Jesaja 51:1-23

51  “Luister na my, julle wat regverdigheid nastreef,+ julle wat Jehovah soek.+ Aanskou die rots+ waaruit julle gekap is en die holte van die put waaruit julle gegrawe is.  Aanskou Abraham,+ julle vader,+ en Sara,+ wat julle geleidelik met geboortepyne voortgebring het. Want hy was ’n enkeling toe ek hom geroep het,+ en ek het hom geseën en hom baie gemaak.+  Want Jehovah sal Sion beslis vertroos.+ Hy sal al sy verwoeste plekke vir seker vertroos,+ en hy sal sy wildernis soos Eden+ maak en sy woestynvlakte soos die tuin van Jehovah.+ Verheuging en blydskap sal daarin gevind word, danksegging en die stem van die melodie.+  “Skenk aandag aan my, o my volk; en luister na my, o my volksgroep.+ Want ’n wet sal van my uitgaan,+ en my regterlike beslissing sal ek laat rus as ’n lig vir die volke.+  My regverdigheid is naby.+ My redding+ sal beslis uittrek, en my arms sal die volke oordeel.+ Op my sal die eilande hoop,+ en op my arm sal hulle wag.+  “Slaan julle oë op na die hemel,+ en aanskou die aarde daar onder. Want die hemel sal verstrooi word en verdwyn net soos rook,+ en soos ’n kleed sal die aarde verslyt,+ en sy bewoners sal soos ’n muggie sterf. Maar wat my redding betref, dit sal tot onbepaalde tyd bestaan,+ en my regverdigheid sal nie verbreek word nie.+  “Luister na my, julle wat regverdigheid ken, die volk in wie se hart my wet is.+ Moenie bang wees vir die smaad van sterflike mense nie, en moenie met verskrikking vervul word bloot weens hulle smadende woorde nie.+  Want die mot sal hulle opeet asof hulle ’n kleed is, en die kleremot sal hulle opeet asof hulle wol is.+ Maar wat my regverdigheid betref, dit sal tot onbepaalde tyd bestaan, en my redding tot ontelbare geslagte.”+  Ontwaak, ontwaak, beklee u met sterkte,+ o arm van Jehovah!+ Ontwaak soos in die dae van lank gelede, soos gedurende die geslagte van vervloë tye.+ Is dit nie u wat Ragab+ verpletter het, wat die seemonster+ deurboor het nie? 10  Is dit nie u wat die see laat opdroog het, die waters van die groot diepte nie?+ Wat die dieptes van die see ’n pad gemaak het waarlangs die teruggekooptes kon deurtrek nie?+ 11  Dan sal die losgekooptes van Jehovah terugkeer, en hulle sal na Sion kom met vreugdegeroep,+ en blydskap tot onbepaalde tyd sal op hulle hoof wees.+ Verheuging en blydskap sal hulle verkry.+ Droefheid en gesug sal beslis wegvlug.+ 12  “Ek—ek vertroos julle.+ “Wie is jy dat jy bang sou wees vir ’n sterflike mens wat sal doodgaan,+ en vir ’n mensekind wat soos groen gras gemaak sal word?+ 13  En dat jy Jehovah, jou Maker,+ sou vergeet, die Een wat die hemel uitspan+ en die fondament van die aarde lê,+ sodat jy voortdurend, die hele dag, in angs verkeer het weens die woede van die een wat jou insluit,+ asof hy heeltemal oorgehaal was om jou te verwoes?+ En waar is die woede van die een wat jou insluit?+ 14  “Hy wat in kettings gebukkend gaan, sal beslis gou losgelaat word,+ sodat hy nie in die dood die kuil sal ingaan nie+ en sodat sy brood nie sal ontbreek nie.+ 15  “Maar ek, Jehovah, is jou God, die Een wat die see in beroering bring sodat sy golwe onstuimig word.+ Jehovah van die leërs is sy naam.+ 16  En ek sal my woorde in jou mond lê,+ en met die skaduwee van my hand sal ek jou beslis bedek,+ om die hemel te plant+ en die fondament van die aarde te lê+ en vir Sion te sê: ‘Jy is my volk.’+ 17  “Ontwaak, ontwaak, staan op, o Jerusalem,+ jy wat uit die hand van Jehovah sy beker van woede gedrink het.+ Die kelk, die beker wat waggeling veroorsaak, het jy gedrink, leeggemaak.+ 18  Nie een van al die seuns+ waaraan sy geboorte gegee het, het haar gelei nie, en nie een van al die seuns wat sy grootgemaak het, het haar hand gevat nie.+ 19  Dié twee dinge het jou oorgekom.+ Wie sal met jou simpatiseer?+ Plundering en verbreking, en honger en swaard!+ Wie sal jou vertroos?+ 20  Jou seuns het flou geword.+ Hulle het aan die bopunt van al die strate gelê soos die wilde skaap in die net,+ soos dié wat vol is van die woede van Jehovah,+ die bestrawwing van jou God.”+ 21  Daarom, luister asseblief hierna, o vrou,+ geteisterd en dronk, maar nie van wyn nie.+ 22  Só het jou Here, Jehovah, ja, jou God, wat die regstryd vir sy volk voer,+ gesê: “Kyk! Ek sal die beker wat waggeling veroorsaak, uit jou hand wegneem.+ Die kelk, my beker van woede—jy sal dit verder nie meer drink nie.+ 23  En ek sal dit in die hand sit van dié wat jou irriteer,+ wat vir jou siel gesê het: ‘Buig, sodat ons oor jou kan gaan’, sodat jy jou rug net soos die aarde gemaak het, en soos die straat vir dié wat daaroor gaan.”+

Voetnote