1-30

5  Laat my asseblief vir my geliefde ’n lied van my beminde oor sy wingerd sing.+ My geliefde het ’n wingerd op ’n vrugbare heuwelhang in besit gekry.  En hy het dit omgespit en die klippe daaruit verwyder en dit met ’n uitgesoekte rooi wingerdstok beplant en ’n toring in die middel daarvan gebou.+ En hy het ook ’n wynpers daarin uitgekap.+ En hy het bly hoop dat dit druiwe sou voortbring,+ maar dit het mettertyd wilde druiwe voortgebring.+  “En nou, o inwoners van Jerusalem en manne van Juda, oordeel asseblief tussen my en my wingerd.+  Wat kan daar nog vir my wingerd gedoen word wat ek nie reeds daarin gedoen het nie?+ Waarom het ek gehoop dat dit druiwe sou voortbring, maar het dit mettertyd wilde druiwe voortgebring?  En nou, laat ek asseblief aan julle bekend maak wat ek met my wingerd doen: Sy heining sal verwyder word,+ en dit sal tot verbranding bestem wees.+ Sy klipmuur sal afgebreek word, en dit sal bestem wees om ’n plek van vertrapping te word.+  En ek sal dit iets maak wat vernietig is.+ Dit sal nie gesnoei of geskoffel word nie.+ En doringbosse en onkruid sal daarin opkom;+ en ek sal die wolke beveel om geen reën daarop te laat val nie.+  Want die wingerd+ van Jehovah van die leërs is die huis van Israel, en die manne van Juda is die plantasie waarvoor hy lief was.+ En hy het bly hoop op reg,+ maar kyk! wetsverbreking; op regverdigheid, maar kyk! ’n geskreeu.”+  Wee dié wat huis aan huis voeg,+ en dié wat veld aan veld heg totdat daar geen plek meer is nie+ en julle die enigste inwoners in die land geword het!  In my ore het Jehovah van die leërs gesweer dat baie huise, hoewel groot en goed, ’n algehele voorwerp van verbasing sal word, sonder bewoner.+ 10  Want selfs tien akker+ wingerd sal maar een bat+ oplewer, en selfs ’n homer saad sal maar ’n efa+ oplewer. 11  Wee dié wat vroeg in die oggend opstaan sodat hulle net sterk drank kan soek,+ wat tot laat in die aandskemering draal sodat die wyn hulle verhit!+ 12  En daar sal harp en snaarinstrument, tamboeryn en fluit en wyn by hulle feeste wees;+ maar na die dade van Jehovah kyk hulle nie, en die werk van sy hande het hulle nie gesien nie.+ 13  Daarom sal my volk weens gebrek aan kennis+ in ballingskap moet gaan; en hulle heerlikheid sal verhongerde manne wees,+ en hulle menigte sal versmag van dors.+ 14  Daarom het Sjeool sy siel ruim gemaak en sy mond oneindig wyd oopgemaak;+ en wat pragtig is in die stad, ook sy menigte en sy rumoer en die een wat uitgelate is, sal beslis daarin afdaal.+ 15  En die mens sal neergebuig word en die man sal verlaag word, en selfs die oë van dié wat hoog is, sal verlaag word.+ 16  En Jehovah van die leërs sal hoog word deur die strafgerig,+ en die ware God, die Heilige,+ sal homself beslis heilig deur regverdigheid.+ 17  En die lammers sal wei soos op hulle weiveld; en van die verlate plekke van vetgevoerde diere sal inwonende vreemdelinge eet.+ 18  Wee dié wat die oortreding met toue van onwaarheid trek, en die sonde soos met wa-toue;+ 19  dié wat sê: “Laat sy werk gou maak; laat dit tog gou kom, sodat ons dit kan sien; en laat die raad van die Heilige van Israel naby wees en kom, sodat ons dit kan ken!”+ 20  Wee dié wat sê dat goed sleg is en sleg goed,+ dié wat die duisternis lig maak en die lig duisternis, dié wat bitter soet maak en soet bitter!+ 21  Wee dié wat in hulle eie oë wys en voor hulle eie aangesig verstandig is!+ 22  Wee dié wat sterk is wanneer dit by wyndrinkery kom en die manne met lewenskragtigheid om sterk drank te meng,+ 23  dié wat die goddelose vir ’n omkoopgeskenk regverdig verklaar+ en wat die regverdige selfs sy regverdigheid ontneem!+ 24  Daarom, net soos ’n vuurtong die stoppels verteer+ en verdorde gras in die vlamme wegsink, sal hulle wortelstok soos ’n mufreuk word,+ en hulle bloeisel sal soos poeier opstuif, omdat hulle die wet van Jehovah van die leërs verwerp het+ en die woord van die Heilige van Israel geminag het.+ 25  Daarom het die toorn van Jehovah teen sy volk ontvlam, en hy sal sy hand teen hulle uitsteek en hulle slaan.+ En die berge sal in beroering wees,+ en hulle lyke sal soos die afval op die strate word.+ Met die oog op dit alles het sy toorn nie gewyk nie, maar bly sy hand uitgesteek. 26  En hy het ’n baken opgerig vir ’n groot nasie wat ver is,+ en hy het vir hom daar aan die einde van die aarde gefluit;+ en kyk! in haas sal hy vinnig kom.+ 27  Daar is geen vermoeide en ook niemand wat struikel onder hulle nie. Niemand is lomerig nie en niemand slaap nie. En die gordel om hulle lendene sal beslis nie losgemaak word nie, en ook sal die rieme van hulle sandale nie in twee gebreek word nie; 28  want hulle pyle is skerp en al hulle boë is gespan.+ Die hoewe van hulle perde sal as vuurklip beskou moet word+ en hulle wiele as ’n stormwind.+ 29  Hulle gebrul is soos dié van ’n leeu, en hulle brul soos jong maanhaarleeus.+ En hulle sal grom en die prooi gryp en dit veilig wegbring, en daar sal geen verlosser wees nie.+ 30  En hulle sal in dié dag daaroor grom soos met die gegrom van die see.+ En ’n mens sal na die land staar, en kyk! daar is angswekkende duisternis;+ en selfs die lig het donker geword weens die druppels wat daarop val.

Voetnote