Jesaja 50:1-11

50  Só het Jehovah gesê: “Waar is die skeibrief+ dan van julle moeder, wat ek weggestuur het?+ Of aan wie van my skuldeisers het ek julle verkoop?+ Kyk! Weens julle ongeregtighede+ is julle verkoop, en weens julle oortredings is julle moeder weggestuur.+  Waarom was daar niemand toe ek gekom het nie?+ Waarom het niemand geantwoord toe ek geroep het nie?+ Het my hand in werklikheid so kort geword dat dit nie kan verlos nie,+ of is daar in my geen krag om te bevry nie? Kyk! Met my bestrawwing+ laat ek die see opdroog;+ ek maak riviere ’n wildernis.+ Hulle visse stink omdat daar geen water is nie, en hulle sterf van dors.+  Ek beklee die hemel met donkerte,+ en ek bedek dit met saklinne.”+  Die Soewereine Heer Jehovah het my die tong gegee van dié wat geleer is,+ sodat ek kan weet hoe om die vermoeide met ’n woord te antwoord.+ Hy wek oggend na oggend; hy wek my oor om te hoor soos dié wat geleer is.+  Die Soewereine Heer Jehovah het my oor geopen, en ek was nie opstandig nie.+ Ek het my nie in die teenoorgestelde rigting gedraai nie.+  Ek het my rug gegee vir dié wat slaan, en my wange+ vir dié wat die hare uitpluk. My gesig het ek nie vir vernederende dinge en spoeg+ verberg nie.  Maar die Soewereine Heer Jehovah sal my help.+ Daarom sal ek nie verneder hoef te voel nie. Daarom het ek my gesig soos ’n vuurklip gemaak, en ek weet dat ek nie beskaamd sal staan nie.+  Die Een wat my regverdig verklaar, is naby.+ Wie kan met my twis? Laat ons saam opstaan.+ Wie is my teenparty in die gereg?+ Laat hom nader kom na my toe.+  Kyk! Die Soewereine Heer Jehovah sal my help. Wie is daar wat my goddeloos kan verklaar?+ Kyk! Hulle sal almal soos ’n kleed verslyt.+ ’n Mot sal hulle opeet.+ 10  Wie onder julle vrees+ Jehovah en luister na die stem van sy kneg,+ wat in voortdurende duisternis+ gewandel het en vir wie daar geen ligglans was nie? Laat hom op die naam van Jehovah vertrou+ en op sy God steun.+ 11  “Kyk! Julle almal wat ’n vuur aansteek, wat vonke laat helder word, wandel in die lig van julle vuur en te midde van die vonke wat julle aangesteek het. Uit my hand sal dít julle beslis oorkom: In loutere pyn sal julle gaan lê.+

Voetnote